Sunday, February 28, 2010

Dag 5

Hierdie is vir my die heel verveligste van die hele IVF-proses. Spuit drink jou pille...Spuit drink jou pille...Spuit drink jou pille... ek wil he dit moet dag 8 wees sodat ek deur die kliniek deure kan bars ,opgewonde( ek dink almal sug al as hulle my sien "hiers sy weer" ) om te kan sien hoeveel eiers het ek.

Want as die 1ste "dildo-stick" sonar gedoen is weet ek dinge gaan nou gebeur!!!! Opwindende dinge!! en die keer baie, baie spesiale dinge. Vrydag gaan ek en SURO-SUS saam vir 'n sonar en ek weet voor my siel ons gaan lag !! want so tyd is al mos snaaks!!

OP die oomblik is ek net besig om myself vol HORMONES te pomp!! Hoop nie ek gaan soos laas oor als tjank nie, want die laaste keer het ek gehuil oor absolute stront soos die hasie wat dood gery is langs die pad ( ek hou nie van diere nie, ek gril vir hulle hare!!) as iemand wyn in sy glas gooi ( ek skaam my) maar dit het gebeur.Ek het voor groepe mense getjank!!!! So ek wag "come on MENOPUR kick me in the ass"

My dieetkundige het ge se ek moet probeer om nie op te tel nie, dit gaan moeilik wees met die "horror medicine" maar ek moet probeer. Ek gaan my als gee, want laas het ek soos OROS gelyk...wat dan 2 jaar vergeet het om sy pak uit te trek.

Vannaand gaan ek al begin om my tasse te pak vir die week in die Kaap sodat ek nie weer Dinsdag middag soos 'n af-kop-hoender rond hol nie.

..nou gaan ek slaap om een of ander rede bly ek moeg !! Is dit dalk die follies wat groei???

Friday, February 26, 2010

..en so begin die gespuit...

Eks glad nie oggend mens nie maar vanoggend was ek dou voor hoender kraai op en kon nie wag om te spuit 7h40. Met my 1ste probeer slag onthou ek nog goed hoe ongelooflik bang en was vir 'n inspuiting ek moes le om nie uit gepass nie, dit het ure geneem, ek was uit geslaan met koue sweet, ek was naar, ek moes eers sit na die tyd .

En nou is dit om dorp toe te gaan vir my meer moeite as dit. Ek kan amper my graad kry in "nursing" ???

So nou moet my eiers groei...groei...groei. Dis mos altyd die vraag hoeveel gaan ons die keer oes???

Kan nou nie meer wag om Kaap toe te gaan nie, veral om SURO-SUS se 2kies te sien nie ek verlang my dood na hulle en nou gaan ek hulle vir 'n week lank sien!!

Thursday, February 25, 2010

Eks opgewonde!!

Ek kan nie glo hoe opgewonde ek is nie... ek was bang die afgelope 3 maande, maar nous ek uit my vel uit. Ek kan nie wag om more te begin spuit nie!! ( moet se kan nie glo ek sien daarna uit nie) moet myself amper keer om nie nou al die spuit te begin meng nie. EKS SO OPGEWONDE!!

Ek weet daar moet nog baie water in die see loop voor enige iets om oor opgewonde te raak , maar dink nie die pret wat ons gaan he as ek en SURO-SUS preggies gaan wees. ( kan dit nie maar GROOT ASB so wees nie) Binne 3 weke van nou af sal ons weet.

Ek weet ook nou al na 9 jaar en baie miskrame dat dinge nie altyd uit werk soos jy dink nie, en in my agterkop weet ek "stop girl" moenie nou al die donkie voor die kar span nie.

...maar een of ander tyd moet ek mos 'n "luck strike" !!! tenminste gaan ek en SURO-SUS jare hierna nog baie kan chat oor ons "journey"

Wednesday, February 24, 2010

DAY 1 !!!

Jippee!!!!!!!!!! het nooit gedink ek sal so bly wees as my periods op daag nie. Eks uit my veluit( kan jy glo oor dit??) Ekwas so bang dat dit die keer weer wegbly en nie wil kom nie, want as jy mos wil he dit moet kom dan speel dit mos die"disapearing act"

Maar gisteraand het ek dit vermoed en vanoggend toe ek opstaan WHOOLA!! So ek het die kliniek gebel en wag nou soos in "as from this moment" vir hulle oproep om alles te bespreek.

