Wednesday, July 21, 2010

Die stof is van my tekkies af...


Maandag het ek toe begin oefen, die verwery was Maandag se oefen, Dinsdag het ek gaan stap en langs die pad gestop en tee gedrink ( dit was nie bepaln nie)...so vandag is alle grappies op 'n stokkie en moet ek seker BEGIN OEFEN. Ek het vir myself so baie toekoms-drome oor fiks wees en goed voel.... maar ek sien net nie die einde nie.
My in gedagtes is emmers vol sjokolades, koeke en terte wat smeek om geeet te word...take a ways...... wortel en broccoli is nie juis op my lysie nie. Maar alle grappies op my stokkie....ek dink dis tyd....vir die tekkies.
Eks ook weer op my slaap -glad-nie-vir- weke!!! het gisteraand eers 4uur aan die slaap geraak( die vorige aand 3uur, die aand voor die half 4 ens ens ens..) ek kan gil. Eks weer Hiper en ek had dit!! eks net nie moeg nie!!!!! ek dink dis die hofsaak-stront wat nie na 'n punt toe gaan nie en nou kan my brein nie af skakel nie.
'n Vriendin gaan vanoggend vir haar terugplasing.....Ek dink aan jou!!!!
Ek sal ongelukkig moet gaan julle, die treatmill roep al hoe harder!!!

2 comments:

  1. Liewe Cstelle,
    So 'n snoepster is jy? Ek ook! Ek het ook geen boodskap aan dieet. Slaapuren het ek genoeg en te veel!
    En geluk met jou nuwe layout, 't is baie mooier as!
    Baaie kisses uit die superhete Vlaanderen (maar môre sou dit reën en miskien ook onweer gee),
    Nadja

    xxxxxxxxxxxxxxx

    ReplyDelete
  2. Nadja, ek sien op die TV dis so warm daar by julle, miskien moet jy in jou swembroek rondloop!!!, grappie!

    Geniet die lekker eet, ons leef net een keer!

    Love and kisses!
    C

    ReplyDelete