Tuesday, June 29, 2010

Endimetriose...

Endometriose is een van daai dinge wat vrouens kry, ( weereens 'n women-thing) wat 'n rol speel as jy kids wil he. Dit het 'n invloed op dinge!!!

Al hoe jy weet jy het dit , is as jy was vir 'n laporoskopie. Maar ek het ook agter gekom dis een van die dinge wat blykbaar almal het, want elkeen dink mos sy periods is die ergste en daar is dokters wat as jy by hulle kom en se jou periods is erg dan het jy ENDOMETRIOSE!!!!! en jy gaan sukkel. As ek eers sulke crack hoor wil ek crack.

want ek ken hoeveel vrouens wat se ja my baba is 'n wonderwerk, want my dokter het jare terug gese ek gaan sukkel as ek ooit kinders wil he, want ek het ENDOMETRIOSE!!! en dan sit hulle met hulle 3 de kind. Dis nou sukkel en dan het hulle nie 'n maand gesukkel nie, maar dokter het gese!!

Dan vra ek altyd was jy vir 'n laporoskopie???? Nee, nou hoe weet jy , jy het dit????DOKTER HET GESE!!!! So nee jy het dit nie gehad nie!!!! Dokter wou jou laate beter voel omdat jy 'n moan gat is!!!!

Ek het dit erg gehad en het dit so 6 jaar terug laat laser na hulle gesien het ek dit met 'n laporoskopie. So ek was in vir die op met laser.

Endo kan soms terug keer ,wat baie keer gebeur. Ek het al so baie gewonder of dit weer terug is, maar gaan beslis nie net gaan vir 'n lapo. nie net om te sien nie. Eks nie so mal oor teaters nie.
Ek het vemoed dis nie terug nie...

Ek vra toe my dokter na die buis-stories hoe lyk dit binne??? met die endo

...en raai wat daar was niks!!!!!!!! net 'n klien kolletjie op die buis wat nou verwyder is!!!
Ek dink dis wonderlik!!!!!! Lyk my , my dokter het 'n great job gedoen 6 jaar terug!!!!

1 comment:

  1. Ja, ek ken mense met "endo" wat nie eers 'n gynie, wat nog te sê 'n FS gaan sien het om swanger te raak nie, en dan het hulle dit "baie erg" gehad. En ek sukkel nou al amper 11 jaar met graad 2 endo...

    Ek's bly jou endo is nog nie terug nie, darem so 'n bietjie goeie nuus!

    ReplyDelete