So volgende Woensdag is dit dag 8 se sonar en nou wil ek net begin!!!! ek vermoed SURO-SUS ook want die se maag is seker soos 'n gieter gespuit van die Lucrin. In die middel van als trou my beste skoolvriendin volgende Saterdag en ek doen die make-up, hoop regtig nie 'n sonar val op daai Saterdag nie, sal maar moet sien.

Gister was nogal 'n emosionele dag , ek het by my vriendin gaan kuier wat so siek is van die kanker... ek hou nie van sulke goed nie maar dis net of ek moes gaan en ek het al geleer was jy iets wil doen , doen dit NOU. Anders is jy later spyt.

Ek het sommer net gechat en haar hande gemaseer, daars nie veel wat mens anders kan doen nie en sy het dit so waardeer. Sy is so moeg en swak....dit was so hartseer om te sien hoe sy nou lyk en ek het so gesukkel om nie in trane uit te bars voor haar en die familie nie. Sy is so sterk !!! en sy kla net nooit !!!Sy is eintlik AMAZING!!!!!!!!!!!!!!!! Toe ek daar weg ry het ek getjank tot by die huis.

Monday, February 22, 2010

Hoekom is ek bang???

In die verlede was my hoogte punt gewoontlik om vir 'n IVF te kon gaan. Dis heavy stuff en eks in die "run for maybe-a-baby" Tussen my en Luv is dit soms 'n storie om te besluit ons is reg, want as die 1 reg is is die ander 1 nie. Maar nou na die 2ling is ek parranoid!!!!

Dis so erg dat ek my glad nie self ken nie. My rug het 2 weke terug in 'n spasma in getrek en daarna het ek 24/7 hier die vreeslike hoofpyne en dis van STRES en ek had daai woord.

en hierdie keer moet eintlik die heel niceste een van almal wees want:

# Ons het 2kanse ( ek en Suro-sus) dis so half 2 vir die prys van 1.
# Daar moet eintlik geen druk op my wees nie, MAAR DAAR IS!!

Waar voor is ek dan bang???

# Eks bang dit werk nie!!!!
# Eks bang vir dit waar deur Suro-sus moet gaan. ( ek weet hoe erg dit is)
# Eks bang ek bars in trane uit as iemand net na my kyk
# Eks bang om swanger te wees en weer vir 10 weke te bloei.
# Eks bang om swanger te wees en weer by my huis die baba te verloor
# Eks bang vir dokters wat se "JAMMER"

EKS PLAIN NET MOERSE BANG !!!

Ek weet ek moet myself nou reg ruk, ek wil op my beste hier deur gaan..maar nou raak die tyd min en my kop is aan flarde....miskien is dit net senuwees???

Sunday, February 21, 2010

Still waiting...

So AF nog steeds missing in action!!!! Dis moet eers by Woensdag kom , maar toe veras my, please. Eks nou gatvol!!!.

Gelukkig was die naweek so vol dat dat daar nie juis tyd was om daar aan te dink nie ( ja ek weet ek jok!!)

Vrydag was ons die aand skou toe klomp snert vir Suro-sus se kiddies gekoop, (die goed se batterye klaar pap gespeel )en daarna het ons gaan steak eet. Dis een van die dorpse groot events...DIE SKOU.. dis eintlik so boring 4 perde 3 skape en 1 koei...hahhaha. Wat lekker is, is almal is daar so ons het lekker gekuier en baie gelag veral na dat 1 ou se steak op my voete geval het en die ander een op sy jean.

Saterdag was 'n dag by die see en koffie en slaai in die niceste plek heel toevallige daar op af gekom. Baie griekeland-agtig!!

.. en vandag was dit DVD's en so is die naweek op 'n einde, agge nee!!

Thursday, February 18, 2010

Langste maand van my lewe

Gister was baie lekker gewees, ek luv mense om my en ons het so lekker gekuier. Daar was natuurlik die een of 2 wat weer net stront gepraat het soos ek vermoed het maar die res was cool en ek het lekker prezzies gekry.

Ek het so baie geeet voel of ek kan ontplof!! sal seker maar van nou af moet briek aan draai.

