Sunday, September 5, 2010

Uiteindelik!!!!!

Goeie nuus "at last" ons het 'n hof datum so binne kort sal ons kan voort gaan met ons 2de Suro probeer slag!!! Ek's uit my vel. Dit voel of 'n jaar op gemors is van wag.... and the clock did not stop ticking......

Emosioneel en fisies is ek besig om myself reg te kry. Dit voel net elke keer dat ek my beste moet gee met elke probeer slag. So die week wat verby was het ek NIKS ( kan jy glo) verkeerd geeet nie!!!!! Ja niks!!!! en ek het elke dag tussen 4tot 5km gehardloop. En ek voel goed!!!!! bitterlik goed!!!!! Ek wil baie graag nog 3kg af val die September maand, ek moet net!! en ek moet reg eet om te kyk dat ek die beste eiers ooit maak!!!!!

Dis nie grappies nie, en elke 2de poepol op straat weet mos deesdae van Surogate!! want dis mos in elke 2de tydskrif. Dit klink so rooskleurig, en opwindend!!!! as jy sukkel kry 1 en jou kinderlose jare is agter die blad!!!! Vir my is dit emosioneel,maar dink iemand ooit aan die Suro?????

Ja , sy het gese sy gaan dit vir jou doen, maar vir haar is dit ook emsioneel, baie!!! sy het ook 'n gewone lewe wat aan gaan, weet almal van al die opofferings wat sy en haar gesin moet maak???
Weet mense van die inspuitings wat sy moet kry vir jou droom???? Besef die tydskrif leser sy gaan ook deur 'n 2ww?? dat dit vir haar ook net so groot teleurstelling is as die uitslag negatief is??

So ons is 2 persone wat hier deur gaan..en ek wens met my hele hart dat die keer suksesvol sal wees, ek is ook al moeg gestap aan die pad wat ek op is. Eintlik is ek al so moeg ek dink nie eers ek besef ek is nog op die pad nie.

Ek stap maar net sonder ophou....en hoop daar gaan 'n einde wees EENDAG...

1 comment:

  1. Ek is so bly dat julle al 'n stappie nader is. Jy is baie gelukkig om iemand so naby aan jou te he wat vir jou Suro, en dit moet vir altwee van julle 'n baie moeilike tyd wees.

    Hou moed dames! Ek glo en vertrou hierdie padjie wat julle saam stap is die pad na sukses.

    Baie sterkte

    ReplyDelete