Monday, June 14, 2010

Papiere is geteken!!

Ons het die naweek finaal die hof papiere geteken vir die Hooggeregs aansoek, na 'n lang gesukkel is alles nou in orde. Die prokureur en advokaat doen die hele kontrak en aansoek vir ons vir vir minder as 'n 3 de van die prys!!!! Kan jy glo!!!! So wanneer die ding voor die hof kom weet ek nie. Dit sal seker so maand neem ....

Eintlik pla dit my nie juis op die oomblik nie, die pyn is baie beter maar eks nog lank nie reg nie. Eks nou styf seer en sukkel om te draai en te buk ens. Ek het gister op gehou pyn pille drink maar voor ek gaan slaap het moes ek maar een sluk!!! ek was seer!!!

Soos ek op die oomblik voel kan ek nie glo ek moet enige iets van enige aard doen nie!!!! I just want my own life back, please!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Eks gatvol vir dokters, en susters, en pille, en sonars, en operasies, en inspuitings, en besoeke en wag...... en up and down feelings!!!! ek kan nie meer nie en soos ek nou voel wil ek nie meer nie.

3 comments:

  1. Lieve Cstelle,
    Gelukwensen. Met God se hulp kom dat seker almal weer goed met jou gesondheid en jou optimisme sal daar ook weer bo kom. Kranig bly lieve meid!
    Surf eens na die blog van my vriendin Marianne in Schwedt (Duitsland), haar foto's sal jy seker van die somer aan die Oder welgevallig zyn Die Blog noem "Laufmomente 'http://marianne-lauftagebuch.blogspot.com Laat my iets weet!
    Baaie liefs,
    Nadja

    ReplyDelete
  2. Ai Christelle ek verstaan so goed wanneer jy sê jy's gatvol! Ek voel ook so, maar nou dat ek weet hoe dit voel om swanger te wees, en ek so gelukkig was om swanger te wees wil ek dit weer hê, so ek gaan so lank afvat as wat ek nodig het om gesond te word en seker maar weer probeer. Ek hoop jy sal ook weer kans sien vir als as jy gesond geword het!

    ReplyDelete
  3. Dankie Nadja, het gaan kyk na die blog, mooi fotos!!

    Hi M, ek het al geleer met tyd raak alles beter, jy kom nie regtig oor als nie maar jy kry genade om aan te gaan.... die wonde kry net rowe.

    ReplyDelete