Van af Suro-sus begin spuit het voel nou al vir my soos 3 eeue terug dis of die maand nie verby kom nie. Elke dag sleep met die spoed van slakke op drugs verby..... dit kom nie verby nie !!! Kan nie glo ek sou ooit uit gesien het na AF om te begin nie. Dis al wat slegs is omdat ek nie weet wat my dag 1 gaan wees nie want dit maak als net meer in beheer!! en mens weet dan hoe om te beplan.

OP die oomblik sit ek soos 'n "sitting duck" want bang is vir die ontploffing!!!

Wat my gister in 'n totale migraine in gekry het ( dankie vir Myprodols) was almal se "hang- hondjie-foeitog-ek kry jou so jammer" gesigte as hulle die volgende se.

BAIE GELUK MET JOU VERJAARDAG!!!! EK HOOP REGTIG DIE JAAR GAAN 'N JAAR WEES WAAR AL JOU DROME WAAR WORD EN WONDERWERKE GEBEUR!
Hulle dink seker elke keer kry tog net jou baba dat ons nie so sleg voel as ons kinders sonder maniere jou huis totaal vernietig nie !! Ek had dit as iemand my jammer kry!!!

Wednesday, February 17, 2010

HaPpY B-DaY!!!!


Eks altyd op gewonde oor my verjaarsdag!!!! SO vandag gaan ek absoluut niks doen nie en net die dag geniet!!!!
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Tuesday, February 16, 2010

35 turning 36!!!!

Vandag is my laaste dag van 35... en snaaks genoeg hoe jy oor dinge dink. Jare terug was die lewe net een groot jol van A tot Z geen bekomernisse als werk presies uit soos JY dit wil he!! ( moet se myne nou nie altyd reg nie maar nou wel)

Jare terug het ek gedink op 36 sit ek met 'n huis vol kinders waar van die 1ste al in die skool is. Ek gaan nou op 36 langs die sport velde sit, kinder parties hou en na toe gaan, aande slaaptyd stories lees. Vir my verjaardag gaan my kiddies my bederf met briefies met verkeerde spelling en lekker mamma- drukkies!!

Maar NEE hier is ek nou amper 36 met GEEN kinders!!!! Niks briefies, niks drukkies!! En 36 begin nou meer na bejaard klink as na tiener, en my IF-jare begin nou tel elkeen is so baie werd want hulle raak nou baie min.

Ek sal al die orige cupcakes self moet op eet, hiers nie kinders wat dit gaan verorber nie... en more middag as al my vriendinne kom koek en tee gaan EK DIE B-DAY GIRL!!! moet sit en luister na hulle gemoan oor hulle kinders.

Hoe erg dit is om kiddies te he ( hulle sin is mos by die verkeerde adres af gelaai)
Hoe duur als is ( hulle sin het mos met 'n moerse rekening by hul huis aan gekom)
Hoe slim die een se kind is ( en dan as jy hom vra " waar is jou ogies...dan wys hy sy magie" so oulik mamma se seuntjie)
Moet ook nie die een vergeet wat gaan kraam oor 2 dae nie ( ergste ervarings ooit)

en ek gaan op die banke se reelings sit en GLIMLAG!!! sulke oulike kinder- storikies mamma!

Wonder as ek moet vertel oor my SURO/IVF dan begin almal seker bid en bel dominee, want hoe kry iemand anders dan jou kind.

HET JULLE DAN NIE SEKS NIE??????

Ek sit op die oomblik so gereed soos 'n Micheal met sy Ferrarie in die weg springblokke en wag vir die reis van my lewe. Hoop net nie Micheal kom sonder die kar by die einde aan nie.

Monday, February 15, 2010

Maandag!!!

Vanoggend het ek op gestaan met 1000 de dinge op my lysie. Ek begin nou rond skarrel soos 'n beer wat gaan begin hiberneer. Ek wil nou my huis springclean en als wat gedoen moet word reg kry vir wannneer die SURO/IVF begin sodat niks by aandag af trek nie( I wish) !!!

As ek my aandag wil af he van iets gaan ek mos aan die verf!!! MALKOP!! So ek wil nou in die snikhete somers Februarie dag my buite huis muur gaan polifilla en dan begin verf. Ek wag nou al 2 jaar om dit te doen en nou wil ek!! Hoekom wonder ek??? en die hormone het nog nie eers begin in skop nie!!!

