Thursday, July 29, 2010

Gaan ons die hof ooit haal?

Eks op die oomblik nie by die huis vir die week nie. Was op Vleesbaai, wat heerlik was so lekker om net mooi niks te doen nie, net by die see te wees en chill. Die see kom tot teen die huis, dit voel of jy op ‘n boot sit ( dankie tog dis nie ‘n boot nie ander het ek gekots van die seesiek)

Suro sus hulle was daar vir die week en ons het gaan kuier. Nou dat ons weg is verlang ek my dood na die 2 kiddies, eks verslaaf aan hulle. Daai lyfies…ons het so lekker gespeel, sandhuine gehardloop, tert gebak( dit was ‘n maklike resep anders was dit ‘ n flop) net sommer prĂȘt gehad.

Die hof het oop gemaak en nou is daar weer nog papiere wat geteken moet word, FOK!! Ons wag nou al 2 maande en nou is daar nog iets. Ek wil al huil!!! Lyk my niemand behalwe ons besef hoe ons tyd gemors word nie!! So nou moet almal weer soos rotte op Ritteling rond hol, om als geteken en gestuur te kry. Ons sukkel nou al 4 maande om iets te doen , wat ons al gedoen het, gedoen te kry, BELAGLIK!!!!

So op die oomblik probeer ek myself net aan die gang te hou aan niks dink nie.

Survivor moet jy nou in ‘n ry gaan staan vir ‘n oudisie wat beteken hulle gaan jou tyd mors!!!
Jy moes hulle impress het laas, ons moes aangetrek het en die wat nie aan getrek het nie is gekies so hoe verduidelik jy dit???? Of is ek dom???
Maar as ek will deelneem moet ek seker maar gaan staan in die ry…ek het so gewens ons moes inskryf met ‘n DVD!!!

No comments:

Post a Comment