Tuesday, September 21, 2010


My nuwe BLOG!!

Dis baie hartseer dat ek julle moet meedeel, maar van vandag gaan ek oor na 'n nuwe blog!!!

Dis hartseer, maar dis baie opwindend ook!!! Dis soos 'n nuwe lewe, en ek sien so uit!!

Ek gaan julle almal so mis!!, en Nadja jy veral die AFRIKAANS!! maar ons moet maar vir mekaar email!

Dankie dat julle deel was van my lewe hier, en die pad saam met my gestap het! Dankie dat ek my storie met julle kan deel, dit beteken so baie!

Is lief vir julle!! sien julle op my nuwe blog!! Cstelle xxx

www.zero-guarantees.blogspot.com

Sunday, September 19, 2010

Ons het +/- R 20 000 gespaar!!

Okay so nou dat die hele hofsaak wat gevoel het soos ‘n ewigheid verby is, kan ek julle die hele storie vertel…
Na ons 1ste Suro-poging misluk het, het suro-sus besluit ons moet weer probeer, so in Mei toe ek die dokters bel en se ons gaan weer probeer, se hulle die wet het 1 April verander en ons moet nou eers ‘n aansoek doen aan die Hooggeregs hof om te kan Suro. Ek was moedeloos , want dit neem tyd EN NOG BAIE GELD!! Maak nie saak of ons al gesuro het nie, ons MOET aansoek doen !!!
Ek kry toe name en kontakbesonderhede van mense wat hier in spesialiseer !! ( wie spesialiseer in iets wat nou net deur is ???) mense wat die aansoeke doen….en ons vra toe pryse om te weet waar voor ons , ons in laat.
…en hier kom Luv met pryse aan wat jou ‘n hartaanval kan gee!!! Astronomiese bedrae!!!! Dit kos meer om aansoek te doen as om te IVF!!! Belaglik!!! En dis hier wat ek buite myself befok geraak het!! En besluit het dan beteken dit die einde van ons TTC pad want ons het skaars die geld vir die IVF en dan die aansoek koste ook.
Dis toe hier wat ek deur die wette gelees het, uitgevind het oor die aansoek…en ek kom toe op die volgende dinge af. Die is net ‘n aansoek ( niemand het geroof, gemoor of gesteel nie!!) dis plain weg ‘n aansoek wat moet voldoen aan die wet.
Ek vra toe baie vrae soos hoekom het ek die verslag nodig ???? Wat behels jou koste?? Hoekom dit en hoekom dat??
Omdat mense emsioneel is neem jy emosionele besluite, omdat jy dit net aan die go wil kry!!
Mense het my probeer intimideer!! Tot die einde toe, gese dis spesialiteits werk die (weet jy wat, slegs die dokter is ‘n spesialis!!) die aansoek is straight-forward-stuff!!! Ek is mooi laat vertstaan niemand gaan my kan help met dit nie, as hulle dit nie voorheen al gedoen het nie.
Deur na die wet te kyk het ek byvoorbeeld gesien, die Maatskaplike verslag is glad nie nodig nie!! Jy hoef nie meer aan te neem nie, dis dan hoekom die wet verander het. Maar eks mooi laat verstaan ek het dit nodig. Die kwotasie vir die verslag daarvoor R 5 000 ( kan jy glo )
Mense van oral het my probeer help!! Julle was almal so GREAT!! Thanx!!! Omdat dit ‘n nuwe wet was het min mense daarmee te doen gehad. Net toe ek moedeloos raak. Kom Jaenre Botha tot my redding!! Sy hou van ‘n challenge, sy sal dit doen!!! Omdat dit hooggeregs hof toe moet gaan het ons ‘n advokaat nodig en whalla!! Haar man Hermie WENTZEL is een , hulle gaan dit doen!!
Om ‘n lang storie kort te maak …Vrydag is ons hof toe, die saak is deur!!!! Ons kan weer Suro!!

Ons het plus/minus R 20 000 gespaar…JA, JY LEES REG!!! FANTASTIES!!!, NE!!!

Wat ek deur die hele storie geleer het, mense probeer geld maak uit arme IF’s wat emosioneel is.
Gaan vra kwotasies, dis jou reg!!! moet jou nie laat intimideer nie !!! Kry vir jou ‘n prokureur wat die wet ken en jou wil help omdat daar vir jou om gegee word. Jaenre, het niks van enige IF dinge af geweet nie, maar het so baie belang gestel omdat sy ons so graag wou help!! Sy was so deeglik in haar verslae!! Jy het doktersverslae en sielkundige verslae nodig ( shop vir pryse!!!!) enige sielkundige is fine!!! Dis ‘n verslag , ek het dit gelees en enige sielkundige kan dit opstel. Dit hoef nie iemand te wees wat daarin "spesialiseer" nie en dan baie geld daar voor vra nie. Party van die kwotasies was meer as wat die dokters vra ( dit maak geen sin nie )

Ek wil vir almal se dankie dat julle my so deur alles by gestaan het!!!! Dankie Jaenre en Hermie dat julle bereid was vir ‘n challenge en ons baie onnodige geld gespaar het!!!

Friday, September 17, 2010

JIPEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!

Het sopas die oproep uit die hof gekry!!!!!!

ONS SAAK IS DEUR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Sal later al die info deur gee!!!!!

Kners op my tande!!

Gister het ek net weer gesien , dat 'n mense nooit moet beplan nie. Jy dink dis hoe jou dag gaan verloop en in sekondes verander als....

....en die lessie is, LEWE NET DIE LEWE!!!! Beplanning werk nooit!!! laat elke sekonde tel!

Vandag is dit die hof, ek het nie eers gevra hoe laat nie, dis amper soos die 2WW. Jy brand om te weet , maar jy wil nie weet nie!!! want jy is bang!! Sodra ek die uitslag het sal ek julle laat weet!!!

Gisteraand het ek weer besef somminge mense met kids irriteer die bittere blou, pienk en groen hel uit my uit!!

Ons bel 'n vriendin wat verjaar...en van na jy gese het Baie Geluk met jou verjaardag!! en die gevreesde vraag daarna...en hoe gaan dit ( die woorde is mos vir mense die high-wat ticket na....O, so jy wil na my gemoan luister oor my kinders!!)

Moes ek vir wat soos ure voel luister na , hoe sy nie tyd het vir haarself nie met die kinders, hulle is 12 en 10( ja al groot) dis huiswerk en take en sport.. WTF!!!!! Who cares!!alles goed wat ek gedink het hulle seker darem al op hulle eie sal kan doen, maar NEEE mamma moet dit doen. Moet se ek het nog nooit 'n ma in die onder 10 krieket span gesien nie????? weet nie van julle nie.

Niemand stel regtig in ons belang nie, want daar is niks te vra as jy nie kinders het nie. So ons word verplig na 'n kat se gekerm te luister....bla b la bla bla bla bla blaaaaaaaaaaaa

So infertiles, Congrats!!!! julle het 'n lewe, 'n paar eintlik!!
Julle het 'n "in the closet IF life" of die "out of the closet one" julle het mans ( die ander het kinders) julle het werke ( die ander het kinders) julle het 'n sosiale lewe( die ander het kinders met sport)
julle het vriende ( die ander het kinders)!!!!

want party mense het net kinders, hy het verder ZILTS om oor te praat nie!!

Wednesday, September 15, 2010

Ons is 1ste!!!!

Gisteraand toe bel ons prokureur, my hart gaan staan, dit voel of ek wil opgooi as ek al sien dis hulle wat bel....

.....want al wat ek aan dink is NEEEEEEE, nie weer iets wat maak dat ons nie kan hof toe gaan nie, ek gaan dit verloor!!!

Sy bel altyd vir Luv, want sy het gesien ek flip!!! en word ontstel!! sou jy nie ok al wou gil nie!!!
Toe is dit 'n baie interesante gesprek!!!

Ons saak het uit gelek by die media!!!!!!

Die media soek nou inligting oor die saak by ons korrespondent, want ons is die 1ste aansoek in die Kaapse Hoofgeregs hof na die wet deur gekom het.

Nogal interesant!!!!!!

Tuesday, September 14, 2010

Job no2 ..tick off!!!

Eks poot uit na die garage....... maar die eind produk...is so GOOD!!!

Na ek en my tuinman die plek uit geverf het, en reg gepak het, moet ek se dis nice om weer beheer te he oor die karre se tuiste!!!

Hoekom gaar mens so baie goed op???? Ons bly al 6 jaar in die huis en van die ligte en goed wat ons toe af gehaal het, ( met die intrek) was nou nog daar!!! Dan was Luv se krieket bat van skool, sy shocking pienk( jare terug se mode) wetsuit wat stukkend was, en hy gaan beslis in sy volgende lewe MEER probeer visvang, want daar was 3 tons sinkers ook gewees!!!!


So ek het weg gegooi , nie eers 2 keer gedink oor iets nie. Dis of my keel toe trek van al die goed en dan gooi ek WEGGGGG!!!! My tuinman was natuurlik in die wolke oor die ligte, leers ( vir sy kleinkinders) verf, ek het vol blikke verf wat ek weer gekry het vir hom gegee ( hy was uit sy vel uit)

en dan die beste.....Luv het sulke "trick-ski's" wat hulle op skool gehad het ( nou kan nie man of muis) enige trick daarmee doen nie. Die wou Henry ook he.

Ons gaan laai die goed toe na werk af, hy se vir my almal in die straat kan nie meer wag vir die goed nie ( hy het almal vertel van al die goed wat hy gaan kry) Moet se die koppe het gedraai toe ons daar arriveer. Ek vra toe wat gaan hulle met die ski's maak???

"Nee, Juffrou die kinders gaan dit see toe vat"

Ek wens ek kan daai dag op die strand wees as Henry met die kinders met die trick ski's arriveer!!!

Monday, September 13, 2010

Die week kruip soos 'n slak verby`

Nou dat ek weet die die einde begin in sig raak, voel die week vreeslik lankkkkkk. Na Vrydag toe. So op die oomblik hou ek myself besig met alles wat ek my hande kan op le!!!

Vandag het ek die huis gespringclean, more pak ek en die tuinman( hy moet kom help eks bang daars dalk slange, muise, spinnekoppe ens ens ens) die garage reg. Dis so lank laas gedoen dat ek dink iemand kan dalk daar woon ook. Ons gaan met al die ou verf die plek sommer uit verf ook. So teen Vrydag is hierdie plek van ons weer so goed soos nuut!!!

Tussen deur werk ek, beplan ek en hou my kop aan die rond tol.....

Luv het vanmiddag my 'n Vit B inspuiting gegee, ek probeer nou als om myself reg te kry vir die IVF. Dis eintlik snaaks, elke keer gaan ek aan of dit my 1ste keer is wat ek ivf!! Vra weer vrae, doen die snaakste goed, miskien is dit deel van jarelange sukkel wat dit aan jou doen...jou kop werk nie meer 100 nie!!.

Na ek my huiskonsert Junie gedoen het, moan en kerm die mense wat dit nie gesien het nie aan houdend ek moet dit weer doen!!!!!!! Mens sal sweer eks 'n akteur!!!!! So Maandag aand gaan ek weer konsert hou vir 40 mense in my sitkamer. Die geld gaan ek vir Kansa se Relay of Life gee, ek het 'n span in geskryf vir die 2 de Oktober!!

So dis 'n besige week wat wag!!!!!

Sunday, September 12, 2010

Vrydag is D-Day!!

Ek het vandag gehoor ons is Vrydag in die hof!!!! So na Vrydag sal ons hopelik kan aan gaan met ons Suro -IVF...ek kan nie wag nie en so ook baie ander mense!!

dis naweek was net 'n chill time en ek glad nie se wat ek gedoen het nie want dit was niks!!! en dit was lekker!!!

Friday, September 10, 2010

HI Almal

Ek was seker bietjie stil, maar ek was nogal besig die laaste week, die 1 wat kon in teendeel gaan rustiger wees. Op die oomblik is daar so baie in my lewe wat gebeur... en dit vol of alles "undercover" is, kan nie regtig alles met alaml deel nie.

Het weer weg gewerk en na ek klaar is by my skoonma vir altyd, het ek nou so 'n vrede in my hart en die 1ste keer in 2 jaar geniet ek dit weer. Mens broei solank op 'n besluit en as jy dit maak wil almal weet ..HOEKOM NOU EERS???? My kliente is mal oor die nuwe werksplek!!

