Tuesday, March 30, 2010

ALL the IF-sisters!!

Jislaaik die laaste paar dae was ek in kontak met so baie van my IF -sisters almal begin met hulle hartseer lang pad, 'n pad vol hoop , soms weer sonder enige hoop... 'n pad waarvan niemand die einde weet nie. Dis vrouens met soveel hartseer, dis onbeskryflik!!! Dit ruk jou hart uit mekaar!!

Almal het dieselde vrae, soek dieselfde antwoorde, soek dieselfde in die lewe. Met elke probeer slag raak jy ouer en daars vrouens wat se kanse al hoe skaler raak met elke dag en waar hoop elke sekonde weg skyn, dis verskriklik!! Ek wens ek kon vir almal se moenie worry nie !! jou tyd gaan kom....maar niemand kan se nie.

Ek het die vriende wat die mees fantastiese ouers sou wees. Hulle kinders sou nie vir beter, opwindender ouers kon vra nie. Hulle tyd was op!! Daar was geen hoop meer nie, en dis onregverdig!! Ek kry hulle so jammer!! Maar dis verby... 'n lewe sonder kinders dis wat op hulle wag. En al het hulle vrede daarmee gemaak , weet ek in hulle hart is dit nie die waarheid nie. Ek wens ek kon toor!!!

Dan aan die ander kant kry jy die assholes wat glad nie verdien om kinders te he of moet he!!
Soos die naweek was ek in 'n geselskap waar die een vrou die hele fokkin aand gemoan het oor haar kinders en haar man! Kinders is erg!! Sy raak mal!! Sy het 'n "brake" nodig!! ( ek het die kinders nie juis die aand gesien nie) sy is so deur die#$%$# dat sy dit blykbaar ook nie agter gekom het nie, net te bly sy kon ander mense vermaak met haar Moans and groans!! Let daar op dat sy 2 bediendes het en GLAD NIE WERK NIE!!! So julle is reg sy doen niks met haar kinders nie en wag!!!!! haar man wil nog 'n seuntjie he , sy wil nie want sy hou niks van kinders nie. Die prentjie is mos nog nie voltooi nie want pappa moet 'n seuntjie he. Want een of ander houkis poukis toertjie het gewys die volgende gaan 'n SEUN wees!! Kan jy dit glo!!!

En vriendin wat haar nou raad gee wat ook 2 hulpe het wat help met die 2kinders en gedurige alleen moet weg gaan om te rus van niks doen...weet ook presies hoe erg kinders is. Dis nou die DEPRESIEWE PLAYS wat ek moet aan hoor!!!

Ek wonder altyd as hulle kinders vandag iets moet oor kom of hulle daaroor gaan huil, want dit moet mos eintlik dan 'n dag van blydskap wees!! As iets wat jou irriteer nie meer daar is nie.

So vir julle wat so lank al sukkel, wat die beste ouers onder die son sal wees omdat julle regtig egtig kinders wil he, ek bid met my hele hart julle grootste drome word waar.

JULLE VERDIEN DIT!!!!!!

Friday, March 26, 2010

SURO-SUS


Vandag dra ek op aan my Suster!!!! Sy het ons 'n ongelooflike kans gegee om ons drome te bewaarheid!! Al het dit nie gewerk nie het ons nog altyd 'n kans gehad.


Sy het aan gebied om Suro te speel, sy het 'n volle maand haarself elke dag in gespuit met hormone sonder om 1 keer te kla. Sy het haarself in my skoene gesit om 'n deeltjie deur te gaan van dit wat ek al deur gaan vir 9 nege jaar. Pille, inspuitings, teaters, kateters die 2ww en die horrilble NEGATIEF!!!!


Haar lyf is seer gespuit, haar hormonale sisteem is buite beheer en deur al het sy nog haar 2 dogtertjies wat ook BAIE aandag vat.


..en deur dit al het sy nooit gemoan nie, wat so nice is want ek sal nie nog dit ook kan hanteer nie. Ek moet myself heeltyd aan die gang probeer hou!!