Na die verf gaan ek my huis tackle!!

Eintlik sit ek nou net in spanning en wag..... en wag..... en wag vir my PERIODS!!!!!!

Sunday, February 14, 2010

Hello, eks weer hier!

Ek was vir 'n helfte van die week weg!! Het gewerk en toe het Liewe Luv kurses aan gehad en ek het net gekuier en geeet!! MMMMMMMMMMMmmmmm

Altyd lekker om weer by ander restuarante uit te kom, want hier waar ek nou bly is net die WIMPY Whola!!!!!

Saam met ons was 'n vriendin, wat saam met my man werk en sy het nou laas week besef sy is swanger en laat bloed trek omdat sy sukkel om te ovuleer is sy nie seker hoe ver sy is nie, haar BETA is 52 000 en kan jy glo die idoot van 'n plaaslike dokter het vir haar gese hy dink sy is so 4 dalk 5 weke swanger! Ek se toe vir haar daar is nie 'n kans nie. Dis nou as jy op 'n klein dorpie sit en die een hoender dink hy is slimmer as die ander hoender!!!

Ek begin nou self uit sien dat die Suro/IVF begin dit voel of die tyd nie verby gaan nie. Suro sus het laat weet dat ek moet laai wiel want dit gee haar nie meer 'n adrenalien rush die inspuitings nie en dat sy wil aan beweeg- ons sal sien as die heavy-cor stuff begin of sy nog uit sien!!!!

Dis my verjaardag Woensdag en ek voel ek kan nie dink nie en nou vra almal wat ek die jaar gaan doen vir my Bday ...en ek het nie 'n clue nie. Ek kan nie bak nie so Dinsdagaand sal seker weer choas hier wees as ek begin eetgoed organiseer.. Waars nice bakerye en deli's as mens hulle soek????

Tuesday, February 9, 2010

Kinders is so duur!!! ?????

Vanoggend het ek gaan fietsry saam met 'n vriendin, en dan chat ons allerhande stories en dit en dat, bla bla bla bla.

Ek is al een van alle vriendinne wat "aan lee nes sindroom ly" as ek vlerke gehad het moes ek seker nie eers die moeite gedoen het om 'n nes te bou. TYD MORS!!!.

Partykeer dink ek ander mense dink nie voor hulle praat nie en so vertel sy hoe duur dit is om kinders te he( daar moet 'n kappie op die e wees maar ek weet nie hoe nie) dis soveel skoolgeld en dit en dat en moan ....moan. En sy kan nie dink mense wil baie kinders he( weer die e???) dis so duur. Dan wil hulle jou mos laat voel dat jy nou gelukkig is om nie kids te he nie want dan het jy nie die daai finasiele druk op jou nie.

...en dis net hier waar ek besluit het.

FOK DIT!!!!!!!!!

Dis moerse goedkoop om kinders te he wat van self kom. Eintlik is dit belaglik goedkoop!!! Dis pret en plesier!!! dis verniet!!!!!

Jy sit nie 'n deposito wat gelyk aan 'n oorsese vakansie neer. Word nie soos 'n gieter gesteek met naalde. Jou dae gaan nie oor dag so en dag so nie. Jy hoef nie bene oop te le voor "vreemde" mans nie" en dan deur enorme STRESS vir 2 weke te gaan net om te hoor. SORRY!!!! Ons probeer maar weer...dankie vir jou geldjies!!

Jy wat nou so moan oor duur skoolgelde weet jy dat die bedrag wat jy genoem het wat jou 2 kinders se skoolgeld die jaar kos dis soveel soos ons Sielkundige evaluasie vir 2 ure gekos het.

En daar is nie eers 'n waarborg dat dit gaan werk nie, en as dit nie werk nie is daai geld "down the drain" en weet jy wat???? jou kinders kan nog steeds die hele jaar skool gaan.

So om kinders te he dis moerse goedkoop...MAAR AS JY SUKKEL OM KINDERS TE HE, SORRY DAN BETAAL JY!!!!! en dit werk nie eers soos in 'n winkel dat as jy betaal dan kry jy iets nie.

Monday, February 8, 2010

HIs back


Die naweek was baie lekker veral om almal weer 'n slag te sien. Liewe Luv het 3 Jaar laas aan 'n toernooi deel geneem. So dit was lekker om te sien hoe hy en al die ander speel. Hy was lank uit a.g.v. GEEN , ZILTS kompetisie en beserings maar lyk my hy is back on track!!!