Eks besig met ( ek gaan dit nie 'n dieet noem nie, klink so wreed!) 'n gesonde-lewenstyl-vir-my-eie-lewe!!!( klink dit nie opbouend nie?) Dit gaan goed maar wragtig as ek dit 'n maand lank gaan doen en GEEN verskil sien nie, gaan ek kots!!

Verder kom ons hofsaak voor volgende week en ek weet dis net 'n aansoek, maar tog skop senuwees in, want as daai aansoek afgekeur of uit gestel word a.g.v. ligting wat kort gaan ek dit verloor BIG TIME!!

Ek dink dis ook omdat ons dan weer gaan SURO-IVF en ek kan nie glo ons gaan dit weer doen nie - dit grens aan STAPELGEKHEID!!! weer...weer..weer....weer....weeerrrrrrrrrrr!!

Suro -sus het haar tassie met die medikasie deur gegaan om te kyk wat sy kort en waarvan sy het, en sy se sy kan nie glo ons gaan dit weer doen nie, ek ook nie!!! Maar sy so special!! net om dit weer te wil doen!! Ons 2 gaan ons self weer verwilig aan bied vir "freelance-druggies"!!!

Die naweek wil ek net chill, en admin uitsort en met Liewe Luv deur bring, ek mal verlief op hom!!!

lekker naweek almal....see you on Monday!!!!xxx

Monday, September 6, 2010

Sunday, September 5, 2010

Uiteindelik!!!!!

Goeie nuus "at last" ons het 'n hof datum so binne kort sal ons kan voort gaan met ons 2de Suro probeer slag!!! Ek's uit my vel. Dit voel of 'n jaar op gemors is van wag.... and the clock did not stop ticking......

Emosioneel en fisies is ek besig om myself reg te kry. Dit voel net elke keer dat ek my beste moet gee met elke probeer slag. So die week wat verby was het ek NIKS ( kan jy glo) verkeerd geeet nie!!!!! Ja niks!!!! en ek het elke dag tussen 4tot 5km gehardloop. En ek voel goed!!!!! bitterlik goed!!!!! Ek wil baie graag nog 3kg af val die September maand, ek moet net!! en ek moet reg eet om te kyk dat ek die beste eiers ooit maak!!!!!

Dis nie grappies nie, en elke 2de poepol op straat weet mos deesdae van Surogate!! want dis mos in elke 2de tydskrif. Dit klink so rooskleurig, en opwindend!!!! as jy sukkel kry 1 en jou kinderlose jare is agter die blad!!!! Vir my is dit emosioneel,maar dink iemand ooit aan die Suro?????

Ja , sy het gese sy gaan dit vir jou doen, maar vir haar is dit ook emsioneel, baie!!! sy het ook 'n gewone lewe wat aan gaan, weet almal van al die opofferings wat sy en haar gesin moet maak???
Weet mense van die inspuitings wat sy moet kry vir jou droom???? Besef die tydskrif leser sy gaan ook deur 'n 2ww?? dat dit vir haar ook net so groot teleurstelling is as die uitslag negatief is??

So ons is 2 persone wat hier deur gaan..en ek wens met my hele hart dat die keer suksesvol sal wees, ek is ook al moeg gestap aan die pad wat ek op is. Eintlik is ek al so moeg ek dink nie eers ek besef ek is nog op die pad nie.

Ek stap maar net sonder ophou....en hoop daar gaan 'n einde wees EENDAG...

Thursday, September 2, 2010

Ek dink vandag aan Izel, haar dogterjies en familie...

Ek het vanoggend die skok-nuus gehoor...

'n Vriendin wat ook 'n IF was, wat na 'n IVF 2ling dogterjies het hulle is nou 10 maande oud se man van 38, is gisteraand oorlede.

Ek dink vandag aan haar, die dogtertjies en familie in hierdie moeilike tyd waar deur hulle gaan.

Strekte, ek bid vir julle!!!

xxxxx

Tuesday, August 31, 2010

Bietjie laat...


Ek was weg die 18 Augustus..... en dit was my 1ste BLOG verjaarsdag!!!! Ek kan nie glo dis 1 jaar nie. Ek moet se blogging is verslawend....en dis net nice om soms te kan se net wat ek wil...en my gevoelens te kan uit kry.

Ek's terug!!!!!

OP die gamedrive, drink ons 'n sundowner!!
OP badplaas dis vrek koud die aand, dit na ons geswem het, kyk daar hang die swembroek, ek drink 'n om warm te word en die grap, kyk die Tabbard dis nou vir die muskiete!!! bang ek kry malaria....hulle sal beslis nie byt in die koue nie




Na 2 wonderlike weke het ons gisteraand terug gekom!!! en Ja ek wil nooit terug kom nie eks mal oor rondry!! Van ons terug gekom het doen ek nog net die hele tyd wasgoed , want als is vuil of moet ek liewers se vol stof - so als word gewas.






Die vakansie het so vinnig gekom en ons het net 1 plek by "gebook" en dit was so lekker ons het net gery en as ons by 'n plek aan kom het ons plek gesoek om te bly en als het so nice uit gewerk.



Dit het gevoel of ons maande weg was!!! en dan se die mense het jy lekker vakansie gehou.






Ek sal so vinnig vir julle vertel wat ons als gedoen het:





1ste middag het ons gekyk hoe ver ons gaan kom en dit was tot by Colesberg. Volgende dag was tot in Clarens. Wat 'n mooi plek! Na ons goedkoop verblyf gesoek het- let wet die goedkoopste in Clarens want ons 2 hou nie daarvan om vir verblyf te betaal nie, want ons wil liewers lekker eet.


het ons die dorp gaan plat loop ( dit vat nie lank nie want dis 'n baie klein dorpie)




Ons het die lekkerste koffies gedrink en vreeslik lekker geeet , daars net orals winkelkies en coffee shops!!! Wat baie snaaks was is, ons 2 gaan slaap baie laat in die aande, maar die hele vakansie, eks eintlik te skaam om te se was ons 9 uur aande in die bed en oggende vroeg op, en dis so-glad-nie-ons-nie!!! Ek het so lekker geslaap en dis die beste nuus in 2 jaar!! Ek dink al my verlore slaap is nou weer in gehaal.


Toe is ons badplaas toe , dis 'n warm bron ( en glo my dis warm, lekkerrrrr) Daar het ons gekamp die dae was heerlik warm , maar die aande yskoud!!! ons het ons klein tentjie saam geneem omdat ons net so baie goed wou inpak nie en ons tent was die kleinste orals waar ons gekom het.


Daarna is ons Kruger wildtuin toe, almal se jy kry maklik plek om te kamp. MAAR TOE ONS DAAR AAN KOM IS DIT VOL!!!! Na 'n lank gesoek het ons toe op kanselasie plek gekry, dankie tog!!


Ons het al vergeet hoe nice die wildtuin is, was 11 jaar laas daar. Kamplek is goedkoop en ons was so gelukkig met die diere, het alles gesien!!! Ons was skaars 5 min in die wildtuin toe sien ons 'n luiperd!!! wat voor ons kar verbly hardloop, Gelukkig ne!!! Die Wildtuin was vol ouers mense, baie ouers mense en een aand het een oom ons kom uitskel oor ons op sy kar se plek staan , dit nadat hy oor 3 kampplekke staan. So selfsugtig!!!!!
Daarna het ons , ons self getreat en gebly in 'n tente lodge!! dit was so nice!! ek moet se daar was n special by die plek!!! dis hoekom ons gegaan het. Die aand het ons op 'n safari drive gegaan. die beste ooit!! ons het ons vrek gelag!!!!! Die game driver was later so vies vir ons 2 want hy ry verby als( want hy sien nie die diere nie- het tot verby 'n renoster gery sonder om hom te sien) en dan se ons hy moet stop. Luv het tot 'n ietermagog gesien, en tot se die ou dis die 2 de persoon in die park wat een sien. Cool ne!!! 40 tas beslis nie Luv se oe aan nie!!
Daarna is ons Dullstroon toe vir die week. die mooiste plek, ons huisie was op 'n trout dam en agter die huis was perde stalle, dit was prentjie mooi!! ons het gevrek van die koue daar, dis een van die hoosgte plekke in ons land , dis hoekom dit so koud was. Ons het net gerus, nice mense ontmoet, gechill!! Lekker koffies gekoop en dan was daar die winkel wat lekkers verkoop het en daar was self gemaakte nougat!!! Mense ons 2 het pakke op geeet!!!!!!!! dis seker hoekom ek 2kg op getel het!!!
daar was die lekkerste die restuarante elke dag eits anders uit getoets!!! ek mis die plekke al klaar!!!! want hier op ons dorpie gaan niks aan nie!!!
Daarna was ons by my tannie in Kempton Park vir die naweek ( die eerste plek die hele tyd wat besig was) Saterdag het ek die 5 km Borskanker loop gedoen in Centurion. Daar was 24 000 mense ongelooflik. Almal in pienk!!! die wurm mense het geloop vir kilometers!!!
Daar na was dit weer terug huis toe en nou gaan my lewe weer voort met die gewonde goed. Agge nee!!!.
Ons goed is nou by die hof AT LAST!!!! ek sit nou en wag vir die prokureur want ons moet nog 1 iets teken!! As die hele storie agter die ruk is sal ek dit vertel, want daar is soveel klein goedjies wat gebeur- maar die saak moet net eers klaar kom.
So I AM BACK IN IF-WORLD!!!




Friday, August 13, 2010

Sien julle oor 2 weke!!


Ons als is gepak, die kar se neus staan garage uit!! Die Kar bars uit sy nate van al die "onthou-om-saam-te-neems"
Die padkos is gekoop!!! let wel nie self gemaak soos dit seker moet wees nie..gekoop!!
My slaap kussing is op my seat!! Ek gaan mos om te rus!!
Luv is oppad!!! so ek kan maar net se...ek sien julle weer oor 2 weke.....moenie te veel verlang nie, julle!!
Mooi bly!!! lots of love!!! xxxxxxxx

Thursday, August 12, 2010

Daars 'n BOM!!!

Het jy al ooit gesien wat gebeur as jy 'n rookbom in 'n wit rot se hokkie gooi???

Hy raak mal....hy kan nie dink nie..... hy kan nie sien nie.....hy kan nie loop nie.... hy is plain weg MAL!!!

... en dis EKKE!!!

Soos gewoontlik op die nipperkie ek, en ons wat more 12 uur wil ry... met 'n sel wat binne minute by my huis gehou word ( en ek moes broodjies ook maak, dis so vinnig gemaak, eks bang daar nog van die broodsakkie tussen die snye) wasgoed in die tumbledryer ....wonder ek hoekom ek altyd alles onder druk moet doen. Ek was so vol planne om als voor die tyd klaar te kry maar nee...vandag toe ek sien dinge raak buite beheer....


....wat ek die pad en...... gaan drink koffie by 'n vriendin!!! That is just so ME!!!!!!
Turn on the pressure, baby!!!!

So na die sel vannaand gaan ek eers Top billing kyk en dan pak...... sal more op die pad slaap in haal!!!!

Wednesday, August 11, 2010

Weer iets nuus.

Ek het Dinsdag my werksplek geskuif, en dis was beslis die beste ding wat ek seker kon doen die laaste 2 jaar!!! Dis of daar 'n moerse berg( of moet ek liewers se "mount everest") van my skouers af is. Dis soos 'n new beginning again!!!

Eks ontslae van iemand wat in elk geval Zero, nada, niks vir my voel. Eks ontslae van 'n negatiewe geteem in my ore. Eks ontslae van my SKOONMA!!

En my kliente luv die nuwe plek, dis rustig, dis stil, dis mooi en dis relax. Ek kan nou in my eie tyd doen wat ek wil.

Eks so bly ek het dit gedoen, ek sien nou net meer uit na werk!!! Eks bly my lewe is uit gesort. Ons gaan weg met vakansie en as ons terug kom kan ek dalk weer dink aan suro, as die slak-alias-wetlikke-persone hulle gatte in rat kan kry.

Monday, August 9, 2010

Vrouedag!! Who cares????