Sy is amazing, sterker as die voortrekkers, sy is cool en 'n wonderlike ma, en sy hou van gee.

Dankie dat jy vir my iets nice wou gee ...al was dit net 'n kans!!!!


Thursday, March 25, 2010

As Dr jou nie kan bel..

Ek het Maandag vir my DR gemail en gese hy moet my bel. Dis eintlik simpel, want ek weet hy weet ook nie meer wat om te se nie, maar ek moet met hom praat. Ek hoor toe niks van hom nie en bel gister die spreekkamer en hulle se hys in teater.Hulle sal die boodskap gee.

4 uur gister middag stuur ek toe vir hom sms, hy se hy weet van die negatiewe betas, hy nog in die teater tot net voor 7, dan kan ons praat.

Kwart oor 7 gisteraand toe bel ek hom, hys toe oppad huis toe. Hy se toe hy is so jammer !!!!! Hy het Maandag toe hy inkom dadelik gehoor van ons toetse en hy was verpletter!!! Hy weet hy moes my bel, maar hy kon nie. Dit was vir hom te erg!! As jy so lank pad vir jare saam met iemand ( dis nou ek ) stap raak jy so betrokke by die geval ( my geval) en dit ontstel jou. HY kon nie met my praat nie.!!!!

Ek vra wat volgende en hy se hy weet ook nie meer nie, ons is deur al die lysies. EN hoekom dit nie werk nie weet niemand nie. Hy se daai embrios was so uitstekend!!! Dit wys jou daar is 'n hoe hand wat eintlik alles beheer.

Ons kan maar net weer Suro probeer dis al.

Ek besef nou as jy die dokter al ontstel raak jou pad lank...te lank!!!

Wednesday, March 24, 2010

So nou moet ons besluite neem.

Ek kan nie juis se hoe ek voel nie, want ek voel niks!!! Al vir jare, dis baie weird om vir iemand te beskryf maar dis of jy in jou eie atmosfeer bly waar niks is nie. Jys net daar. Al wat jy voel is ...jys net daar... dis hoe ek al lankal voel.

Ek was 100% seker 1 van ons gaan swanger wees maar 2 dae voor ons toets het ek weer in my niks-voel-kapsule in gegaan en myself begin regmaak vir die groot "AS" dit nie werk nie. Dis eintlik fuckup om te dink jy kan niks geniet nie want jy moet jouself atyd voor berei vir AS!

Ek wonder of mense weet hoe gelukkig jy is as jy "VANSELF" swanger raak, hoewel ek steeds glo dis 'n fabel om van seks swanger te raak. Om van seks swanger te raak is seker die goedkoopste ding op aarde!!

So ek het nou nog 'n IVF agter die rug, eks ge"pump" met hormones, ek sit met 'n potblou maag van die clexane en susosus met 'n blou hol. Ons bankbalans is in sy MOER!!
R45 000 later... en daar is (WEER) niks en dit nadat alles weer eens so goed gelyk het !!!

en dadelik gaan ek en Luv terug na "survival mode" Wat moet ons nou doen?? ek glo daar moet altyd 'n plan wees!!

Vir die eerste keer begin ek wonder?? wanneer is genoeg , genoeg???Dis maklik om te se gaan weer, jy kan nie op hou nie MAAR ons wil ook nie alle geld in 'n bodenlose put gooi , en eendag langs die pad met borde om ons nek staan nie en emosioneel bestaan ek nie eers meer nie. ( dis erg, hoor!!) Onthou vir 9 jaar het ek nog NOOIT op gehou nie. Eks 'n aanhouer...maar nie 'n wenner nie, shame!! arme ekke.

Moet ons maar imegreer?? As ons nie kinders binne die vlg 4 jaar het nie gaan ons beslis!!! Ons beplan dit al lank, hoekom nie sommer nou nie.
Luv is lus om van werk te verander, just for a new atventure.
Ons het 1000de dinge wat ons nou moet oor besluit.

Arme Surosus is baie teleurgestel, ek was ook met my 1ste keer die keer, ek nog nie eers die keer daaroor gehuil nie, ja dis waar!
Sy wil nou dadelik weer gaan...maar ons kan nie nou nie...

