Monday, July 19, 2010

IF Warriors!!!

Die naweek was vreeslik besig ons was heeltyd by mense , wat altyd by lekker is. Maar dan hoor en sien jy ook mos baie en almal het altyd iets te se.

Die Girls praat toe oor kinders ( soos gewoontlik ) en oor iemand wat se kinders in 'n ongeluk dood is en hoe erg dit is en toe is hulle op die MISKRAAM topic. Hoe erg dit is , almal wat toe daar praat het 2 of 3 kinders!! en nou mnoet ek luister hoe erg 1 miskraam is. En hoe hulle die sekere dag wat dit gebeur het deur n af-dag gaan. En dis erg !!!! En ek sit daar en dink, ek weet nie eers meer watter dae al die miskrame in my lewe gebeur het nie, ek onthou net die laate een 3 Junie en 20 Januarie met die 2ling sin. As ek almal moet onthou sal ek heeldag herdenk!! En dis vir my snaaks hoe mense wat klaar kinders het meer sukkel om daar oor te kom as die wat GEEN kinders al het nie, die regtes word seker gekies om IF's te wees , hoewel dit nice sou gewees het as EK nie ook een was nie. IF's you are so SPECIAL!

..en ek besef daar, dis baie erger vir die IF's wat nie eers kinders het nie , om 'n miskraam te he! en ons moet net daar oor kom en aan gaan, en ons het nie eers kinders nie!!! My hart bloei vir al die IF's wat hulle babatjies verloor het... daai seer om net daar te kon kom, en dan verloor julle die kosbaarste besitting!! en julle moet maar net... daaroor kom en van voor af begin.

My wens vandag is LOADS OF BABY DUST vir al die IF's!!!!! Mag ons almal ons babatjies kry wat ons so voor wens.

2 comments:

  1. Liewe Cstelle,
    Ook my wens vandag is LOAD OF Baby dust vir al die IF's en spesiaal vir Jou !!!!! Mag julle almal julle babatjies kry wat julle so voor wens.
    Baie kisses en hartlike groeten uit die zomerse Vlaanderen,
    Je vriendin
    Nadja
    xxxxxxxxxxxxxxxx
    PS: Kyk in my blog na die Olifant Gastronome!

    ReplyDelete
  2. Ek weet nie hoe jy deur so iets kon sit nie - ek dink nie ek sou kon nie... Het jy hulle so 'n bietjie van jou storie vertel of nie? Ek's seker dit sou hulle vinnig stil gemaak het... Maar dis nie maklik om daaroor te praat nie, so ek kan jou nie blameer as jy nie het nie...

    ReplyDelete