Vandag was vrouedag,en wie gee om, tenminste was dit 'n vakansie dag!! jippee en dis die lewe!!
Dit was net so 'n lekker dag om niks te doen, orals koffie te drink en hier by ons was dit koud en reenerig... so nou maak ons kaggel!!!! en dis net so lekker chill.

More werk ek weer weg vir 2 dae... en Vrydag gaan ons weg vir 2 weke. Presies waar kan nie nog nie eintlik se nie want ons gaan net die tent in gooi ( gaan probeer om nie te vries in die koue nie). Met ons "beanies" en dons duvet sal ons seker oorleef!!Ons gaan sommer net ry, gaan nerens book nie en bly waar dit nice lyk, of waar dit ons oneindige pret gaan verskaf. Backpackers- plekke is natuurlik ons "favourite" plek om te bly, ons wil daar wees waar daar interensante mense is en anderste dinge is om te sien.

Clarens......Rosendal.......Wildtuin...????? who cares where!!!!!!! net daar was ons kom....

Ek sien vreeslik uit en dan hoop ek as ons terug is, is ons al in die hof!!!! Sodat my lewe kan aan gaan.

Friday, August 6, 2010

Tiek tok, tiek, tok...

Jislaaik dis so erg as jou lewe uit jou eie hande geruk word en jy moet terug sit en wag( of soos hulle dit wil he RELAX!!) Hoe de hel??????

Hierdie gewag vir die prokureur wat dan dit soek en dan dat, weet hulle nie wat dit aan ons doen nie. Eks bereid om Kaap toe te ry en als in gaan wurg uit die mense uit , maar hulle vra aan en wag.

...en ek is besig om dit te verloor...totally!!!!

Laas jaar het ons besluit die jaar gaan ons alles probeer en aan hou probeer, My kop was so reg ek was reg vir die HORMOON-ROLLERCOASTER-RIDE-UPS-AND-DOWNS of my life!! Dit het ons 2 maande geneem om te IVF dit het nie gewerk nie ons wou 'n maand wag en ons was reg om weer te begin en nou wag ons...

4 maande al dis genoeg om jou van jou kop af te maak. Jislaaik dis al klaar erg net om te besluit om te gaan en nou dit en dit voel of niemand die erens van die saak in sien behalwe ons nie.

Dis ons lewe die!!! dis ons lewe waarmee gespeel word, ons wil nie net wag nie ons wil die TOP NO.1 wees wat alle aandag kry sodat ons weer kan aan gaan met ons lewens.

Kan gewone mense dit nie in sien nie???????

Thursday, August 5, 2010

Niks kom klaar

Daar is dae wat ek hope dinge klaar kry, ek kan my lange lyse af tick, en dan is daar weer weke wat niks af getick kom nie. Wonder hoekom??

Eks soos 'n luie slak... en vensters wassery is die hoogste op die lysie...wil iemand help???

Luv het opgehoopte verlof wat hy die maand moet vat...nou kyk ons rond vir ietsie waar-ons-aan-niks-soos-hof-IVF kan dink nie, just 'n chill-free time!!!

Wednesday, August 4, 2010

Na jare maak dit nog seer.

As jy mos 'n IF is dink mammas wat kinders het hulle is die uit verkorendes wat alleen reg het om als van kinders af te weet en die IF mamma weet niks ....

WANT SY HET NIE KINDERS NIE!!!!!!

My tannie en oom is in hulle 50-tigs en hulle het nie kinders nie ( daai tye was behandelings mos nie so algemeen soos nou nie) Hulle is mal oor ons hulle broer en suster se kinders. Omdat ek , suro-sus en my broer baie aandag aan hulle gee, hulle bel , by hulle gaan kuier doen hulle baie moeite met ons. Waar my ander niggies net nie tyd maak vir hulle nie.

Suro-sus het hulle die oupa en ouma gemaak van haar 2kies en Oom en Tannie is CRAZY daaar oor. Hulle bederf die kiddies, stuur presente. Dis soos hulle eie kleinkinders. En vir die eerste keer hoort hulle ook in die wereld van kleinkinders, hulle kan ook fotos wys, hulle kan ook kinder klere koop hulle kan ook speel. ( in my hart weet ek die hartseer van nie jou eie kinders he nie, die wereld gaan aan.... en jy bly agter op planeet-alleen)

Nou vlieg my tannie af om in die Kaap te kom kuier en sy kan nie wag om Suro-sus se 2 te sien nie en wil hulle babysit vir 'n aand( obvious wil sy ouma speel, wie wil dan nou nie) Nou sien haar suster dat sy baie meer aandag aan Suro-sus gee en nie aan haar brads nie( hulle doen dan niks moeite met my tannie nie ,se nie eers dankie as hulle die keer presente kry nie)

Nou se my tannie vir haar suster dat sy een aand by Suro-sus gaan slaap en gaan babysit..... en wat sy haar suster.

EK SAL MAAR SAAM MOET KOM WANT JY GAAN NIE WEET WAT OM TE DOEN NIE.....JY HET MOS NIE KINDERS NIE!!!!

Dit het seer gemaak.... maak nie saak of jy van in jou 50tigs is nie, dit maak seer!!! Die ergste is my tannie sonder die kinders is 'n suster wat voorgeboorte klasse gee.

Ek kan net se VREESLIK BAIE DANKIE vir my suster en broer wat ons toelaat om doeke om te ruil, kos te gee, te bad, te speel en te bederf met hulle kinders, dis soos ons eie kinders. Dankie dat ek nog nooit moes hoor ons sal nie weet nie want julle het nie kinders nie.

Monday, August 2, 2010

Spirits up high?? NO!!!

Jislaaik ek het lanklaas so gesuffer!!! Ek dink dis besig om my onder te kry, ek suffer BIG TIME!! Ek's baie positief maar... ek sukkel om myself bo te hou en dis als die simpele stront wat my onder kry.

Dit het my 2 en 'n half jaar geneem om oor die 2ling te kom en toe ons laas jaar besluit dat ons 2010 gaan aan hou en aan hou probeer was ek reg vir die nuwe-ou -pad wat ons weer vir die soveelste keer moes stap, en toe suro-sus boonop aan bied om te help was dit soos 'n gebed van bo. Ons het almal besluit ons wou sou gou as moontlik begin en nou kyk waar sit ons nou.....

NERENS!!!!!!!! ONS WAG!!!!!!!!

Dit vat so baie net om jou kop weer reg te kry vir behandeling en nou is dinge buite beheer besig om my onder te kry. Die jaar is amper om en ons wag vir snert. Ek is besig om dit te loose!!! en ek haat dit.

Hoekom verander die wet nie dat elkeen moet aansoek doen om kinders tekry nie, want dan sal die patetiese idoot wat sy vrou slaan, die onbevoegte vrou wat nie vir haar kinders kan sorg, die poepol wat 'n seun WIL HE!! en dan as dit 'n dogter is, haar net verwaarloos. Die ouers wat hulle kinders vermoor. Die ma wat dink dis so "cool" om haar kind te versuip met drank tydens haar swangerskap . Die een wat haar ongebore baba vol teer te prop.Deur keurings moet gaan en kan hulle ge-elimineer word om voor te plant. Verdien hulle babas???

Maar nou word mense wat kinders met hulle hele hart begeer, gekeur!!!! Hoe de-donner bly mens positief????? Ek wonder maar net.....

Ek's weer terug

Het so baie verskillende goed gedoen dat dit voel of so baie gebeur het....

See was soos vakansie, en die Kaap was heerlik... Donderdag terwyl ek vir Luv wag tot 4 uur toe. Besluit ek om te gaan vir 'n massage. Ek het die plek al lank terug gesien in 'n mall. Dis Thai-gilrs wat die massages doen. Ons was so paar jaar terug in Thai land en dit kan ek julle se hulle is goed. So omdat ek so baie met my rug sukkel wat baie styf en vol knoppe is, gaan ek toe. Wat 'n belewenis!! hulle kry elke liewe knoppe uit en min kry dit gedoen. Dit het soos oorlog op my rug gegaan ek was amper dood!!!!! maar al die knoppe was weg dis fantasties!!!

Ons is die aand na ander pelle toe en daar aan gekom vra ek waar is sy vrou?? Pelle van Luv. Hulle is geskei.. wat 'n skok. Hulle kon ook nie kinders he nie, en het by mekaar verby begin leef! Dit was vir my so erg!! hulle is so 'n ongelooflike couple. Daar is so baie huwelike wat IF nie maak nie. Eks sommer af gepiss!!

Volgende dag wil Luv toe ok gaan vir die Thai massage en reflex. So ons 2 is nou sonder knoppe en het net geknuisde rue oor.... eks spyt ons is nie nader nie. Dit sal wonders vir my rug doen!!!

Sondag het my broer gedoop, dope is maar vrek vervelig, almal eet hulle mos maar net oor 'n mik.

Het ons laaste hof papiere onder EED geteken sondag hulle wou nog he ons moes dit eers lees, maar hulle kon seker sien die gemoedere loop hoog en ons het dadelik geteken. Die nonsens vat nou al eeue en ek raak net al hoe meer van my kop af!!!

Ek's weer terug

Thursday, July 29, 2010

Gaan ons die hof ooit haal?

Eks op die oomblik nie by die huis vir die week nie. Was op Vleesbaai, wat heerlik was so lekker om net mooi niks te doen nie, net by die see te wees en chill. Die see kom tot teen die huis, dit voel of jy op ‘n boot sit ( dankie tog dis nie ‘n boot nie ander het ek gekots van die seesiek)

Suro sus hulle was daar vir die week en ons het gaan kuier. Nou dat ons weg is verlang ek my dood na die 2 kiddies, eks verslaaf aan hulle. Daai lyfies…ons het so lekker gespeel, sandhuine gehardloop, tert gebak( dit was ‘n maklike resep anders was dit ‘ n flop) net sommer prêt gehad.

Die hof het oop gemaak en nou is daar weer nog papiere wat geteken moet word, FOK!! Ons wag nou al 2 maande en nou is daar nog iets. Ek wil al huil!!! Lyk my niemand behalwe ons besef hoe ons tyd gemors word nie!! So nou moet almal weer soos rotte op Ritteling rond hol, om als geteken en gestuur te kry. Ons sukkel nou al 4 maande om iets te doen , wat ons al gedoen het, gedoen te kry, BELAGLIK!!!!

So op die oomblik probeer ek myself net aan die gang te hou aan niks dink nie.

Survivor moet jy nou in ‘n ry gaan staan vir ‘n oudisie wat beteken hulle gaan jou tyd mors!!!
Jy moes hulle impress het laas, ons moes aangetrek het en die wat nie aan getrek het nie is gekies so hoe verduidelik jy dit???? Of is ek dom???
Maar as ek will deelneem moet ek seker maar gaan staan in die ry…ek het so gewens ons moes inskryf met ‘n DVD!!!

Friday, July 23, 2010

Survivor


Ek's uit my vel uit van opwinding!!! Daar gaan nog 'n survivor in SA geskiet word. Ek het gister die mail gekry..... en op die Maldives van alle plekke!!!!!!
Ek was op die vorige Survivor ( sonder die celebs) se shortlist!! Ek wil SOOOOOOO graag deelneem. Eks 'n Survivor-addict!!!!! Sondag gaan hulle se hoe ons die keer moet inskryf en ek kan nie wag nie.
Ek dink dit moet so nice ondervinding wees, Liewe Luv se wel dat ek 1 ste uit gestem sal word want my mond is te groot.
Survivor kies my, I will shooooozzzz your program up!!!! Don't miss out on me again!!!!

Thursday, July 22, 2010

Ek verander my mind gedurig!!

Ek kan nie kies tussen goed nie!!!!! horrible!! in restuarante vernader ek ten miste 3 keer my bestellling, ek kan nooit besluit tussen 'n klomp goed wat ek regtig wil he nie. Dis of ek so mal raak soos 'n rot in 'n wieletjie.