Sunday, March 21, 2010

BIG FAT NO!!!

Nie ek of Suro-sus se IVF het gewerk nie!!!

WHAT A BAMMER!!!!

Ek's ?????? weet nie juis wat om te skryf nie...

Friday, March 19, 2010

Die gewag maak my mal!!

Vrydag.... Saterdag.....SONDAG!!!!

MAG SONDAG DIE BESTE NUUS OOIT BRING!!!

Thursday, March 18, 2010

Friends make the world turned around!!

Die 2ww vlieg verby....hahahha moet se dit was my niceste 1 nog as daar so iets bestaan. Ek sukkel nog steeds om Sondag my bloed getrek te kry. Jy kan trek maar dan moet jy wag tot Maandag Eeeeeeeeeekkkkkkk, net die nog 'n gewag nie.

So op die oomblik het ek gewerk, is nou besig om my vrieskas te ontvries en net op te vang op goed wat altyd agter bly.

Ek voel die volgende oor virende.... ek het "loads of them" en ek kan nie sonder hulle nie dis hulle wat my laat "tick" en met die jare, en jare en jare se "IF Road" waarop ek en Luv is. Het ons vriende so baie verander en verouder!! ( ja ons verouder met jare, vriendskap ook).

Dit gaan seker vreeslik erg klink , maar ek gee glad nie om, om vriendskappe te beeindig nie!!! As ek niks uit vreinde kry nie en hulle nie in my en my omstandighede belangstel nie...en net op my teer...I just kick then out..!! GO AWAY!!!!

Met die IF Road as daar ook baie mense wat jou jammer kry, aan jou dink en vir jou bid. Maar soos dit in gewonde mense se lewens is, raak jou drome mos gou waar en dan kan almal aan beweeg....ek en Luv is weer van daai wat almal na jaar 1..2..3..4..5..6..7...8..9 sien hier gaan niks aan nie en dan begin hulle vir jou "duck" of jy pas nie meer in hulle groepie nie want, jy kan nie saam praat oor hulle kiddies, die se sport ( jy hoor ook mos net van boetie se 1ste peink-voet byeenkoms wat hy gewen het omdat, hy al drommel was wat reguit aan mamme se hand wenpaal toe gehardloop het) dan verdwyn hy ook in die onregwerdige menigtes! Sulke vriende moet skoert!!!! Julle stel net belang in julle eie vervelige wereld!!

Maar na 9 jare kan ek se ek het so 'n verskriklike groot "IF Road-ondersteunings-vriende-groep" al die jare doen hulle nog steeds moeite met ons( as jy sukkel word almal se kinders mos aan gese om die tannie en oom 'n ou drukkie te gee, hulle is so spesiaal) julle ek weet julle se jul kinders voor, maar dankie ek like kids-hugs. Daar is so baie wat na jare nog steeds bid, ons noem in sel en bid groepe, daars mense wat vir ons bid wat ek glad nie ken nie..dis AMAZING!!

Baie van my vriende is is op een of ander manier so ingestel op ons ( weet nie hoe hulle weet nie, my vriende is soms snaaks..hoop nie dis almal Aliens nie) maar die oomblik wat ons iets probeer of gaan vir 'n IVF bel almal ewe skielik om te hoor hoe gaan dit??? gaan ons nie weer nie???? ons dink nog steeds aan julle??? ons bid vir wonderwerke!!

Soos nou weer, niemand weet nie daars miskein 5 mense wat weet en ewe skielik bel almal om te hoor hoe dit gaan en of ons nie weer iets gaan probeer nie...dis so snaaks! as hulle maar net weet ons is op die oomblik besig met die grootste wonderwerk nog!!!

Suro-sus se dieselfde haar vriende wil ewe skielik weet hoekom sy nie Suro vir my nie en soos sy se niemand het nog ooit dit vir haar gese nie. Snaaks ne!!

So aan al my vriende JULLE IS AMAZING!!!!! ek kan nie sonder julle nie...EK LOVE JULLE!!!!!

