Thursday, May 20, 2010

Plan nommer ?????

Ek het 2dae nou weer weg gewerk en het vannaand weer terug gekom. Die lekkerste van die weg werk is die nuwe stories en die verskeidenheid kos wat ek daar kon koop. As ek so ry is dit my dink-tyd, my beplan-tyd, my huil-tyd, my sing-kliphard-tyd dis my-tyd!!!!

en so het die 100ste 1000ste plan weer deur my kop gemaal... en ek het finaal besluit!!!! al moet ons van ons goed verkoop maar nou gaan ons weer met nuwe ywer begin en ek gaan nie op hou nie. Vir die volgende 3 jaar gaan ek nou net IVF tot ek 'n baba het!! en dis op die oomblik(my planne verander gouer as die weer) wat ek gaan doen. Liewe Luv stem saam, jippee!!!!

Ons sukkel met die suro-wet-snert omdat so min mense dit nog gedoen het en die wet nog net 1 en half maand oud is. So niemand weet juis wat nie. Soos die een deur toe gaan , gaan die ander oop!! Ek hoop om antwoorde binne die volgende 2 weke te he!! hou duim vas julle!.

Die girl wat ek ontmoet het die dag met my ER gaan Vrydag weer gaan vir haar 2de ICSI en ek hoop regtig met my hele hart dis haar keer.
'n Ander vriendin se ICSI siklus is weer gekanseleer en toe doen hulle 'n IUI gister, ek hou vir haar net duimvas !!! Mense weet nooit wanneer dit jou gelukkige keer gaan wees nie. Mag dit julle 2 se beurt wees.

1 comment:

  1. Dis so waar, mens weet net nooit wanneer dit jou beurt is nie, en elke keer bid en glo jy dis jou kans.

    Baie sterkte met die suro-wet, ek hoop jy kom vinnig reg

    ReplyDelete