Ek het nou 2 stoele laat oor trek wat ek van my ouma gekry het en net om die materiaal te kon uit soek was chaos!!! Na 2 ure van dan groen , dan rooi, dan pers, dan stepe, dan kolle en so het dit aan en aan gegaan..... Liewe Luv wou mal raak dat ek nie kan kies nie....ek wou in trane uit bars, toe besluit ek , ek gaan nie meer enige lap kies tussen al die 100000000de stukke lap nie. OPpad uit na ek besluit het ek gaan nie meer iets hier kies nie, GRYP ek 2 stukke lap???? hoekom weet ek nie in sekondes onder druk gryp ek 2 stukke. ( te neem my net 2 minute om die lap te gryp) Ek laat sny die lap en se die hele tyd hoekom sou ek nou dit kies want ek hou NIKS van Pienk nie!!! en die lap is cherish pienk!! met patrone en die ander een kolle op. Dis glad nie ek nie, maar in 'n sin ook ek, want dit pas nie!!!!! ( seker soos ek nie pas tussen mammas, verwagtende vrouens, tussen mammas met kiddies nie as jy nie kinders het nie pas jy einlik amper nerens in nie)

Anycase ek gee toe die stoel in Maandag en gister moet ek net gou iets gaan kies daar en hier staan die stoele amper klaar oor getrek!!!! en hulle is mooi!!! hulle staan uit in die warehouse...
WANT alles in daai oortrek plek is Vervelige BEIGE!!!! en daar is hordes goed en als lyk dieselde!!( alles lyk soos ou goed, nie soos nuwe oor getrekte goed nie) die nors-man wat die plek het en net altyd moan , vra toe waar kry jy die lap want dis VREESLIK MOOI!! en dit lyk ongelooflik !!! en dis vir my die grootste komplement dat my stoele nice lyk met my eie keuse lap.

DIE LEWE IS VOL KEUSES!!

Die hele week is ek ook besig met hoeveel keer moet ons nog probeer, wanneer is genoeg , genoeg?? Hoe lank nog??? is die jare nie al genoeg nie. Ek dink dis omdat ek op die oomblik so ongeloooflik, moerse graag wil gaan Suro en die blooming hof!!!! dit het ons maande terug gesit. Ek was so op 'n high die begin van die jaar maar nou, raak ek moedeloos!!!!!!

Wednesday, July 21, 2010

Die stof is van my tekkies af...


Maandag het ek toe begin oefen, die verwery was Maandag se oefen, Dinsdag het ek gaan stap en langs die pad gestop en tee gedrink ( dit was nie bepaln nie)...so vandag is alle grappies op 'n stokkie en moet ek seker BEGIN OEFEN. Ek het vir myself so baie toekoms-drome oor fiks wees en goed voel.... maar ek sien net nie die einde nie.
My in gedagtes is emmers vol sjokolades, koeke en terte wat smeek om geeet te word...take a ways...... wortel en broccoli is nie juis op my lysie nie. Maar alle grappies op my stokkie....ek dink dis tyd....vir die tekkies.
Eks ook weer op my slaap -glad-nie-vir- weke!!! het gisteraand eers 4uur aan die slaap geraak( die vorige aand 3uur, die aand voor die half 4 ens ens ens..) ek kan gil. Eks weer Hiper en ek had dit!! eks net nie moeg nie!!!!! ek dink dis die hofsaak-stront wat nie na 'n punt toe gaan nie en nou kan my brein nie af skakel nie.
'n Vriendin gaan vanoggend vir haar terugplasing.....Ek dink aan jou!!!!
Ek sal ongelukkig moet gaan julle, die treatmill roep al hoe harder!!!

Tuesday, July 20, 2010

Nuwe huis!!


Gister het ek toe my verf kleure uit geruk!!! wat na motbolle geruik het...so lanklaas is dit gebruik. ..en ek het my sitkamer geverf!! Dit het later gevoel ek kon nooit klaar nie. Want dan kon een kuier en dan lui die telefoon. Maar op die ou einde van die dag, het ek weer 'n nuwe huis.


DAAR is niks wat verf nie kan reg ruk nie, ek het 2 van die mure in my sitkamer geverf, en dis so nice eks mal daaroor. Ek dink nie dis almal se smaak nie, maar ons hou baie daar van.

Dit het my nou uit my boring-state uit geruk so nou gaan ek begin werk aan als wat aandag moet kry.

Monday, July 19, 2010

IF Warriors!!!

Die naweek was vreeslik besig ons was heeltyd by mense , wat altyd by lekker is. Maar dan hoor en sien jy ook mos baie en almal het altyd iets te se.

Die Girls praat toe oor kinders ( soos gewoontlik ) en oor iemand wat se kinders in 'n ongeluk dood is en hoe erg dit is en toe is hulle op die MISKRAAM topic. Hoe erg dit is , almal wat toe daar praat het 2 of 3 kinders!! en nou mnoet ek luister hoe erg 1 miskraam is. En hoe hulle die sekere dag wat dit gebeur het deur n af-dag gaan. En dis erg !!!! En ek sit daar en dink, ek weet nie eers meer watter dae al die miskrame in my lewe gebeur het nie, ek onthou net die laate een 3 Junie en 20 Januarie met die 2ling sin. As ek almal moet onthou sal ek heeldag herdenk!! En dis vir my snaaks hoe mense wat klaar kinders het meer sukkel om daar oor te kom as die wat GEEN kinders al het nie, die regtes word seker gekies om IF's te wees , hoewel dit nice sou gewees het as EK nie ook een was nie. IF's you are so SPECIAL!

..en ek besef daar, dis baie erger vir die IF's wat nie eers kinders het nie , om 'n miskraam te he! en ons moet net daar oor kom en aan gaan, en ons het nie eers kinders nie!!! My hart bloei vir al die IF's wat hulle babatjies verloor het... daai seer om net daar te kon kom, en dan verloor julle die kosbaarste besitting!! en julle moet maar net... daaroor kom en van voor af begin.

My wens vandag is LOADS OF BABY DUST vir al die IF's!!!!! Mag ons almal ons babatjies kry wat ons so voor wens.

Friday, July 16, 2010

Bring it on!!!!!

My 6 weke is om, thanx goodness!!!! So van Maandag af gaan ek probeer om weer die ou EKKE by mekaar te kry en weer 'n keer vir die hoeveelste keer oor te begin. Gelukkig is dit deel van my lewe want ek begin kort kort weer en weer oor en oor... sal nie se ek wil altyd nie maar dis seker maar hoe dinge werk.

So Maandag gaan ek begin oefen, eks op die oomblik so onfiks soos 3 afgetrede sirkus olifante.
So Maandag is die begin van reg eet en oefen en "kop-gedagtes-emosions" swift!!

Die Hof het seker darem nou klaar gesokker, weet nie van julle nie maar ek kon nerens sien dat hulle gespeel het @ Para/ Uru, Duitsland of Bafana nie ????? maar hulle was TOE!!!! so ek sal die druk maar van myself afhaal en wag tot Augustus om van my prokureur te hoor. Wanneer die suro aansoek uiteindelik na lange maande hof te kan gaan en sodra ons die GROEN LIG kry spring ek en Suro-sus weer op die "drug-yourself-with-loads-of -hormons" and still keep smiling!

Ek moet eerlik wees ek raak so gatvol vir oor en oor en oor probeer!!! maar dis seker maar my paadjie wat geloop moet word.

Ek het nou weer lus en verander my huis so volgende week gaan ek my sitkamer verf, met 'n kleur wat ek dink baie cool is, maar wat die verveilge verf-verkoper sy oe voor gerol het. En oor en oor gevra het gaan jy dit in jou huis verf??? Ja!! O, niemand het die verf nog in hulle huise geverf nie. Gelukkig hou ek van uitdagings!!! was nog nooit bang vir eksperimenteer nie. So hou die spasie dop!!!! ek sal fotos opsit!!! en dan kan julle self sien!!!

"n Vriendin gaan van oggend in vir ER, ek hou duim vas jy het sommer lekker baie eiers!! en dat dit die keer jou lucky-one is.xxxxxxxxxxx

Lekker naweek almal.

Wednesday, July 14, 2010

Maak die beste van elke dag!!!


MAKE YOUR LIFE ....A STORY WORTH TELLING!!
Ek hoop dat my strorie eendag vir ander mense iets erens kan beteken...
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Negatief gaan jou nerens bring!!!

...en dis 'n feit!!!! 'n Negatiewe pregnancy test bring jou nerens!!!! Negatiewe mense bring jou nerens...als wat negatief bring jou net mooi nerens...

dis hoekom ek so gou as moontlik myself verwyder van enige iets wat negatief is, dit maak my siek!!!.

af en toe kom ek by geleenthede wat my uitfreak omdat dit so negatief is. Gister was so dag ek het die aand by die huis aan gekom met 'n moerse hoofpyn omdat ek sonder dat ek wou ,moes luister na 'n negatiewe DROL!!!!!

Als wat uit hulle mond kom, en ek bedoel ABSOLUUT ALS!!! is negatief en lelik. Ek kan die dink jy kry sulkes nie, en jy kry.

en jy kan maar kyk sulke mense het mos GEEN vriende nie, want wie wil met hulle vriende wees, hulle is met almal mislik en jaloers op als en iedere een. Hoe is als vir jou altyd sleg????

In my lewe is daar ook BAIE sleg maar ek "over rule" dit met als wat lekker en nice is en dan op die ou einde lewe jy net vir die lekker en vat die sleg met 'n knippie sout.

WANT: as jy koud kry...is daar mense wat kouer kry want hulle het nie komberse of klere nie.
as jy siek voel is daar mense wat besig is om dood te gaan en nie moan nie.
as jy niks wil doen nie....is daar mense wat in rolstoele sit en wens hulle kon iets doen.

Die lewe is so kort en eks so bang ek gaan nooit als gedoen kry wat ek nog wil nie, want die lewe is wat jyself daar van maak. As iets nie vir jou lekker is nie, gaan sit en dink wat kan jy daar aan doen om dit nice te maak...

...NET JYSELF KAN 'N VERSKIL AAN JOU LEWE MAAK, NET JY!!!!

Sunday, July 11, 2010

So kom als op 'n einde..

Die laannng naweek is op 'n einde en die sokker is binnekort ook op 'n einde, agge nee!!!!

Donderdag oggend was ons 2 al vroeg oppad Knysna toe vir luv se 1ste 2-kamp( wat op daai staduim my baie laat dink het aan die Hoerskool se 2-kampe) maar met ons aankoms het ek gou agter gekom die race is nie vir sussies nie, hulle noem dit nie verniet Xterra ( dit staan vir Xtreme-terrein) 2kamp nie. Dis off road ,die meeste deelnemers was proffesioneel met togsakke wat wys hulle het die Comrades, Eppic of iets extreme al gedoen ( kevin evans was die wenner, ek dog ek se maar net).

Ek het my kuit spier seer gemaak met die afloop na die ' field of dreams' waar als begin het. Jislaaik ek het lanklaas so baie ops en af's gesien. 1ste het hulle gehardloop en Luv het in die voorste helfte in gekom wat goed is, maar toe met die fietsry kom hy nie uit nie....en ek wag en ek wag en ek wag....

...hier kom hy bult op gery en dit lyk of hy op 'n kinderfietsie sit so laag is sy saal.. 3 km in die race toe breek sy saal uit die raam uit( ek het gese die race is rof??) so hy kon toe nie weer op die saal sit nie want dit was gebreek hy het so half plan gemaak. Hy het so baie tyd verloor en toe moes hy nog gaan draf het daarna. Maar hy het klaar gemaak en was beslis nie laaste nie. Soos ons vir mekaar se sulke dinge gebeur mos maar seker, die fietswinkel het wel gese hulle het nog nie so iets gesien nie!!!!!! Luv moet 'n nuwe fiets kry....

Vrydag het hy my getreat en na 'n spa in Wilderness geneem vir 'n DETOX-wellness!!!! dis die lewe!!! thanx LUV!!! jy is so special!!! dit was so nice want ek het die laaste tyd bietjie gesukkel...ek was so naar...........ek dink ek was vol toxins!!! my kliere het gepyn en die laaste week het ek gelewe van "flat coke' op 'n kol het ek gedink ek dood!! so sleg voel ek!! Maar na die detox het ek die aand helse hoofpyne gehad, maar Saterdag was ek weer my ou self, dankie tog!!!

SO op die oomblik sit ek en stop my laaste pannekoek in voor die kaggel.... daar le sneeu op ons berge, lekker koud.. my 6 weke is so te se om so my lewe kan weer van voor af begin vir die 10000000000ste keer.

Ons trek al by Julie en als wat ek vir myself beplan het , het op die staduim nog glad nie uit gewerk nie!!!!! dalk is ek die res van die jaar gelukkiger!!!! I wish!!!!