Tuesday, March 16, 2010

6 days to go..!!!

Ek het nog 6 dae oor voor ons toets, as ons erens 'n lab oop gaan kry....en ek vermoed "the game is on" Nervers are kicking and going mad!!! Ek wil SOOOOOOOOOOOOOOOOOOO graag he dit moed werk!

Ek het sopas met 'n vriendin gepraat wat saam met my gele het tyndens ER dit was haar 1ste ICSI. Sy bly op 'n baie klein dorpie in die Karoo en sy moet Saterdag toets en by hulle is als toe so sy kan eers Dinsdag...I will die! die gewag maak jou mal, van jou kop af..en jy kan net mooi niks daaraan doen nie.

Sy wil by my weet omdat dit haar eerste keer is weet sy nie watter simptome jy moet voel of nie moet voel nie, al wat sy voel is sy moet groter broeke dra. Die ergste is ek kan haar geen raad gee nie want na 9 jaar en 'n VET in die bedryf weet ek self nie... jy voel so "pregnant" net om die volgende oomblik"glad nie pregnant" te voel nie.

Ek is so postitief ek 100% seker dit gaan werk daar is geen twyfel nie....maar omdat ek al so baie hier deur is moet ek my self ook terug hou vir as daar 'n teleurstelling mag wees..en dit is so onregverdig!!

Eks oppad om te gaan werk vir 2 dae sien baie uit net om 'n slag te kan kos koop want hier by ons is omtrent niks!!

Monday, March 15, 2010

Rustige Maandag

Na 'n baie bedrywige tyd na ET is my Maandag nou weer rustig!! My Suro-sus was die naweek hier by my en dit was so lekker gewees!! Ek het haar kiddies so geniet en gisteraand was die huis so leeg. Ek is verslaaf aan hulle, wens so ek kan hulle elke liewe dag sien. Eks mal verlief op hulle.

Ek voel fine en dink darem nie so baie die heeltyd nie...you wish!!

Ek is na die terug sit weer op die sakke vol meds!! Jippee!!

1 Cyclogsest oggend en aand ( Vaginale setpille, kan nie glo daar bestaan so iets aaklig nie)
2 Vit B
3 Foliensuurpille
4 Progynova (3 van hulle)

en dan die "miskraam cocktail" wat die dokters nie weet, werk dit of nie.

5 Kwart disprin
6 Prednisoon ( cortisoon 4 van hulle)
7 Clexane inspuiting elke dag ( bloedverdunning) Maak my vol bloukolle!!

So nou wag ons maar in spanning vir die GROOT TOETS DAG!! Wat met ons luck op 'n langnaweek val. Sal 'n oop lab moet soek!!.

Friday, March 12, 2010

Suro-sus in die teater !


Oppad teater toe voor die ET


Tranedal!

What a day!!! Na ek wakker geword het met 'n huis vol mens, moes ons almal eers gespuit word. Liewe Luv het vir Suro-sus haar Gestone gespuit en sy was baie impress!! Eks is ook mal oor hom.

Toe is ons almal deur George toe vir my vriendin se begrafnis!! Ek en Suro-sus was fine maar toe ons in die kerk sit ,het die trane begin loop en nooit weer op gehou vir 2 ure nie. Moet se IVF hormone help ook nie juis nie, ne. Dis was so hartseer en ek het net weer besef hoe ongelooflike mense sy was. Sy was AMAZING!!!!! Ek kan nog steeds nie glo sy is nie meer daar nie.

..en toe is dit nog Liewe Luv se BdaY!!! En ons het eers 3 uur weer by die huis gekom, arme ding was die hele dag op sy eie. Ek sal beslis moet op maak vir die dag!!

Verder is ek so moeg soos nog iets... ek is baie slaap agter. Dis of ek moeg bly!!!

Thursday, March 11, 2010

ALL ABOARD!!!

