Thursday, May 27, 2010

Vandag is 'n lui dag!!!

Ek het laat geslaap.... en nou moet ek besluit wat gaan ek doen, nie of ek nie goed het om te doen ne, ek het 10000de goed om te doen!!! ek moet my verf werk klaar maak.... ek moet filing doen... ek moet inbetalings doen.... ek moet bome nat maak met emmers( ek het die kaggel vanoggend geruik soos dalk is die reen n0u oppad!!)


Ek het nou gisteraand aan my konsert-stuk begin oefen, want die kaartjies is uit en ek moet seker my ding begin oefen. Liewe Luv moet sit en luister en nou probeer hy sy lag hou om my aandag nie af te lei nie, en dan voel dit of niks snaaks is nie. Toe ek se hy kan maar lag... toe lag ons heeltyd!! SO 16 Junie....bring -it -on!!!!!! ek kan nie wag nie!!

Die vrou wat laas saam met my was vir ER is vanoggend weer in, ek het net nou 'n sms gekry dat daars net 2 eiers was en sy nie meer wil aan gaan nie. My hart het gebreek!!!!! ek weet hoe emsioneel die hele ding is en nou dit. En al het jy net een eier en een sperm nodig vir 'n baba is dit nie wat jy wil hoor nie.

Ek wonder of eiers weet dis winter????? want 2 van my vriendinne het die maand gegaan vir ICSI en al2 se siklusse was swak. Ek het nog altyd die beste resultate gehad na die winter, dalk vries ons eiers of gaan in 'n hibernasie in..... ek wonder!!

ALMAL GENIET JULLE DAG!! "LETS MAKE IT A CHILL DAY!!!"

2 comments:

  1. Liewe Cstelle,
    Dit wat jy skryf is die ou Latynse "Carpe Diem", of is dit die Italiaanse "Dolce far niente"? Hoe dan ook, geniet, pluk die dag.
    Baaie liewe groeten,
    Nadja
    <3

    ReplyDelete
  2. HI Nadja!!! Hoe gaan dit met jou????Ek sien jou afrikaanse raak baie goed nou, jys op jou kop GIRL!!!

    Lekker dag vir jou , julle somer begin seker nou!

    Mooi bly
    C

    ReplyDelete