Friday, May 14, 2010

1skaap...2 skaap...3skaap..zzzzz


Dis ek die!!! jislaaik ek kan gil as ek in my geen-slaap, wakker-soos-'n-haas tydperk in gaan. EN DAAI TYDPERK IS WEER HIER..
Ek kan met vreeslik min slaap oor die weg kom nog altyd, dit het net vererger na die 2ling. So die oomblik wat dinge in my lewe deur mekaar is slaap en omtrent niks nie. Die laaste week slaap ek tussen 5 en 2 ure 'n nag en dan is my oe bloed-belope seer en moeg in die oggend..ek kan gil en as die nag dan arriveer dan raak ek wakkerder en meer "hiper"
Gisteraand het my ma hulle hier oor geslaap ons het gechat tot na 1 en toe sy gaan slaap toes ek eers wakker tot so 3 uur vanoggend en 7 uur was ek weer op. Ek weet dis die hof-snert wat my slapelose nagte gee... eks vies omdat If's so in geloop word, eks vies omdat ons nie dadelik kan aan gaan nie...eks vies dat daar iets soos die mees horibaalste woord soos INFERTITILEIT bestaan.
Ek lees vanoggend 'n artikel oor INFERTILITY ETIQUETTE wat om nie vir mense soos ek te se nie, en dis so waar als wat daarin staan. En ek dink dadelik as iemand se jy kan so bly wees jy het nie kinders, wat jou in die nag wakker hou nie, ek was soveel keer wakker vannag. Dan wil ek gil "jy sal nie weet dat ek baie minder as jy, met die kinders slaap nie!!! en ek slaap nie, omdat ek planne maak om kinders te kry!!!! skaap!!! As ek kinders moet he sal ek nie om gee as ek vir 5 jaar nooit slaap nie, want dit sal 'n voorreg wees om vir iemand te kan opstaan.
So nou dink ek nonsens uit!! my huiskonsert stuk is klaar ek gaan dit nou binne 4 weke doen, en sien nogal uit.
...en dalk moet ek by buurt-wag aansluit!!! ek was nog altyd goed op 'n deurnag!! dink net hoe sou ek op wag in die "army" gewees het.
lekker naweek vir almal!! xxxx

3 comments:

  1. Liewe Cstelle,
    Baie goed! Ek moet lag, want hier is dit die Franstaliges wat nie goed Nederlands kan, die "sch" klank nie kan uitspreek en "sk" sê, dus "skaap" voor "schaap".
    Afrikaans is my werklik 'n aangename taal. 'N goeie naweek hê
    Jou vriendin
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete
  2. Geniet jou naweek ook Nads!!!! xxx

    ReplyDelete
  3. Hoop jy het 'n lekker naweek gehad. Lekker week

    ReplyDelete