Wednesday, July 7, 2010

Die week is ok kort..

Luv het baie verlof wat natuurlik nice is as jy kan IVF , maar nou is ons mos op hold oor die sokker en daarna sal dit seker weer rolbal, tennis en stakings wees wat die verskoning sal wees...en ons wag maar....WIE HET GESE EKS ONGEDULDIG??????

So die week is ook weer net 2 dae kort. More oggend gaan ons deur na die Oesterfees op Knysna. Luv gaan mos sy 1ste 2 kamp doen!!! OFF-ROAD ... nie sommer van hier nie , ne!

So more oggend ry ons vroeg, ek so opgewonde vir sy part, mens sal sweer ek neem deel. Ek gaan natuurlik almal beny wat vol sweet daar rond hol en suffer en met my hele hart wees dit was ek. Ek gaan natuurlik weer al poepol in die chill-out-room wees wat nie deel geneem het nie.

Die res van die naweek gaan ons seker maar daar rond hang!!! Eks op die oomblik vreeslik naar.
Ek weet nie of ek my kinderdae se karsiek weer onderlede het nie en of my liggaan in skok is nie.

Want ek het begin met my periods en toe ek die bloed sy gaan ek in 'n "tiss" en wonder gaan ek nou my ander buis ook verloor. Ek vermoed ek is seker bietjie "out -of -my-mind" na als waar deur ek is, dalk is dit net normaal.

Ek moet se Luv is die BESTE!!!! Hy dra my op die hande ek is so mal verlief op hom xxxxx

HY IS DIE BESTE DING IN MY LEWE...I LOVE YOU BABES!!! xxxxxxxxxxxxxx

Tuesday, July 6, 2010

Dit was GREAT!!!!


Wat n' naweek , dit het omtrent gevoel soos 'n langnaweek!! Ons is Donderdag oggend vroeg hier weg om te gaan shopping... ek is nie 'n shopper nie maar as jy bly waar ons is dan , as jy die keer Kaap toe gaan moet jy als kry wat jy soek!!!! en die lysie was lank!!


Donderdag middag het ons TTC sistas ontmoed vir koffie. It was like a "FANNY-CLUB + 1 BIRD"( liewe Luv was ook by) meeting. Dit was so lekker , want hier waar ek is , sukkel niemand nie, almal is HOOGS vrugbaar!! so eks baie spyt eks so ver, waar mens gereeld mede-vriendinne kan ontmoed.
Die praatjies het gegaan oor TTC, sperms, eiers, beta's, menopur, pille, teaters, dokters, ontvangsdames, nie-ondersteunende-families, geld.... ens ens ens ens ens ens. Dit was so nice want ons het almal dieselfde taal gepraat. Uit my oog het ek die tafel langsaan gehoor en wou in my mou lag want ek kon sien hulle het later niks mekaar gepraat nie, want hulle het geluister en ek kon sien met skok!!!
Dankie julle vir Donderdag middag dit was GREAT!!!!!
Vrydag het Luv geskryf, dit nie gemaak nie. agge nee!!! maar aan houer wen!!! En die aand het ons Suro-sus se kiddies ge-babysit. Hulle was so soet gewees!! ek mis die 2 al klaar vreeslik baie.
...en Saterdag was ons sokker toe, DIT WAS IN EEN WOORD FANTASTIES!!! Ons het aan getrek, het vir Argintinia gestem, wat verloor het! Daar is so baie fotos van ons geneem.. dit was eintlik snaaks gewees, die gees was ongelooflik!! daar was so baie mense en dit was so goed gereel, eks baie verbaas. Jy hoef nooit eers te gewag het vir tiolet nie, en soos julle weet dit gebeur gewoontlik nooit.
Die stadion was so mooi en goed beplan...... en die games was 'n belewenis. Ek het my longe uit geskree!!! en ek weet nie eers iets van sokker nie. Dit was beslis 'n dag wat ek nog lank gaan onthou!!!!
SOndag het ons gaan Hop-on-Hop-off bus ry , het net vergeet om af te hop, Dit was 'n heerlike wintersdag!!!
Dis naweke soos die wat die lewe die moeite werd maak, you only live once!!!!!

Wednesday, June 30, 2010

Ons het "tickets"

Liewe luv skryf Vrydag eksamen ,die laaste vak wat hy nog kort. So ons ry more oggend Kaap toe.

Ons is nie sokker-fans nie maar nou dat ek als op die Tv sien, lyk dit beslis na iets wat jy nie kan mis nie. So ons het besluit om beslis Waterfront toe te gaan en die "Feeling "te gaan kry!! So ek het beplan wat ons als kan doen. Maandag besluit ons dit sal nogal nice wees om kaartjies te he, maar wats die kans!! Ons bel pelle wat het, net dalk wil hulle verkoop , hulle het vir 2 games kaartjies. NEE!! HULLE GAAN SELF!!!

Maar vanaand bel hulle 9 uur en vra of ons wil gaan, Hulle het 'n baba van 6 maande en dis moeilik om nou weer van George af te gaan, Hulle was mos Dinsdagaand daar!!

ONMIDELIK SKREE EK JAAAAAAAAAAAAAAAAAAA!!!!!!!!!!!!

Dankie vir pelle!!!!!!!

So nou bewe ek soos 'n rot!!! van opwinding!!! ek soek my face paint en kleure en als. Moes eers uit vind wie speel!! So nou is ons uit ons velle uit!!! Vriende van ons gaan ook al lankal en ek ken die meeste so ons gaan saam met hulle !!

Ek kan nie wag nie!!! Ons gaan maar vir ARGINTINIA skree!!!

LAduMA!!!!!!!!!!

Tuesday, June 29, 2010

Endimetriose...

Endometriose is een van daai dinge wat vrouens kry, ( weereens 'n women-thing) wat 'n rol speel as jy kids wil he. Dit het 'n invloed op dinge!!!

Al hoe jy weet jy het dit , is as jy was vir 'n laporoskopie. Maar ek het ook agter gekom dis een van die dinge wat blykbaar almal het, want elkeen dink mos sy periods is die ergste en daar is dokters wat as jy by hulle kom en se jou periods is erg dan het jy ENDOMETRIOSE!!!!! en jy gaan sukkel. As ek eers sulke crack hoor wil ek crack.

want ek ken hoeveel vrouens wat se ja my baba is 'n wonderwerk, want my dokter het jare terug gese ek gaan sukkel as ek ooit kinders wil he, want ek het ENDOMETRIOSE!!! en dan sit hulle met hulle 3 de kind. Dis nou sukkel en dan het hulle nie 'n maand gesukkel nie, maar dokter het gese!!

Dan vra ek altyd was jy vir 'n laporoskopie???? Nee, nou hoe weet jy , jy het dit????DOKTER HET GESE!!!! So nee jy het dit nie gehad nie!!!! Dokter wou jou laate beter voel omdat jy 'n moan gat is!!!!

Ek het dit erg gehad en het dit so 6 jaar terug laat laser na hulle gesien het ek dit met 'n laporoskopie. So ek was in vir die op met laser.

Endo kan soms terug keer ,wat baie keer gebeur. Ek het al so baie gewonder of dit weer terug is, maar gaan beslis nie net gaan vir 'n lapo. nie net om te sien nie. Eks nie so mal oor teaters nie.
Ek het vemoed dis nie terug nie...

Ek vra toe my dokter na die buis-stories hoe lyk dit binne??? met die endo

...en raai wat daar was niks!!!!!!!! net 'n klien kolletjie op die buis wat nou verwyder is!!!
Ek dink dis wonderlik!!!!!! Lyk my , my dokter het 'n great job gedoen 6 jaar terug!!!!

Monday, June 28, 2010

Eks back on track..

Ek het na die naweek besluit , genoeg is genoeg!!! So ek voel 1000000de kere beter as 3 en half weke terug. Van vandag af wil ek weer goed voel so ek het vroeg al wasgoed gewas, gestryk, skottelgoed gewas( dit is mos maar gewoontlik net 5 min netjies dan is die huis weer in alle choas gehul!!! So die huis voel nou weer reg.

Ek wil vandag begin stap ook net so 1 km want ek raak nog baie moeg, maar ek wil weer fiks voel. Gisteraand het ek en Luv mekaar weer met Vit B gespuit, en ek het begin huil na ek hom gespuit het. WANT EK HOU NIKS DAARVAN OM HOM SEER TE MAAK NIE!!! Pateties ne, ek weet, want hy het my al 1000de keer ingespuit!!!
Eintlik moet ek hom laat suffer, ne!!

Miskien is my emosions nog nie lekker "gewire" nie?????? Luv skryf Vrydag eksamen so hy leer die hele tyd en ek hoop regtig dat hy die eksamen gaan deur kom.

Moet se ek kan nie glo waar die jaar heen is nie....

Friday, June 25, 2010

Eating -roll

Ek's nou 3 weke past-my- op- date ek voel fine maar moet vir 6 weke dit rustig!!! En dis nou hier waar dinge begin hand uit ruk. Ek kry myself jammer!!!!! Eks piss omdat ek so hard probeer om my lewe reg te kry , reg te eet, te oefen . Om reg te wees vir die volgende IVF en dan kry ek die terugslag....... wat my freak!!!

Want nou is ek weer op hold!!!!!! en sal amper begin Augustus weer als kan doen wat ek wou. So paar maande wou ek inskryf vir my 1ste 2kamp( sou seker by die einde aan gekom het as die Energade se banner al op gepak was) maar het nie, dankie tog want dis oor 'n 2weke en ek sou dit beslis nou nog minder gemaak het. Luv gaan dit doen, en ek gaan seker maar soos Bender( fotograaf toe ek nog op skool was) langs die kant staan ek kyk hoe almal fiks en gesond en aan die sweet is!! Mense wat se lewe aan gaan.....

So omdat ek so gat vol is , is ek nou op 'n eet-roll, wat ek beslis gaan voel aan my lyf. Maar soos ek nou voel wil ek sjokaldes eet, dankie tog daar elke week 'n special op die goed!! en als wat verkeerd is, dis wat ek nou wil doen, ek wil rook, ek wil wyn drink ,hoop nie iemand met "pot" kom verby my huis nie. I AM A REBBEL WITH MY OWN DESTINY!!!( I don't have one, hahaha)

Ek weet ek gaan dit nog berou, but for time being!!!

I AM OUT OF CONTROL!!!!!!!!

Thursday, June 24, 2010

Is die lewe regtig so swaar vir party mense??

Ek het so paar jaar terug ontslae raak van almal wat my irreteer in die lewe, Best feeling ever!!!ek kan dit aan beveel, verseker!!! Ek haat 'n gemoan oor als in my lewe , maar tog is daar sulkes.

Ek het dit nou weer beleef en ek was uit my skoene uit geslaan en sonder woorde wat nooit gebeur nie.... oor iemand wat met ALS. Ja , lees reg ALS in haar lewe 'n issue het , oor als moan, almal afkraak, met niks tevrede is nie. JIslaaik 20 minute in daai persoon se lewe en ek was gereed om die stomp brood mes uit te ruk, nie om my eie polse af te sny nie, om 'n einde aan haar lewe te maak, net 'n joke!!!!

Maar magtig man wat te erg is , is te erg. Elke woord uit haar monde is sleg, almal behandel haar sleg, wonder hoekom ??? niemand het lus vir jou nie, ek ook nie!!!!

Soms dink ek party mense moet gaan stil sit en rondom hulle kyk, as jy tyd maak vir ander gaan jy so baie sien.....ander het hartseer wat jy sommer op trap!!! ander mense het iemand nodig, maar as jy al jou energie op jou eie self spandeer sien jy nie ander raak nie. As jy almal mislik behandel gaan niemand van jou hou nie, dis hoekom jy geen vriende gaan he nie en eensaam wees.

Doen 'n slag iets vir iemand uit liefde uit sommer net omdat jy wil, ek kyk hoe laat dit jou voel!!!
Miskien verander jou lewe en begin jy as mense verander!!

Wednesday, June 23, 2010

Hoe oud sou hulle gewees het??

Soms weet ek nie of dit nice is om wel swanger te kan raak nie of om nooit swanger te kon raak nie. Want die een ding, van as jy wel swanger raak soos in my geval al 7 keer is, dat elke keer wat ek swanger geraak het daar een van my vrindinne was wat presies dieselfde tyd swanger was. So ek weet hoe oud die kinders nou so wees as ek hulle wel so bevooreg kon wees om hulle te kon he.

