Monday, August 2, 2010

Ek's weer terug

Het so baie verskillende goed gedoen dat dit voel of so baie gebeur het....

See was soos vakansie, en die Kaap was heerlik... Donderdag terwyl ek vir Luv wag tot 4 uur toe. Besluit ek om te gaan vir 'n massage. Ek het die plek al lank terug gesien in 'n mall. Dis Thai-gilrs wat die massages doen. Ons was so paar jaar terug in Thai land en dit kan ek julle se hulle is goed. So omdat ek so baie met my rug sukkel wat baie styf en vol knoppe is, gaan ek toe. Wat 'n belewenis!! hulle kry elke liewe knoppe uit en min kry dit gedoen. Dit het soos oorlog op my rug gegaan ek was amper dood!!!!! maar al die knoppe was weg dis fantasties!!!

Ons is die aand na ander pelle toe en daar aan gekom vra ek waar is sy vrou?? Pelle van Luv. Hulle is geskei.. wat 'n skok. Hulle kon ook nie kinders he nie, en het by mekaar verby begin leef! Dit was vir my so erg!! hulle is so 'n ongelooflike couple. Daar is so baie huwelike wat IF nie maak nie. Eks sommer af gepiss!!

Volgende dag wil Luv toe ok gaan vir die Thai massage en reflex. So ons 2 is nou sonder knoppe en het net geknuisde rue oor.... eks spyt ons is nie nader nie. Dit sal wonders vir my rug doen!!!

Sondag het my broer gedoop, dope is maar vrek vervelig, almal eet hulle mos maar net oor 'n mik.

Het ons laaste hof papiere onder EED geteken sondag hulle wou nog he ons moes dit eers lees, maar hulle kon seker sien die gemoedere loop hoog en ons het dadelik geteken. Die nonsens vat nou al eeue en ek raak net al hoe meer van my kop af!!!

3 comments:

  1. Liewe vriendin Cstelle,
    Baie goed. Ek het hierdie Voormiddag geen tyd, sal jy môre nog skryf.
    Baaie kisses en groetjes uit die verregende Vlaanderen,
    Nadja
    <3<3<3
    xxxxxxxxxxxxxxxxxx

    ReplyDelete
  2. Dit is great om te sien jy is terug! Ek kan net dink dat dinge vir julle nou al baie uitgerek voel. Ek hoop alles werk sommer vinning in julle guns

    ReplyDelete
  3. Liewe Cstelle,
    Hier is die beloofde briefje van my. Jy beleef heel wat die laaste tyd. My raad: niks forceren, geweld help ook nie. Ek bid verder vir jou.
    Ek moes eens opsoek wat jy met "Thai Massage" bedoel. Die artikel van Wikipedia het me voorgelicht. Want by Thai "massage" dink mens tog eers aan Erotische massages deur die klein vrouwtjes! Bly verder gesond, vermy opwinding en stres, het kom almal goed.
    Gister was ons 'n dag in Oostende (aan die Noordsee) en omgewing, die het ons goed gedoen.
    Baie Kisses en baie hartlike groet,
    Nadja
    xxxxxxxxxxxxxxxxxx

    ReplyDelete