Vanoggend was nice want ons hoef nie vroeg op te gestaan het nie, so die dg het heel rustig begin ons het 'n paar draai gemaak en tot is ons 12 uur kliniek toe. Ons moes vol blase he en moes 2 ure voor die tyd klaar piepie...gelukkig na jare ken ek al die wat werk vir my . So ons 2 het eers by die hospitaal gaan piepie voor ons aan melt en toe begin water drink anders was ons seker nou nog in die teater a.g.v. GEBARSTE BLASE.

Die kliniek was so rustig en omdat my dokter nie die week aan diens is nie en hy spesiaal vir ons moes in kom was daar niemand anders nie...lekker ons was spesiaal!!!!

Almal in teater was so nice en dit was beslis die mees relaxste terugplasing van my lewe dalk omdat hulle tyd gehad het en niemand oppad was om erens heen te jaag nie. Ons het fotos geneem , gelag dit was so nice.( sal later oor die naweek paar pics op sit)

Suro-Sus was eerste ( daar was 3 baie goeie embrios ek was so bly want op 'n kol was ek geworry) Hulle het toe die beste een by haar in gesit. Sy het dit so nice gevat en glad nie gedink dis so erg nie, you are magic!!! Ons almal was in die teater, ek en Luv ook. En toe is dit my beurt met 2 embrios.

Eks so bly dis verby al hoewel die dreadfull 2 week wait nou voor le. Gelukkig is ek baie besig op die oomblik. Vannaand was Suro-sus en my ma hulle hier , ons gaan more na 'n begrafnis. So daar was nie eers tyd om te dink aan wat vandag gebeur het nie.

Dis was so 'n blessed day gewees... maricles do happend... ek hoop nou vir 2 BFP!!!!!( big fat positive)

Wednesday, March 10, 2010

Wat 'n deur mekaar dag!

Vandag was my senuwees op wag tot 11 uur en toe is almal besig , kom eers half 1 deur na die suster en toe is ek al uit gefreakkkkkkkkkkkk!! Weet hulle nie hoe mens voel nie , jy kan nie wag nie. Elk geval die suster se toe daar is nou 3 oor. EEEEEEEEkkkkk come on embies!!

Maar die lab kyk nog eers of hulle dag 3 gaan terug plaas. Hulle sal my later bel.. EK voel of ek wil uit pass van stres. Na 'n uur besluit , fok dit ons betaal nie verniet 'n klomp geld nie ek bel nou.

Toe ontvangs optel en sy hoor dis ek, se sy ek sien jy is more op teater. Wattt en ek wag!! Elk geval so more half 1 meld ons aan en 1 uur gaan suro-sus in.

Dis toe dat my lewe oor gaan in over drive om als te pak reg te kry sodat ons kan terug jaag Kaap toe.

My senuwees is op dit voel of niks werk nie...seker maar die stress!!

Dink aan my ek het dit so NODIG!!!!

Tuesday, March 9, 2010

4 !!!

Het sopas met die suster aan diens gepraat en 4 van die 6 het bevrug! !! Eks so bly want om te bel is die aakligste,, jy is so bang hulle se niks het bevrug nie!! So more sal ons weer verder hoor eks nogal verlig!!

Eks bietjie seer en nog geswel en voel swak seker na die bloed verloor maar na my middag slapie sal ek weer hankie dorie wees!!

Suro-sus het die 2de Gestone agter die blad en haar gat is seer en blou en nou wil sy weet of ek dink sy gaan soos daai "blou-poepol-ape" lyk as sy klaar is. Sy het my aanbod van die aambei kussing van die hand gewys, hahhaahhaha.

My vriendin wat kanker het is toe gisteraand oorlede !! Ek kry haar familie uit my hart uit jammer en dink vreeslik aan hulle. Eks bly sy is verlos uit haar leiding wat so swaar was. Sy het so dapper probeer veg...en nooit gekla nie. JY WAS EEN VAN DIE AMAZINGSTE MENSE WAT EK KEN. Mense kan net leer by jou.


xxxx

Monday, March 8, 2010

Half dosyn eiers !

ER was vanoggend 8 uur en ons het 6 eiers!!!!!