Dis nogal iets wat my somtyds onder kry , want daars seker mense se kinders wat my ontstel omdat, as ek hulle sien ek weet myne sou nou so groot gewees het... dis eitnlik hartseer!!

En omdat daar 9 was maak dit , dit 1000x erger!!!! dis of daar heeltyd iemand voor my is wat my kinders kon wees....

en steeds wees ek nie of ek ooit my eie kinders gaan he nie....

Tuesday, June 22, 2010

As jy nie 'n IF is nie, verstaan jy nie!

Baie mense het die laaste 2 weke by my kom kuier, of gebel of gesms. Almal mense wat vir my omgee, dankie tog ek het vriende!! maar dis snaaks hoe mense nie juis iets verstaan nie al probeer somige van hulle baie hard met hulle rate en planne.


Ek dink die meeste mense verstaan glad nie, veral die "beplande-seks-baba-oor-9maande -tipe nie" Nee, want vir hulle is als mos maklik voor die hand liggend. Maar in die IF-wereld werk dinge nie so nie, eintlik voel dit vir my of dinge in die IF-Wereld glad nie werk nie, of wil werk nie, dis net een enorme gesukkel non-stop!!

So nou deur dit wat ek deur is ,het ek myself nou weer uit gelewer aan 'n klomp discussions. Niemand kan glo hulle kon die baba nie net skuif na my baarmoeder nie, WHaaaaa, het jy al ooit daarvan gehoor, die baba hoort nie in die buis nie en as hy daar kon groei, kan hy volgende keer uit jou oor uit groei ( kan jy dink iemand se vir jou...daars iets in jou oor....ja ek weet!! dis my baba!!)

Gister sit hier weer 'n vriendin sy is al in haar 50tigs, en ons chat.... en sy se dis snaaks dat so baie mense deesdae so sukkel in hulle tyd was dit glad nie so nie. Ek se lankal nie meer net Ooo nie. Ek se toe vir haar dat in hulle tyd was dit ook so, want ek ken baie mense in hulle 50 en 60tigs wat ook nie kinders gehad het en graag sou wou. Maar in daai tyd was die onderwerpe taboo. Vandag se IF's praat makliker daar oor en dis nie meer 'n skande nie. In daai tyd was seks mos net duskant 'n vloek woord. Jare gelede was daar ook baie aannemings, niemand het net ooit daaroor gepraat nie. Baie mense het kinders aan geneem maar nooit iets gese nie so jy het nie besef hulle kon nie kinders he nie en jy het nie geweet hulle kinders is aan geneem nie. Want baie het na nuwe dorpe getrek sodat die mense nie moet weet hulle kind of kinders is aan geneem nie.

Maar vandag is aanneming anders die mense rondom is jou opgewonde is vir jou part. Almal weet daar van!! dis omdat mense meer oop is dat dit klink of almal nou ewe skielik sukkel.

Hoewel dit soms voel of INFERTILITY soos 'n siekte is want ek ken baie meer mense wat IF is , as wat ek ken wat AIDS het.

O ja en ek moet hoor ek kan self swanger raak dis sulke goeie nuus, ja ek het 5 jaar terug ook swanger geraak self en toe het ek 2 buise gehad so oor 10 jaar is dan seker weer my SELF-KANS!! Jippee ek kan nie wag nie dan is ek 46!!!

Monday, June 21, 2010

IT's Kicking IN!!

Jammer ek het so lanklaas geblog dinge was net baie besig hier en ek probeer baie rus tussen in. Van die Ectopic af was als so besig , dankie tog!! Dit was parties, en kuier mense ens ens ens...

...die huiskonsert wat 'n stouste verwagtinge oortref het, want mense wil he ek moet dit weer doen. Dis nogal weired!!!!! want dis nie of ek profesioneel is nie. Het nie eers enige drama opleiding nie. So ek sal maar sien. Eendag kan ek nogal 'n lekker drama opvoer oor my lewe, dit sal net 'n getjank wees van A tot Z... Dit was nogal erg om te dink hier voer ek 'n "comedy" op terwyl daar so baie drama en hartseer in my lewe is op die oomblik.

Ons kontrakte is nou reg en WAG!!!!!!!! dis mos sokker, so die hof is in reses!!! Fok wat nou nog!!
So die hof gaan eers die papiere kan vat na 24 Julie. Dit voel soos 'n ewigheid dalk is ek @ daai tyd al weer swanger, I wish!!! so 2010 wat ek gedink het gaan my groot jaar wees, is op "hold" "hold" en nogmaals "hold" jislaaik ons kan niks beplan nie.

Dis nou 2 weke en 4 dae en nou dat die stof gaan le het, ek nog vol steke is en blou kolle begin ' Depres mode inskop!!! en ek haat dit!!! ek dink die skok kom nou eers verval as ek dink die oomblik toe ek uit gevind het eks swanger en dadelik Clexane wou spuit, dankie Vader ek het dit nie gedoen nie, want dan het ek my dood gebloei en hulle sou sukkel om die bloed gestop te kry. Ek weet hoe kan jy bloei met bloedverdunners. Eks baie moeg en kan nie juis veel doen nie. Mag nie swaar goed op tel nie bla bla bla.

So ek begin myself nou jammer kry, ek kry myself jammer dat ek deur soveel dramas moet gaan elke keer. Ek kry myself jammer omdat ek maar net moet aan hou "cope" Ek kry myself jammer dat dinge nie net vir my kan uitwerk nie.

Plain weg EK KRY MYSELF JAMMER!!!! BITTER JAMMER!!!!!!

Thursday, June 17, 2010

Dit was vet pret!!!


Die huis konsert was 'n reuse sukses!!! Die mense het dit so geniet en ek moet bieg ek het dit vreeslik Geniet!!!!!!!!


Ons het almal verwelkom met soetwyn vir die koue..... almal kon sit waar hulle plekkie vind, alles was so "cosy" Toe het ek so 45 minute show gedoen .....EK HET DIT GELUV!!!! Klink seker bietjie voor -op-die-wa maar dit was iets wat ek al so lank wou doen....ook een van my "Buckets List" tick-off!!


Ek dink party mense was nogal verras omdat hulle jou nie regtig so ken nie.... en nou wil almal he daar moet weer een wees, dalk sal ek elke jaar 2 doen.


Die geld wat ek in gesamel het gaan vir die Outehuis op die dorp, ek het met die geld, Dettol. Prep en seep gekoop hulle het 'n behoefte daarna!!!


Ek het so baie ondersteuning van al my vriende gekry dis AMAZING!!!! van baie wat nie eers hier bly nie...... Thanx julle!!!!! ek luv julle!!


Wednesday, June 16, 2010

HUISKONSERT!!


Oor 3 en half ure begin my liefdadighieds konsert "HUISKONSERT"!!!


Almal is so opgewonde oor die konsert ek gaan 'n one-man-show doen my "VIRGIN" oprede.

Dit het einlik begin as 'n grap , ek s in die ding in so ek moet dit doen. As gevolg van die OP het ek nie so baie tyd gehad as wat ek seker sou wou he nie, maar eks mos in elk geval 'n op die nippertjie-mens. Ek luv mos DRUK!!!! ek floreer daar onder!!


So vannaand gaan daar 40 mens in my sitkamer wees met kaggelvure en loads of wine( hulle bring hulle eie) sop en brode.
Ek sal more alles vertel hier is 'n foto van een persone wat ek speel "Brumilda die Prokureur"!!!
Sorry , ek moet gaan ek moet gaan eiers gorrel!!! Hahahah
( Eks baie beter net nog bietjie blou maar ek kan nou weer beweeg)

Monday, June 14, 2010

Papiere is geteken!!

Ons het die naweek finaal die hof papiere geteken vir die Hooggeregs aansoek, na 'n lang gesukkel is alles nou in orde. Die prokureur en advokaat doen die hele kontrak en aansoek vir ons vir vir minder as 'n 3 de van die prys!!!! Kan jy glo!!!! So wanneer die ding voor die hof kom weet ek nie. Dit sal seker so maand neem ....

Eintlik pla dit my nie juis op die oomblik nie, die pyn is baie beter maar eks nog lank nie reg nie. Eks nou styf seer en sukkel om te draai en te buk ens. Ek het gister op gehou pyn pille drink maar voor ek gaan slaap het moes ek maar een sluk!!! ek was seer!!!

Soos ek op die oomblik voel kan ek nie glo ek moet enige iets van enige aard doen nie!!!! I just want my own life back, please!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Eks gatvol vir dokters, en susters, en pille, en sonars, en operasies, en inspuitings, en besoeke en wag...... en up and down feelings!!!! ek kan nie meer nie en soos ek nou voel wil ek nie meer nie.

Thursday, June 10, 2010

sokkker


So is die sokker ook op ons, ek luister nou op die radio hulle se dat alles wat moes klaar is vandag klaar en dit wat nie klaar is nie was nie op die beplanning nie. Wonder wie moet dit glo. Ek weet nie juis iets van die sokker af nie maar speel in 'n raaispelletjie so dit gaan pret wees.
Ons gaan weg vir die naweek en ek sien baie daarna uit, ek moet ook nog 'n paar goed kry vir my HUISKONSERT Woensdag aand, dankie tog dit was nie die week nie, anders moes ek dit uit gestel het en almal sien so uit daarna. Ek sal net my gat in rat moet begin kry!!! Big TIME!!
Vandag is die 1ste keer wat ek die meeste moblie voel, seker almal wat kom kuier het die week wat my opgebeur het. Kan nie glo dis al 'n week terug wat ek gedog het ek gaan sterf van die pyn nie.
Die steke begin nou juik so dit beteken ek raak gesond, dankie tog ek wil alles so gou as moontlik agter my sit!!.
Lekker naweek en pasop vir vir Vuvuzelas dis sleg vir julle ore!!!!
xxx

Wednesday, June 9, 2010

Dit gaan elke dag beter...

My maag is nog baie geswel maar die wonde lyk okay!!! Die seer is ook elke dag beter ek is al baie meer mobile... Die bloed kolle raak ook nou al geel so dit beteken ek raak gesond, dankie tog!!

Liewe LUV het vir my DVD's gaan uit neem girlie-ones so ek gaan nou lekker le en kyk.

Hy is 'n engel!!! hy maak kos, doen die wasgoed, laai pakkies af wat ek moes doen ens. Hy's my huis houdster, en 'n sexy een daarby...ek so lief vir jou, skattebol!!!

Tuesday, June 8, 2010

Die res van die naweek..

Ons wag vir die drawwers van die 10km.
By Viljoensdrif by die Wacky wine.


Die 30 ste Bday party!!!!

Ons is toe na ek ontslaan is, gou by die huis aan en ry toe na my ma hulle toe. Ek het my maag met kussings vas ge-safety-belt sodat dit nie skud nie.. en ek het geslaap. Ek het net nie kans gesien om by die huis te bly en te le nie. Dit sou my so GE-DEPRO!!! Ten miste was daar die naweek ander geselskap en daar het hele tyd goed gebeur. Gister was my 1 ste dag alleen by die huis en toe DEPRO ek nou vir jou. Het myself baie jammer gekry!!! want dit was die eerste keer wat als begin insink het... gelukkig die middag was hier heeltyd mense, toe is dit beter. Ek was so bly ons was die naweek weg!!!






Ek het nie veel beteken nie, het maar net gesit want my rug raak seer van die le. En beweeg teen die spoed van 'n ouma-skilpad....stadig!!! Die ergtse ek kon glad nie die kiddies op tel nie ook nie my broer se nuwe dogtertjie nie wat ek vir die 1ste keer gesien het nie. Suro-sus se oudtse het juis gese sy is nie lief vir my nie!! ek vermoed dis omdat ek nie aandag kon gee nie.






So vrydagaand was Broer se 30 ste dress-up party.. baie lekker ,ek het maar soos 'n ouma gegaan want dis presies hoe ek gevoel het. Ek kon nie juis al die stops uit ruk soos gewoontlik nie.






Elke jaar met die Wacky Wine naweek kom die 10km draf by my ma hulle se huis verby en dan hardloop ons gewoontlik of cheer vir die res en die jaar ook..ek wel daar met my PJ'S.






en toe is ons Wacky toe, ek was beslis die "bad-dress-person" van die fees want ek was daar met 'n sweetpak oor my geswelde maag. Terwyl almal ge- wyn het ek GE-KOFFIE!!






