Thursday, December 24, 2009

Geseende Kersfees

Ja , ek kan dit skaars glo die einde van die jaar is hier!!!! Die tyd is altyd so deur mekaar, dis eintlik net 'n gejaag!!!

Eks besig om te pak, gaan na die skoon familie en hulle het alklaar gebel wanneer is ons daar vir ete.!!! Ek wou sommer dadelik begin kots het, want so begin my Kers naweek.. KOS...KOS....KOS dis. Al waar oor hulle lewens draai. Nie lekker saam kuier en net die lewe geniet nie, NEE kos en 'n gemoan oor als. STERKTE AAN MYSELF!!!!!

So aan almal mag dit vir julle 'n wonderlike tyd wees saam met familie wat julle koester, lief he en waardeer!!!!

..en 2010 gaan drome dalk bewaarheid word!!!!!!!

Sien julle in 2010!!!

xxxx

Monday, December 21, 2009

Had hierdie tyd

Die tyd van die jaar is vir my vreeslik, ek had dit. Dis familie tyd almal op vakansie besig met Kersbome, presente, see-pienieks, dinge saam doen bla, bla bla.....

...maar as jy nie kinders het is dit 'n aaklige lee, alleen tyd....

Saturday, December 19, 2009

Markie, Markie...

Vanoggend dou voor dag is ons deur Vleesbaai toe vir hulle Markie. Ek was 'n 'Virgin-verkoper"
en het nie juis geweet wat om te verwag nie en of die mense ooit my goed gaan koop nie. Maar dis altud nice om vir die eerste keer iets nuus te doen en die MENSE...

So half nege pak ek toe goed uit. Hoofsaaklik gaan ek Jodel lelie blomme verkoop en dan het ek nog groente en kruie plantjies, gift-tags en Kers kruise.
9hoo het die markie begin en net so voor nege verkoop ek my 1ste bos blomme ...en wat hierna volg was mind-blowing!!! Die mense raak mal, besirk, crazy. 9h15 was ek uit verkoop en die markie hou tot 14hoo aan. Ek dink ek kon 100 bosse blomme ook gehad het. So nou weet ek vir volgende jaar.

Moet se die sakgeld is altyd lekker vir die tyd van die jaar. Jare terug kon ek regtig niks verkoop nie maar deesdae verbaas my smous-vernuf my...

Thursday, December 17, 2009

WHATTTTTTTTT???

Today I have a client and she start talking about about her daughter who also suffer to get pregnant. She have a little kid who is 4 years old.

She tell me this because I suffer also...and then I knew I hate this, they always think there story is like yours, and then I want to flip out, freak out its like I want to shit in my pants!!!!

Her daughter starts treantment and I have see over the years, treatment can be anything like.
They have sex now more often.
Eating more healthy and all other shit.... and then the BIG ONE!!!!

The DR put then on PILLS !!!!! and you all know that is step one, its so simple I will not even mention it. You know pills that make eggs. And they tell it because they not sure if you have had something that bad...PILLS THAT MAKE EGGS!!!!!! wHOOOOOOOOOOO... ( You understand I want to shit in my pants)

And there where 2 eggs and they I have to have sex and the 2 eggs vanish. Nothing happend!!
and now her daughter dont want to do anything more she is FINISH!!! Its so bad!!!

and then I think.... I am glad you are finish with treatment, because...

What will you do IF the BIG IF.. you have to go for.

IUI..IVF...GIFT...NEEDLES...LOADS OF PILLS... INJECTION....TO SEE DR'S AND MORE DR'S...SITTING HOURS IN WAITING ROOMS... MISCARRIGE TIMES AFTER TIMES... GO INTO LABOUR AND LOST THE KIDS...YOU NEVER STOP BLEEDING...HOPE NEVER ENDS NO MATTER WHAT...EVERY ONE AROUND YOU HAVE KIDS...

you will never cope with this, you will end up in a "crazy house"

Treatment is not for the faint- hearted!!!!!

Saturday, December 12, 2009

OP 'n roll.....

Dis ek weer buite my self is net om te dink ons is weer op die-probeer-weer-altyd-aanhou-pad.

Ons wil sodra die jaar sy kop uit steek weer die kliniek se deur probeer deur trap!! Sus se siklus moet nou net met myne sinkroniseer, en whalla!!! dans dinge weer op dreef. Dit kan nou 1 tot 3 maande vat om als agter mekaar te kry. Maar ek sien kans, baie kans.

Die dokter se ok dat wat met ons laas gebeur het nog net 5 keer in 8 jaar by hulle gebeur het. Dat 2 blatosis al2 vat en 1 nog verdeel ook en dat dit 'n baie hoe risiko is en dat 3 van die ander hulle babas ook verloor het.

So weer eens BAD LUCK!!!!!!!!!!

Eks al so gat vol om altyd die 1 uit hoeveel 100000 te wees , maar ek hou aan glo!!!!!!!!

2010 is dalk net my jaar!!!!