Die naweek se troue was baie lekker en het beslis my aandag van die hele IVF af getrek ek was net tot die dood toe moeg. Saterdag was ons op na die troue en toe moes ons wakker bly tot 11 uur die aand vir my laaste inspuiting( ons was te bang ons verslaap, sal dit nou nie 'n geneuk wees nie) Toe gaan drink ons koffie by van die ander wat by die troue was en 11 uur toe my alarm af gaan meng en spuit Liewe Luv my. Hys baie trots want die mense waar ons gaan koffie drink het by was 2 Gynea's, 2 Narkotiseurs, Pediator en GP en hy het my gespuit!! Cool vir Dr. LUV!!

Oppad terug het ons 2 gaan fliek baie nice!! En vanoggend dou voor hoender kraai was ons weer oppad kliniek toe. Ek was so fine, somtyds voel dit soos my 2de huis , jy ken van die ontvangs, lab, narkotiseur tot tee-dames.

Lekker gechat tot ek op daai teater bed klim tot is ek so emosioneel!!!! en tot my dokter inkom toe bars ek uit in trane....WANT EKS GATVOL OM ELKE KEER TERUG TE WEES. Ek wil nie hier wees nie!!!!

Toe ek weer by kom vra almal hoekom bloei jy so het jy iets gedrink??? NEEE!!! want tydens die operasie het ek vreeslik begin bloei.

Hulle het 6 eiers gekry so more na 11 bel ek om te hoor hoeveel het bevrug !! Hou maar duim vas dat almal vat.

So toe hou ek nie weer op om te bloei nie...very bad memories...
Eks deur 3 pads terwyl ek nog by die kliniek was en oppad het ek geslaap en die volgende oomblik skrik ek wakker want ALS IS ONDER BLOED!! MY klere, die matras agter in die kar en dit loop net uit. Ons moes 2keer langs die pad stop en Liewe Luv moes nog pads by Caledon koop.

Ek het ge freak!! Gelukkig het dit nou gestop!!! Eks nogal geswel en baie seer , maar dis seker "part of the deal"

Suro-sus het vanoggend begin met haar Gestone inspuitings, ek kan net se sterkte as dit werk le daar nog 54 voor.

Friday, March 5, 2010

ER is Maandag!!

Kom nou net van die kliniek af ! Laaste scan wys daars 4 nice groot eiers so sal maar maandag moet sien hoeveel hulle kry. Toe ek 27 was en ek was vir my 1ste IVF het ek klompe eiers gehad maar nou kan ek sien op 36 is daar nie meer so baie eiers nie. Wys jou ek sal maar my kanse moet gebruik van nou af.

Maandag oggend moet ek 7uur daar wees en dan gaan ek teater toe. Ons goed het so lekker uit gewerk so ons is nou oppad see toe vir die troue.....LEKKKEERRRRR!!

Die dokter het gese omdat ek met daai Anti Stolings probleem sit , en die herhaalde miskrame mee sukkel. Is erg omdat hulle nie regtig al antwoorde daar voor het nie, dis iets wat in die toekoms eers antwoorde sal lewer. Ons hoop hierdie keer werk Clexanne.

Moreoggend spuit ons die laaste Menopur en more aand 11 uur spuit ons Cetrodide. hoop liewe LUV het nie te veel champagne gedrink op troue sodat hy darem kan dokter dokter speel.

Thursday, March 4, 2010

Als lyk op die oomblik goed!!

Was vanoggend weer vir 'n scan, was so vroeg daar die hekke was nog toe en toe lag ons eers. Want dis nou as jy bang is vir die verkeer!

Ek het nou 4 groot eiers en het vandag begin spuit om die grotes te stop so ons wag vir die paar kleintjies. Dr. is baie seker ons gaan Maandag uit haal, en dan gaan my dr kom ,dan is hy gelukkig klaar gefiets.

So more gaan ek weer en van daar af gaan ons Waenhuiskrans toe vir my vriendin se troue. Eks so bly ek kan dit maak.

Moet se die afgelope oggende was ons so vroeg wakker en Saterdag wat ek af het is dit 'n ...OGGEND TROUE!!! so die hele week is dit vroeg op vir my wat beslis nie 'n oggend mens is nie, is dit erg!

