Sunday, July 11, 2010

So kom als op 'n einde..

Die laannng naweek is op 'n einde en die sokker is binnekort ook op 'n einde, agge nee!!!!

Donderdag oggend was ons 2 al vroeg oppad Knysna toe vir luv se 1ste 2-kamp( wat op daai staduim my baie laat dink het aan die Hoerskool se 2-kampe) maar met ons aankoms het ek gou agter gekom die race is nie vir sussies nie, hulle noem dit nie verniet Xterra ( dit staan vir Xtreme-terrein) 2kamp nie. Dis off road ,die meeste deelnemers was proffesioneel met togsakke wat wys hulle het die Comrades, Eppic of iets extreme al gedoen ( kevin evans was die wenner, ek dog ek se maar net).

Ek het my kuit spier seer gemaak met die afloop na die ' field of dreams' waar als begin het. Jislaaik ek het lanklaas so baie ops en af's gesien. 1ste het hulle gehardloop en Luv het in die voorste helfte in gekom wat goed is, maar toe met die fietsry kom hy nie uit nie....en ek wag en ek wag en ek wag....

...hier kom hy bult op gery en dit lyk of hy op 'n kinderfietsie sit so laag is sy saal.. 3 km in die race toe breek sy saal uit die raam uit( ek het gese die race is rof??) so hy kon toe nie weer op die saal sit nie want dit was gebreek hy het so half plan gemaak. Hy het so baie tyd verloor en toe moes hy nog gaan draf het daarna. Maar hy het klaar gemaak en was beslis nie laaste nie. Soos ons vir mekaar se sulke dinge gebeur mos maar seker, die fietswinkel het wel gese hulle het nog nie so iets gesien nie!!!!!! Luv moet 'n nuwe fiets kry....

Vrydag het hy my getreat en na 'n spa in Wilderness geneem vir 'n DETOX-wellness!!!! dis die lewe!!! thanx LUV!!! jy is so special!!! dit was so nice want ek het die laaste tyd bietjie gesukkel...ek was so naar...........ek dink ek was vol toxins!!! my kliere het gepyn en die laaste week het ek gelewe van "flat coke' op 'n kol het ek gedink ek dood!! so sleg voel ek!! Maar na die detox het ek die aand helse hoofpyne gehad, maar Saterdag was ek weer my ou self, dankie tog!!!

SO op die oomblik sit ek en stop my laaste pannekoek in voor die kaggel.... daar le sneeu op ons berge, lekker koud.. my 6 weke is so te se om so my lewe kan weer van voor af begin vir die 10000000000ste keer.

Ons trek al by Julie en als wat ek vir myself beplan het , het op die staduim nog glad nie uit gewerk nie!!!!! dalk is ek die res van die jaar gelukkiger!!!! I wish!!!!

2 comments:

  1. Liewe vriedin Cstelle,
    Fyn jou te lees! Soos jy in my Blog kan sien en hoor was dit vandag feesdag van die Vlaamse Gemeenskap. Op die Grote Markt te Antwerpen is daar 'n groot skerm waar die publiek die Wêreldbeker in jou land Suid Afrika kan volg.
    Dit is hier snikheet ...
    Vraag wat is ‘n Hoerskool? Lach: Gymnasium, hogeschool!
    Kisses. Baaie liefs,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete
  2. Nadja

    Ek kan my net in dink die klomp mense daar by julle wat die sokker eindstryd gekyk het!! My senuwees was op gewees!!! Het jy ook gekyk??

    Ek het op die TV gesien dis vreeslik warm daar by julle!! en hier is dit baie koud.

    Hoerskool is: School where bigger kids go for education.

    Love and kisses
    xxxx

    ReplyDelete