Wednesday, July 14, 2010

Negatief gaan jou nerens bring!!!

...en dis 'n feit!!!! 'n Negatiewe pregnancy test bring jou nerens!!!! Negatiewe mense bring jou nerens...als wat negatief bring jou net mooi nerens...

dis hoekom ek so gou as moontlik myself verwyder van enige iets wat negatief is, dit maak my siek!!!.

af en toe kom ek by geleenthede wat my uitfreak omdat dit so negatief is. Gister was so dag ek het die aand by die huis aan gekom met 'n moerse hoofpyn omdat ek sonder dat ek wou ,moes luister na 'n negatiewe DROL!!!!!

Als wat uit hulle mond kom, en ek bedoel ABSOLUUT ALS!!! is negatief en lelik. Ek kan die dink jy kry sulkes nie, en jy kry.

en jy kan maar kyk sulke mense het mos GEEN vriende nie, want wie wil met hulle vriende wees, hulle is met almal mislik en jaloers op als en iedere een. Hoe is als vir jou altyd sleg????

In my lewe is daar ook BAIE sleg maar ek "over rule" dit met als wat lekker en nice is en dan op die ou einde lewe jy net vir die lekker en vat die sleg met 'n knippie sout.

WANT: as jy koud kry...is daar mense wat kouer kry want hulle het nie komberse of klere nie.
as jy siek voel is daar mense wat besig is om dood te gaan en nie moan nie.
as jy niks wil doen nie....is daar mense wat in rolstoele sit en wens hulle kon iets doen.

Die lewe is so kort en eks so bang ek gaan nooit als gedoen kry wat ek nog wil nie, want die lewe is wat jyself daar van maak. As iets nie vir jou lekker is nie, gaan sit en dink wat kan jy daar aan doen om dit nice te maak...

...NET JYSELF KAN 'N VERSKIL AAN JOU LEWE MAAK, NET JY!!!!

2 comments:

  1. Liewe vriendin Cstelle,
    Inderdaad, negatief bring jou nêrens. Jy het jou gedagtes so goed verwoord!
    Kyk in my blog daar is vandag 'n Aandag spesiaal vir jou!
    Baie Kisses, heel veel liefs,
    Nadja
    xxxxxxxx
    <3<3<3

    ReplyDelete
  2. liewe Natja!!!!

    dankie vir my oulike foto op jou Blog!!

    Jy is spesiaal!!!
    Cstelle
    xxx

    ReplyDelete