Tuesday, June 8, 2010

Die res van die naweek..

Ons wag vir die drawwers van die 10km.
By Viljoensdrif by die Wacky wine.


Die 30 ste Bday party!!!!

Ons is toe na ek ontslaan is, gou by die huis aan en ry toe na my ma hulle toe. Ek het my maag met kussings vas ge-safety-belt sodat dit nie skud nie.. en ek het geslaap. Ek het net nie kans gesien om by die huis te bly en te le nie. Dit sou my so GE-DEPRO!!! Ten miste was daar die naweek ander geselskap en daar het hele tyd goed gebeur. Gister was my 1 ste dag alleen by die huis en toe DEPRO ek nou vir jou. Het myself baie jammer gekry!!! want dit was die eerste keer wat als begin insink het... gelukkig die middag was hier heeltyd mense, toe is dit beter. Ek was so bly ons was die naweek weg!!!






Ek het nie veel beteken nie, het maar net gesit want my rug raak seer van die le. En beweeg teen die spoed van 'n ouma-skilpad....stadig!!! Die ergtse ek kon glad nie die kiddies op tel nie ook nie my broer se nuwe dogtertjie nie wat ek vir die 1ste keer gesien het nie. Suro-sus se oudtse het juis gese sy is nie lief vir my nie!! ek vermoed dis omdat ek nie aandag kon gee nie.






So vrydagaand was Broer se 30 ste dress-up party.. baie lekker ,ek het maar soos 'n ouma gegaan want dis presies hoe ek gevoel het. Ek kon nie juis al die stops uit ruk soos gewoontlik nie.






Elke jaar met die Wacky Wine naweek kom die 10km draf by my ma hulle se huis verby en dan hardloop ons gewoontlik of cheer vir die res en die jaar ook..ek wel daar met my PJ'S.






en toe is ons Wacky toe, ek was beslis die "bad-dress-person" van die fees want ek was daar met 'n sweetpak oor my geswelde maag. Terwyl almal ge- wyn het ek GE-KOFFIE!!






Verder het ek gele en gelag.. dit was regtig lekker!!!!

1 comment:

  1. Dit help soms om besig te bly nê? Maar laat jouself toe om deur die emosies te gaan - dis wel erg en glad nie lekker nie, maar jy moet dit een of ander stadium verwerk, nou of later... Moenie skuldig daaroor voel nie.

    Sterkte verder, ek dink elke dag aan jou - dit is verskriklik onregverdig wat jy alles tot nou toe moes deurgaan... Jy en Luv is in my gebede en ek hoop julle word gou genoeg genees (liggaamlik en geestelik) dat julle kan voortgaan met die surro IVF en dat dit uiteindelik suksesvol vir julle sal wees! Jy verdien jou babatjies!

    ReplyDelete