Verder voel ek goed. Suro-sus was vir haar sonar en haar lining is reg. Het lekker gelag toe ek sien die kamerjas van haar hang op die grond( sy is mos net 1,5m)

Het vanmiddag vir haar 'n GOODIE BAG gekoop vir al haar moeite!!! She is a STAR!!!

Sal eers weer Sondag op die blog wees!

Lekker naweek!

Wednesday, March 3, 2010

1st Scan agter die rug!

Was dou voor hoenderkraai al voor die kliniek, want dalk sit ons in die verkeer vas. En vanmiddag was ek OP. Het omtrent van 11 tot 3 geslaap en dis so nie ek nie, maar wat kan ek doen. Eks so MOEG!! moet se ek geniet dit nogal die slapies.

So op my regterkant het ek 2 groterige eiers wat baie nice is en die linker kant ok 2 wat kleiner is en klomp kleintjies. So more oggend is ek weer daar en dit lyk of ons dalk Maandag kan uit haal. Ek is nogal nou ongemaklik en effens seer, maar eks net so bly daars eiers. Hoe meer hoe beter. Suro-sus kry die beste 1 eier en ek die res!! Ek hoop daars om te vries ook, maar dit kon ek nog nooit reg kry nie. My eiers raak ook nou oud!!

Suro-sus gaan ook more saam vir haar sonar, sy is seker so opgewonde hoop ek. Hahahaha!

Die susters was vandag almal so opgewonde en almal is so positief soos al die kere te vore!!
So more is dit weer vroeg op al die kiddies uitsort en dan is ek, LUV en Suro-sus oppad!!!

Tuesday, March 2, 2010

Ons is oppad..dag 7.

Ek sit hier met baie emosies ...en ek sit met NIKS, ZILTS emosies. Dis nou confusing!!!!

Die een kant van kant van my is so opgewonde !!! soos ek in die laaste 2 jaar nie was nie. Ek is opgewonde om weer te kan IVF en SURO daarby is 'n bonus!! Dis so groot dat ek dit wil uitskree vanaf die hoogste berg, ek wil he ieder en elk moet weet hier van, my sussie gaan iets vir my doen wat ondenkbaar groot is. Dit is die grooste geskenk wat ek in my lewe sal kan kry ( of dit werk of nie) net om te kon aanbied om te doen is AMAZING!!!! LOVE YOU SUS!!!

MAAR dan skop die jarelange TTC ( trying to concieved) in, en dit maak my befok#$%$#%, want a.g.v. dit het ek geen emosies. Ek het vir niemand vertel nie ( behalwe dalk 5 mense) want ek weet dit het nie altyd die "happy ending" of die "fluit fluit die einde van die storie" effek nie.
Ek raak nie opgewonde nie, ek is nie bly nie, en dit maak my eintlik vies ,WANT oor iets fantasties!!! moet ek nou NIKS, dood, NUMB, bestaan ek nog ??gevoelings he...EN DIT PISS MY AF!!

Ek wil bly wees en vir almal wat ek ken of nie ken nie vertel van die wonderwerk, ek wil nie weer bang wees elke dag vir wat gebeur en my te moet regmaak vir teleurstellings nie...EN EK WIL NOOIT OOIT WEET BY MY HUIS IN KRAAM GAAN EN DAAR KRAAM NIE !! NOOIT!!!

SO my tasse is gepak.. wag dat LieweLUV moet klaar werk en dans dit Kaap toe. More oggend half 8 het ek 'n sonar by how ever, want my dokter ry fiets!! ( kom van jou fiets af, dr!! ek is oppad) en dan sal ons sien hoeveel follikels daar is, dis altyd interesant want dit voel die een oomblik soos 1 dan weer 10 (so tommorow we will see)

Ek het die keer die baie side-effects op Menopur nie, ek s net baie moeg!! wat 'n lekker side effect is.

Ek sal probeer om gereeld te up-date...MAY THIS STRORY HAVE A HAPPY ENDING XXX

Dankie vir almal wat aan my dink en vir my bid!