Wednesday, December 9, 2009

Dr's Afspraak

Gister was nogal vir my emosioneel uitputtend!!! Het gister aand 7 uur by die huis gestop en 9 uur gaan slaap die vroegste vir my in die laaste 5 jaar.

Ek dink net om elke keer deur die deure van die Infertiliteits kliniek te stap piss-me-off!! Ek het saam met hulle geskuif na die perseel waar hulle nou is , sien die elke 3 jaar dekor veranderinge, sien die nuwe "staff-changing" en elke keer wonder ek wanneer gaan dit die laaste keer wees???

Ons het so vroeg op gestaan om betyds te wees vir die vroee afspraak en suster en die baba van 4 maande was almal saam. Ek het die baba so jammer gekry wat "dou-voor-hoender-kraai' uit haar cot gepluk moes word, vir die ekspedisie. Maar suster is 'n held!

Ek mos weer vertel wat verkeerd gegaan het met die 2ling en dit freak my uit ( en die ergste die Dr weet nie eers dit het by die huis gebeur nie, ek was te laat vir die hospitaal)

Ons het toe almal die uwe EK, Liewe LUV, SUSTER en die BABA + DR ( what a happy groupie)
Dr het verduidelik, ons het vrae gevra, prosudures is verduidelik ens ens ens ens....

So nou moet ons sien wat gebeur dinge kan dalk vinnger gebeur as wat ons dink dalk volgende jaar se begin.

As ons finaal besluit...gaan hulle IVF doen en dan embrios in Sussie en in my sit om 'n groter kans te hê. Eks opgewonde en moerse bang en ek kan nie dink my sussie wil deur al die kak gaan vir ons nie.

Emosioneel is ek OP!!!!!!

Friday, December 4, 2009

Is oppad

Ek oppad Kaap toe tot Dinsdag!! My man skryf sy laaste vak, dankie tog!! ( Dis so moeilik om heeltyd stil in die huis te wees)

Eks eintlik al gat vol vir die Kaap , maar nou wel, veral die tyd van die jaar.

Dinsdag sien ek my dokter om als te bespreek, eks opgewonde!!!! en gatvol vir die "never-ending-story" of my life.

Ek hoop as ek weer hier post het ek 'n toekoms plan agter mekaar.

Mooi bly en geniet die naweek!!!

Thursday, December 3, 2009

Mal soos 'n haas

Dis gebeur elke jaar..jaar na jaar. Ek hana hana kry niks klaar nie , het 1000de planne. En dan Desember raak ek

SO MAL SOOS 'N HAAS, gaan tekere soo 'n afkop-hoender, buite myself en act soos iemand op Red Bull ( ek kan nie waag om ooit 'n Red Bul te drink nie dan slaap ek vir 3 dae aan een nie).

Nou skuur ek planke vir rakke in my kombuis, want dit moet nou op ( volgende jaar sal ook goed wees - maar nou moet dit klaar)
Ek spring clean my huis van bo tot onder, links na regs op my eie ( het nie hulp nie)
Ruk my tuin uit mekaar... begin kruie en groente tuine ( Desember vrek als maar net weer)
Besluit dat ek beslis meer geel vark blomme moet teel want ek kan dit verkoop almal soek dit.
Maak my eie gift tags vir geskenke ( wonder of mense dit ooit waardeer)
Verf vir my sussie se kiddies se kamer skliderye ( het die hele jaar tyd gehad maar doen dit nou eers)
Probeer om by al my vriendinne uit te kom vir tee of wyn.
As iemand vra kan jy my help dan is dit voor ek dink, want ek doen mos als voor ek dink...Ja natuurlik!!! net om my eie gat te wil skop want ek het nie TYD nie.

Hoekom doen ek dit aan myself???? want ek so mal soos 'n haas...

Tuesday, December 1, 2009

Kan dit wees??

Kan nie glo dis die 1 Desember nie, kon die jaar so vinnig gevlieg het?? Lyk my so. Ek het deur 'n 2 jaar dip gegaan - waarin ek net mooi niks gedoen, zero, nul gedoen het. Dis of ek net mooi geen inspirasie gehad het nie.

...en ewe skielik kan ek skaars slaap, want daar is 100de dinge en idees wat ek nou wil en gaan doen. Dis of daar te min tyd is en die tyd van die jaar is daar net te baie dinge aan te gang.

Ek het ook altyd die vriendinne wat altyd iets by hulle huis gedoen wil he. So gisteraand kom ek by een aan en sy is so bly eks daar want sy het net die werk vir my. Dankie tog , dis nie weer 'n bank of muur wat ek moet verf nie. So 9 uur gitseraand hardloop ek op haar kombuis kaste rond om gedigte teen haar muur te kry. Sy is so impress!! en ek dink by myself.... dis weer tyd om aandag aan jou eie huis te gee!!!

Ek dink ook eks besig om myself baie besig te hou, want Maandag sien ek Dr.S en eks te bang om aan die afspraak te dink....dalk moet ek begin met my lysie met al die vrae!!!!