Hulle span het die toernooi gewen en hy was ook die beste speler op die toernooi. Ek

is so trots op hom!!!! het natuurlik die hardste geskree!!!

Hulle het nice hampers gewen ... die sjoklades het 1ste gegaan!! MMmmmmmm

So sit ek met 'n stywe man en moet net die hele tyd spiere maseer!!!

Suro-sus hulle het vanoggend gevlieg vir die 1ste keer met die 2 kiddies om te gaan vakansie hou.Ek gun dit haar , want as sy terug is gaan ons seker amper begin.

Friday, February 5, 2010

Dis hier!


My reistas vol IVF goodies het gistermiddag hier aan gekom. Dis altyd so 'n bummer want ek hoop altyd vir 'n wonderwerk en dat ek dit weer kan terug stuur. Na 9 jaar moet ek sê elke keer is die program anders...dan gebruik ek dit en dan nie volgende keer weer nie.
Ek het gister weer geoefen en dit help darem dat my kop oop bly en nous ek weer lus vir als. Na die naweek sal ek weer wens ek kan net weer super fiks wees. Liewe Luv gaan 'n squash toernooi speel en as ek so sit en kyk na almal wat swoeg en sweet wens ek ook dit kan ek wees. Dit lyk moes altyd lekker as ander mense oefen!!!!
As ek so uit werk gaan ek in die Kaap wees die 1ste naweek van Maarten dis so sleg, want my beste vriendin trou en ek doen die make-up en nou lyk dit of ek dan moet gaan vir sonar en dan gaan ek gil. Dit help ook nie om te sê skuif dit aan nie, want jou DAG IS JOU DAG!!!
Ek hoop maar my holderste bolder siklus gaan my na die trou toe laat gaan!!!!
Lekker naweek!

Wednesday, February 3, 2010

Moedeloos

Eks op moet verloor se vlakte, vermoet ek. Eks in 'n depro-bin !!!!
Ek moet eintlik opgewonde wees oor als wat nou aan die gebeur, MAAR
ek wil net niks doen nie. Ek dink dis omdat ek donners bang is. Ek sal moet
begin om myself reg te ruk!!!

Ek het 'n maand oor so van more gaan ek myself reg kry om die beste ooit hier is te gaan
Ek sal moet reg eet, oefen en leer om te chill!!

Suro -sus kry 'n bietjie hoofpyne van die Lucrin en ons het die sielkundige se konsultasie fooi gekry. F#$%$#$ maar hulle vra 'n huis vol geld en dis net om nonsens vrae te vra!! Sy het my mat geruk!! Sou baie met daai geldtjies kon doen veral nou !!!

Vandag toe praat ek met vriendin wat ook sukkel en ek besef hoe dankbaar ek is oor waar ek in die lewe is op die oomblik. Ek het al vrede met amper als gemaak. Ek haat darem nie meer als en almal om my nie. As ek my suster met haar kids gehaat het oor sy hulle kon kry, het ek nie nou 'n DIE BESTE OOIT SURO-SUS gehad nie!!

More is 'n NUWE DAG!! dink aan my!!

Tuesday, February 2, 2010

Vang 'n dip.

Ek is besig om 'n BIG dip te vang why???? I don't know???

Eks net so deur mekaar dit voel of als in my kop draai.... en of ek nie kan dink wat om te doen nie. Daar gebreur net so baie goed op die oomblik in my lewe en eintlik wil ek net op die bank lê en lees.

Ek het gister en vandag weer blomme verkoop en dankie tog als is nou uit my huis uit , net nog 1 wat blomme vir 'n troue moet kom haal dan is my huis weer my eie. Eks mal oor blomme en dis so nice as als in my huis staan dis net al die mense wat kom haal en wil kuier en dit en dat...

Verder wil ek ook mal raak as ek mal se kinders sien groter word en ek sit nog steed met 'n ronde nul behalwe 'n paar ekstra kilo's van Fertility-drugs!! en die volgende is al weer in die pos.

Kan nie wag vir die pakkie nie!!You wish!!

Monday, February 1, 2010

Die Begin


Hier is Suro sus se 1ste reeks inspuitings!!!