Verder het ek gele en gelag.. dit was regtig lekker!!!!

Sunday, June 6, 2010

Ek was 12 uur lank swanger...wat nou nog???

Soos julle weet het ek mos die vreeslike pyne gehad wat gekom en gegaan het, wat ek gedink het my rug was...dit was nie konstant nie so ek het maar uit gehou. Die spotting het gekom en gegaan, omdat dit 2 weke na by siklus was het ek gedink dis my hormone. Gewoontlik is my siklusse spot-on. Woensdag het ek nie juis enige pyn gehad nie, maar my boobs het begin snaaks lyk ( maar wats die kans??) ek was vreeslik moeg die middag( en ek is NOOIT moeg nie) so donderdag oggend toe ek op staan 1ste ding wat ek doen is 'n PREGNANCY TEST!! Ek is na jare glad nie 'n "pee-on-a-stick -addict" nie!!! ek doen dit nooit nie eers as ek IVF nie, want dis altyd negatief. Maar iets was seriously groot fout!!

En binne sekondes was daar 2 lyne!! WAT!!! ek het amper flou geword!!!! en aan die bewe gegaan. Die kanse dat ek self swanger raak is amper nul!! dis 'n wonderwerk!!Ek bel Luvva en se ek pregnant!!! ek trek aan en jaag na die lab kantoor( dankie tog hier een en ek hoef nie by die dokters in te gaan nie. Ek ruk die P-test uit en vra of sy ook 2 lyne sien, want ek glo dit nie. JA, se sy dis 'n baie duidelike 2 lyne.... en ek bars in trane uit. Sy kom aan gehardloop en troos my en ek tjank in totale ongeloof. Ek vermoed sy dink seker toe die vrou is geskok, dalk het sy 'n lover en nou sy swanger. Ek verduidelik en sy trek die bloed en se dit sal 3 uur weer terug op die dorp wees.

Ek bel my dokter en se wat aan gaan en dat die toetse oppad is. DR S bel en se as die Beta bo 1500 is moet ek laat sonar sodat ons kan sien of daar sakkie is voordat ons met die medikasie begin. Die pyn raak erger!! hier fout ek weet dit! Ek wou nie op die blog sit ek swanger voor ek nie die Beta het nie.

Ek moet 7 x5 liter poedings maak vir 'n basaar, omdat ek pyn het kom maak 'n vriendin vir my, dankie tog vir "special" mense in my lewe ek sou nie kon nie. 2 Uur bel ek die lab die uitslae is nog nie uit nie. Die pyn raak nou ondraaglik, ek gaan bad vir die pyn maar niks help nie, ek bel my Gynie, hys in teater tot 7 uur en ek se vir die ontvangsdame hier groot fout eks oppad!!! Kry iemand om my te sien!! Ek bel Luv en sy hy moet kom!!! ek dink ek gaan dood ons moet George toe. Ek gooi paar goed in 'n sak en vir hom klere. Ons jaag!! Die pyn raak net erger en my rug pyn so en my linker kant.

Oppad bel hulle en sy na wie ek moet gaan hulle wag vir my. Luv laai my sommer voor die hospitaal af terwyl hy gaan parking soek. Toe ek gebukkend die gang af kom toe sy die vrou al is jy Christelle, sit. Die kliniek bel met die Beta 2240!! Ek moet omtrent 6-7 weke swanger wees!!Kan jy glo en se jy behoort 'n hartklop te kry, ek se vir die suster dat ek nou gaan vir n' sonar en dat ek vrek van die pyn.

Die dokter sit die sonar op en dis vol baie groot swart kolle. Ek bloei erg inwendig dis hoekom ek so baie pyn het!! Die 'n buis-swangerskap wat besig is om te bars!!!! Hy wys nie die baba nie, omdat hy seker weet wat gaan gebeur.Na die groot wonderwerk, nou dit. Eks te moedeloos om eers te huil ek kan dit net nie glo nie!! Ek word dadelik opgeneem. In 'n saal vol kramende vrouens... maar dis fine!! eks al imuun!! saam met oumense wil ek crack want hulle moan net. Die susters is erg ontsteld en wil my skuif... ek se nee, maar hulle sy jy moet. Ek is 3 minute in die oumens saal toe verstuk die tannie en almal is histeries. Ek hardloop ..tannie steek jou arms op en ek slaan agter haar blaai , die voel so vol penne ek dog ek slaan dit deur haar longe en net daar loop ek terug na die kraam saal.

Ek wag vir die teater en my dokter wat nog besig is met op's. Die pyn is erg!! My Gynie kom in en hys moedeloos vir my part, ek moet bieg ek ook!!!

8 uur kom haal hulle my vir teater, net voor ek in gaan kom daar 'n nood keiser ek moet eers wag, AGGE NEE KRY NET KLAAR!! die pyn is so erg ek wil nou net in gaan sodat die pyn kan end!!! Ek roep later 'n skoonmaker en se sy moet luv gaan roep want hy gaan wonder waar is ek en eks nog nie eers in nie. Sy vertaan nie juis nie, gaan roep hom, laat hom teater-klere aan trek en hy kom sit by my, hoekom het ek hom net lank al laat roep nie.

Na 9 nege is ek in die teater dis so koud ek ruk amper van die bed af!! Ek nie eers bang nie die pyn is net te erg!!! die op was omtrent so net oor 'n uur. Ek kom by en ek hou nie op met ruk nie ek kry so koud en eks so naar ek hou net nie op met kots nie. Die suster se hulle kon nie die buis red nie hy is verwyder en hoe ver was ek swanger ??die baba het so mooi daar gesit ( dis nie wat ek wou hoor nie!!! ek hou net aan opgooi!!! Ek was nog nooit so lank in die herstelkamer nie!! 'n uur en 'n half!!! nes hulle dink ek fine..gooi ek weer op. Luv is later ook al daar omdat hy worry omdat ek nie uit kom nie.

Half 12 kom ek weer in my nuwe kamer ...die susters was almal onsteld oor my geskiedenis en ek mag nie ontstel word nie so kraamvrouens en babas is 'n NEE!! Luv gee vir my tee met 'n teelepel dit laat my beter voel.. Hy gaan slaap by vriende en ek le en kruin van pyn maar daai erg pyn is weg, dankie tog!!!

Al is ek vol narkose en pyn pille en drips slaap ek NIKS!!! ek kan nie in hospitale slaap nie. 2uur die oggend toe sit ek en eet my broodjie en kry myself vreeslik jammer!! Om te piepie is 'n mission en 'n half!! 4 uur moet almal op en ek kan crack. Toe my dokter 8 uur in kom, toe ek "jy ontslaan my nou of ek pleeg moord!!! Ek bel Luv om my te kom haal en 9 uur is ek met sak vol pille daar uit. Elke hobbel oppad huis toe voel of my maag van my lyf af skud.... dis nogal seer!!.

So is swangerskap no 7, baba no 9 is verby voor ek dit nog kon besef... en vir die toekoms is my kans nou nog minder. Ek dink nie dit het al in gesink nie, skok tref my gewoontlik eers na 'n week. Dankie tog ek het nie die hartklop gesien nie, ek sou gecrack het..

Thursday, June 3, 2010

360 grade????????

Ek het vanoggend op gestaan en my lewe het 'n holderste-bolderste 360 deur mekaar draai gemaak!!


Gee my net kans dan lig ek julle later in...

Wednesday, June 2, 2010

Inspirasie?? waars JY??

Ek is altyd vol idees vir almal en als, en 'n ander ding is ek love 'n dress-up, nou is dit my broer se 30 ste Bday en dis 'n dress-up!!!

Maar ek is soos 'n lee bal ek weet nie wat om aan te trek nie??? dit het nog nooit gebeur nie, en dis nie of ek nie goed het om te dress-up nie , ek het baie!!!

Maar met die hele saak en dinge wat nie datums het nie, eks iemand wat wil weet wanneer en waar. Vermoed ek my brein het gevries!!! ek kan aan niks dink behalwe dit nie!!

HELP!!!!!! HELP!!!!!!!!! HELP!!!!!!!!

Monday, May 31, 2010

Hoekom ek nie na kinderparties toe gaan nie.

Dit was die naweek Suro-sus se oudste se 3 jarige verjaardag gewees en vriende wil altyd weet "HI hoekom gaan jy nie???" Whizz watter stupid vraag???

My hart brand omdat ek nie kan gaan nie, dis een van die goed wat ek so graag vir geen geld onder die son sou wou mis nie, maar as jy die IF label om jou nek het, kan jy nie gaan nie, WANT!!!! jy het nie kinders nie....

1 Jy is gewoontlik al drol wat nie kinders het nie, behalwe die laatlamsussie van 12 jaar.

2 Almal jou gewoontlik jammer kry, SHAME!!! en dan die hele "party" vir jou wil vertel hoe om swanger te raak, volgens hulle weet jy mos nie.

3 Jy na almal se wonderwerk stories moet luister van iemand se oom, se ma ,se ouma ,se kleinkind, se hoender wat toe op die OU EINDE 'n baba gekry het na 'n moerse geskukkel en dan is hulle 27 ( mos oer oud vir kinders he)

4 Jy word die hele tyd beny omdat jy mos volgens die mammas so vreeslik gelukkig is om nie kinders te he nie, want die oomblik as jy 'n mamma is ,verander jou lewe mos in 'n "never ending" nagmerrie van babas wat kots( min mammas het mos geweet babas kots), nooit slaap nie( Oooo mamma is so moeg!!), so veel eisend is hulle kry niks gedoen nie( moenie vergeet van die huishulp wat van 8-5 moet kyk nie, hoor jy ooit die huishulp moan?? nee want sy kan "cope" mamma gewoontlik nie. Huishulpe kan mos gelyk na 1-4 kinders kyk, mamma net na 1!! want twee is onmoontlik?? Mamma is eintlik 'n pateet, niemand het net nog die "guts" gehad om dit vir haar te se nie.
Mamma se kinders is gewoontlik altyd HIEPER AKTIEF!!! kyk mooi dis omdat mamma met haar stert op die banke wil sit en nie met die kids wil speel nie, as sy kon kies moet haar kinders net om haar voete speel.

5 Jy moet hoor hoe duur kinders is!! mamma tot al3 jou kinders uit die skool uit is , het jy nie betaal wat ek betaal het net om soos jy dit noem 'n monsterkie was te hou nie.

6 Jy moet luister na hoe HULLE die koek sou bak , versier, ens!!!

7 Mamma 1 se kind is altyd baie beter as mamma 2 se kind.

8 Niemand vra jou opinie nie want JY SAL NIE WEET NIE.....JY HET MOS NIE KINDERS NIE.

So as jy nie kinders het nie kan jy nie na parties toe gaan nie, want jy hoort nie daar nie, behalwe as jy die Hanswors vir vermaak is!!!

Sunday, May 30, 2010

I am in PAIN!!


Donderdag het ek mos gehardloop wat fantasties is!! Die aand het ek gegly en my rug seer gemaak en Vrydagoggend was ek by 'n veiling, waar ek 'n baie mooi spieel gekoop het. My rug was seer, maar terwyl ek iemand reel om die spieel vir my te kom aflaai, kry ek die enorme steek pyn in my rug en linker sy. Ek het die huis net -net gemaak want toe vou ek dubbeld van die pyn, ek was naar ek het begin sweet ek kon skaars asem haal. Toe Liewe Luv lunch tyd huis toe kom toe huil ek van die pyn, en dan is dit erg. Ek het Myprodols gedrink, wat gelukkig na 'n ruk begin werk het. Maar van toe af??????
Ek het vreeslik pyn en ek bloei ( en ek moet nie nou periods kry nie, nie eers naby nie) so die hele naweek le ek soos 'n krul-wurm op die banke rond met warmsakke. Ek weet nie wat fout is nie en aande is die ergste. As dit more nie beter is nie, sal ek maar dokter toe moet gaan ( ek haat hulle!!) Op die oomblik is dit beter maar glad nie reg nie.
Jislaaik ek hou niks daarvan om iets te makeer nie!!!!!

Friday, May 28, 2010

SEL

So 'n klomp maande terug het 'n klomp van ons met 'n sel begin, gisteraand was weer een, en dit beteken regtig baie vir my. Ons is 'n groep van 8 wat mekaar nie regtig ken nie, maar ons kliek so nice!!! nou gaan die groep groter raak en ek dink nie dit gaan meer so lekker wees nie. Op die oomblik sien ek elke keer vreeslik uit na die sel. Maar nou gaan ons 12 wees en dis so moeilik om presies te se wat ek voel ek het net die "gut feeling" sal maar moet sien...

Gister het ek so lekker geoefen so lank laas, ek het myself gedruk!!!! Ek dink dit gaan beter met my omdat ek weet ons saak gaan nou weer aan!!! die laaste 2 maande was vir my erg, dit het gevoel of vorentoe nie by ons bestaan nie. Ek was moedeloos nes my kop weer reg is boomerang iets anders!!!! en dan is ek van die pad af, ek eet nie reg nie , ek oefen nie, ek doen niks en kry niks gedoen nie en ek had sulke tye. Ek sal die gelukkigste mens onder die son wees as die saak binne 6 weke af gehandel kan word, ek vermoed suro sus ook. Sy is besig om partytjie te reel vir haar dogterjie van 3, 'n disonaur-party!!!!!!

Die naweek is die laaste een van 'n klomp agter mekaar wat ons by die huis was, ek sien nou al uit om weg te kom!!!!

Thursday, May 27, 2010

Vandag is 'n lui dag!!!

Ek het laat geslaap.... en nou moet ek besluit wat gaan ek doen, nie of ek nie goed het om te doen ne, ek het 10000de goed om te doen!!! ek moet my verf werk klaar maak.... ek moet filing doen... ek moet inbetalings doen.... ek moet bome nat maak met emmers( ek het die kaggel vanoggend geruik soos dalk is die reen n0u oppad!!)


Ek het nou gisteraand aan my konsert-stuk begin oefen, want die kaartjies is uit en ek moet seker my ding begin oefen. Liewe Luv moet sit en luister en nou probeer hy sy lag hou om my aandag nie af te lei nie, en dan voel dit of niks snaaks is nie. Toe ek se hy kan maar lag... toe lag ons heeltyd!! SO 16 Junie....bring -it -on!!!!!! ek kan nie wag nie!!

Die vrou wat laas saam met my was vir ER is vanoggend weer in, ek het net nou 'n sms gekry dat daars net 2 eiers was en sy nie meer wil aan gaan nie. My hart het gebreek!!!!! ek weet hoe emsioneel die hele ding is en nou dit. En al het jy net een eier en een sperm nodig vir 'n baba is dit nie wat jy wil hoor nie.

Ek wonder of eiers weet dis winter????? want 2 van my vriendinne het die maand gegaan vir ICSI en al2 se siklusse was swak. Ek het nog altyd die beste resultate gehad na die winter, dalk vries ons eiers of gaan in 'n hibernasie in..... ek wonder!!

ALMAL GENIET JULLE DAG!! "LETS MAKE IT A CHILL DAY!!!"

Tuesday, May 25, 2010

Iemand gaan ons help!


Gisteraand was beslis die beste nog die laaste 2 maande, ons internet was af en toe dit aan kom is daar 'n mail op van 'n prokureur wat se sy kan die aansoek vir ons doen, dis wat dit gaan kos ons moet haar bel as sy moet aan gaan. Ek moet bieg ek het die mail 3x gelees!!! Kon my oe nie glo nie!!! Want die laaste tyd voel dit of ons nie vorentoe gaan nie.
Drum rolllllllll en die beste is die PRYS!!!! Ons gaan omtrent R 20 000 spaar.... dis fantasties!!!!!
Ek gaan nie nou al se wie dit doen of die presiese koste nie, omdat ek eers wil he die goed moet deur gaan in die hof, die saak is baie sensitief op die oomblik en ek wil niks in die wiele ry nie.
Die Prokureur se sy geniet die saak baie en sal wil aan gaan daar mee, wat fantasties gaan wees vir ander wat in dieselfde bootjie is.
As die hele ding deur gaan, is dit beslis 'n "can of worms" wat oop is, want hoe meer ek uit gevind het die laaste ruk oor al die goed het ons op interesante-jy word ingeloop-ek gaan geld maak uit julle!! goed af gekom. Dis eintlik erg vir my om al die goed te hoor.
So vandag gaan hulle begin met die kontrakte ens, so nou sit ek maar en wag!!!! eks net bly ons kan uiteindelik begin!!

Monday, May 24, 2010

As jy sukkel dan sukkel als!

Die "IF=LIFE" is so 'n groot deel van my lewe al vir so lank, ek kan my nie eintlik 'n lewe in dink sonder dit nie. Omdat dit so deel is van my en ek orals al die stories hoor van vriendinne het ek net weer besef...jislaaik dis moerse erg!!! en die ergste dit hou nooit op nie en dis net 'n gesukkel veral as jy 'n "hardcore" IFFER is.

Jy is altyd besig om planne te maak, wat nie uit gwerk nie. Jy soek altyd na hoop, wat daar nie is nie. Jy probeer jou besig hou om jou aandag van die sukkelary af weg te hou, wat nie werk nie jy bly daaraan dink 24/7.Jou hele lewe draai net om die gesukkel... jy het nie gewone lewe soos die res nie. Ander mense se lewens gaan aan met gesinsdinge, joune nie.

Nee, joune draai om hartseer stories van jou self van jou sukkelende vriendinne, baie wat jy nog nooit eers gesien het nie, maar hulle is jou beste vriende op die internet. Hulle is soos jy!! Hulle verstaan!!!!

Ek weet nie waar ons ooit gaan uit kom met die suro wet nie want dit kom net nerens. Oral sukkel almal omdat dit so nuut is. En as ek hoor hoe lank sukkel iemand wat dit dadelik gedoen het wil ek nie eers dink hoe lank dit ons gaan neem nie. Ek is so reg om te gaan!!!!! EK WIL NOU GAAN en nou moet ek WAG!!!! EEGGGGGGGG!

Soms wens ek als in die wereld wou net uit werk, maar this is part of my life!!! en die ergste ek kan net mooi freaking niks daaraan doen nie....EK MOET SIT EN WAG!!!!

Thursday, May 20, 2010

Plan nommer ?????

Ek het 2dae nou weer weg gewerk en het vannaand weer terug gekom. Die lekkerste van die weg werk is die nuwe stories en die verskeidenheid kos wat ek daar kon koop. As ek so ry is dit my dink-tyd, my beplan-tyd, my huil-tyd, my sing-kliphard-tyd dis my-tyd!!!!

en so het die 100ste 1000ste plan weer deur my kop gemaal... en ek het finaal besluit!!!! al moet ons van ons goed verkoop maar nou gaan ons weer met nuwe ywer begin en ek gaan nie op hou nie. Vir die volgende 3 jaar gaan ek nou net IVF tot ek 'n baba het!! en dis op die oomblik(my planne verander gouer as die weer) wat ek gaan doen. Liewe Luv stem saam, jippee!!!!

Ons sukkel met die suro-wet-snert omdat so min mense dit nog gedoen het en die wet nog net 1 en half maand oud is. So niemand weet juis wat nie. Soos die een deur toe gaan , gaan die ander oop!! Ek hoop om antwoorde binne die volgende 2 weke te he!! hou duim vas julle!.

Die girl wat ek ontmoet het die dag met my ER gaan Vrydag weer gaan vir haar 2de ICSI en ek hoop regtig met my hele hart dis haar keer.
'n Ander vriendin se ICSI siklus is weer gekanseleer en toe doen hulle 'n IUI gister, ek hou vir haar net duimvas !!! Mense weet nooit wanneer dit jou gelukkige keer gaan wees nie. Mag dit julle 2 se beurt wees.

Tuesday, May 18, 2010

Happy Monday!!!


Gister was my Maandag beslis nie blou nie!!!! Hy was vol verrassings!!!!


Laat oggend toe word 'n pakkie by ons huis af gelaai, met 'n Sony Video Cam-recorder. Wat ons gewen het met die Telkom-sokker-kompetisie. Baie nice!!! Ons wen nooit nie en nou dit , ons vorige een is klaar op die koffie. So die nuwe een is baie welkom!!!


3 ure later is daar weer 'n pakkie, ek se vir die man en verwag nie 'n pakkie nie. NEE, se hy dis vir jou!!!


en daar wen ek 'n Toaster wat eiers ook gaar maak!!!! Dit was my lucky day!!! ek het gegil van opgewondenheid.


So gisteraand was ek besig met al die blaadjies om uit te vind hoe werk wat.


Klink of my luck aan die draai is!!!

Monday, May 17, 2010

Heen en weer en heen en weer...

DIs hoe ek op die oomblik voel!!! niks gaan vorentoe nie, maar niks gaan ook agter toe nie. Ek float maar nie hier rond. Vandag is CD1 en ek kan crack dat ons nie vandag kon begin het met die volgende Suro nie, my kop is reg en WIL gaan en nou sit ek op WAG-N-BIETJIE-EILAND...
dis so 'n frustrasie, en ons kan net mooi niks daaraan doen nie.

Ek hoop die einde van die week bring antwoorde dat ons net kan vorentoe en dat ons kan weet ja iemand kan ons help of nee die "sharks" is in beheer! Die sielkundinge mail my nou wie is ons prokureur??? want sy is nuuskierig. Ek dink hulle klein groepie van 5 weet nou ons gaan nie net hulle pryse aanvaar nie en nou skarrel hulle rond....goed so !!!

Ek het gister saam met Luv gaan fietsry terwyl hy gedraf het oor berge en dale, want hy oefen vir 'n off-road race. Hy hardloop soos 'n masjien en hy moes vir my wag ( ja dit is snaaks want ek was op 'n fiets) Ek dink nie ons 2 se fiksheid vlakke sal ooit by mekaar uit kom nie.

My huis konsert is klaar geskryf ek sal dit net moet oefen, daar net 40 kaartjies ek het nog nie eers begin verkoop nie en hulle is so te se uit verkoop!!! Ek is nou al baie opgewonde oor die "show"!!! Julle sal moet wag vir die fotos!!

Lekker week vir almal!!!

Friday, May 14, 2010

1skaap...2 skaap...3skaap..zzzzz


Dis ek die!!! jislaaik ek kan gil as ek in my geen-slaap, wakker-soos-'n-haas tydperk in gaan. EN DAAI TYDPERK IS WEER HIER..
Ek kan met vreeslik min slaap oor die weg kom nog altyd, dit het net vererger na die 2ling. So die oomblik wat dinge in my lewe deur mekaar is slaap en omtrent niks nie. Die laaste week slaap ek tussen 5 en 2 ure 'n nag en dan is my oe bloed-belope seer en moeg in die oggend..ek kan gil en as die nag dan arriveer dan raak ek wakkerder en meer "hiper"
Gisteraand het my ma hulle hier oor geslaap ons het gechat tot na 1 en toe sy gaan slaap toes ek eers wakker tot so 3 uur vanoggend en 7 uur was ek weer op. Ek weet dis die hof-snert wat my slapelose nagte gee... eks vies omdat If's so in geloop word, eks vies omdat ons nie dadelik kan aan gaan nie...eks vies dat daar iets soos die mees horibaalste woord soos INFERTITILEIT bestaan.
Ek lees vanoggend 'n artikel oor INFERTILITY ETIQUETTE wat om nie vir mense soos ek te se nie, en dis so waar als wat daarin staan. En ek dink dadelik as iemand se jy kan so bly wees jy het nie kinders, wat jou in die nag wakker hou nie, ek was soveel keer wakker vannag. Dan wil ek gil "jy sal nie weet dat ek baie minder as jy, met die kinders slaap nie!!! en ek slaap nie, omdat ek planne maak om kinders te kry!!!! skaap!!! As ek kinders moet he sal ek nie om gee as ek vir 5 jaar nooit slaap nie, want dit sal 'n voorreg wees om vir iemand te kan opstaan.
So nou dink ek nonsens uit!! my huiskonsert stuk is klaar ek gaan dit nou binne 4 weke doen, en sien nogal uit.
...en dalk moet ek by buurt-wag aansluit!!! ek was nog altyd goed op 'n deurnag!! dink net hoe sou ek op wag in die "army" gewees het.
lekker naweek vir almal!! xxxx