Saturday, November 28, 2009

Sjoe maars eks moeg

Vanoggend 4 uur was ons op en oppad Witsand toe na die Vlakte. Eks nie juis die oggend tipe nie , maar ek was nogal baie op gewonde!!

Na daai skoot geklap het was dit net pure pret, ek het so lanklaas iets gedoen en dit was net weer so lekker gewees. Eks baie trots op myself. Moet se eks nou so styf en seer dat ek nie kan beweeg nie... en voel 70!!!! maar dis 'n lekker styf want jy het iets gedoen.

Liewe Luv het die 21 saam met 'n vriendin van ons gedoen en dit was haar 1ste 21. Hulle het so goed gedoen. Eks altyd opgewonde vir ander as dit hulle 1ste is want dis net so nice uitdaging!!!

Miskien is die dalk 'n wake-up call vir my op weer te begin hardloop!!!

Friday, November 27, 2009

Hoekom is mense so ondankbaar???

Daar is seker goed wat ek NOOIT sal verstaan nie net mooi NOOIT, en dit is Infertiliteit en die ondankbare drommels wat saam met jou sukkel.

Na amper nege jaar is my harts begeerte-net 'n baba!! Let wel 'n baba!!! Nie 'n SEUN of nie'n DOGTERTJIE nie, net 'n baba. Want ek het altyd gedink as jy sukkel gee jy regtig nie om wat dit is nie, jy gaan deur soveel drama ( IUI, IVF, GIFT loads of horrible medicine) dat jy regtig nie om gee wat die geslag is nie.

Maar dit is blykbaar nie hoe dit werk nie. Want ek sien dit elke dag, elke liewe dag !!!! Hulle sukkel solank om swanger te raak, jy moet hoor hoe emosieneel dit is, al die trane, die pyn die als bla bla bla bla bla bla..................................................

En die oomblik wat hulle swanger raak, hoop hulle dis 'n dit of 'n dat. En dan wanneer die sonar tyd kom en hulle kan sien wat die geslag is, en dis verkeerde geslag...begin die trane WANT KAN JY GLO!!!!!! dis nie wat hulle wil he nie.

Dis sulke tye wat ek by myself dink jou ondankbare @#$#@@ wat het geword van al jou jare se trauma om 'n kind te kry???????

...en dan wonder ek hoekom kry ek wat enige geslag sal vat nie daai baba nie maar iemand wat nou teleurgestel is oor die geslag raak swanger??? Ek sal dit nooit verstaan nie.

More oggend 6 uur sal ek maar al my woede oor ondankbare mense moet gaan uit hardloop!

Monday, November 23, 2009

10km...

Ek het laasweek besluit om my in te skryf vir die Vlakte 10km. Ek het dit laas jaar ook gedoen en was geensins fiks nie en dan wonder jy mos hoekom doen jy dit en dan sukkel jy heelpad. is dit nie lekkerder om super fiks te wees as jy so iets doen nie

Ek kry dit gewoontlik altyd reg om almal charge-up te kry en almal oefen en dan doen ek niks het sopas 7km gaan af swoeg en dan wil ek eintlik lag want ek weet, jy kan nie net 1week oefen nie, terwyl jy deelneem voel of jy die Comrades doen , halwe dat dit nogals aks is as jy wat die 10km doen dieselfde tyd as jou vriendin wat die maraton gedoen het dieselfde tyd oor die wenstreep gaan.

So Saterdag gaan ek my alles gee, maar die beste is ek gaan dit love!!!!

Sunday, November 22, 2009

Nooit by die huis nie.

Die tyd van die jaar is als mos deur mekaar. Eks mal daaroor en ek had dit te gelyke tyd. Dis mos einde van die jaar parties, Bday-parties, als wat ek moet klaar maak voor die einde van die jaar projekte en 1000de ander goed.

Ons was so lanklaas 'n naweek by die huis ek kry skaars tyd om my tas uit te pak en eintlik voel dit vir my of ek op die oomblik sal kan doen om op 'n eiland te sit met nice tydskrifte en cocktails. Dis beslis die lewe!!!!!!

Gelukkig kan mens darem nog droom..............................

Wednesday, November 18, 2009

Wonder maar net???????

Somtyds wonder ek oor 100de 1000de dinge en om 'n "veterane-infertiele" te wees laat jou altyd wonder... soms voel dit of jy 24/7 als uit te probeer pluis!!

Ek wonder oor hoekom :

jy soveel jare moet sukkel?
Daar soveel pyn en hartseer moet wees?
Dit jou soveel geld moet kos?
Jy nie net die 1 baba kan kry waar ander met 3 sit?
Dwelm verslaafdes baba kry?
Kinders, kinders kry?
Mense wat babas aborteer?
Mense wat hulle eie babas nie wil he nie?

Ek wonder hoe lank die hele pad gaan wees???

Ek wonder ek wonder!!!!!!!!!

Monday, November 16, 2009

Dis altyd 'n teleurstelling.

Die tyd van die jaar is altyd so deur mekaar en besig daar is so baie wat gedoen moet word dat mens net nie by als uit kom nie. En nou nog die suro-storie wat my so op gewonde het en nou dink ek die hele tyd nog daar aan ook.

Die naweek was ons saam met vriende Gouritsmond toe lekker gekuier ens.....en Saterdagaand gaan ek tiolet toe en daar is dit (na jare hoop ek nog steeds elke maand vir 'n wonderwerk) Ek was heel deur mekaar want ek het nie eers tred gehou met my kalender nie so was nie voor bereid nie. Eks nog steeds elke keer so piss-off!!!

Ek wou die maand vir oulaas weer 'n IUI getry het maar nou werk my datums nie uit nie en dit flipp my uit!!!.

Friday, November 13, 2009

Sus se voorwaardes!!

Na my suster gesê het sy sal suro-speel het sy die volgende ge-demand!!!! en sy like dit om te demand!!!

# 1 let wel ,1 eier mag terug geplaas word, hoor jy my net 1.!!! Toe bars ek uit van die lag, want ons het nog niks eers bespreek nie sy het sopas gesê sy wil suro en nou dit. My sussie is net 1,5m lank of moet ek sê kort. Sy is so bang dis dalk 'n 2ling en haar dokter het ook gesê sy sal sukkel as dit meer is as 1.

# Sy wil in 'n privaat kamer lê. Wat ons moet betaal.

# En sy wil ook die baba sien as die uit kom.

# en ons moenie worry nie sy wil nie die baba hou nie- dis ons sin.!

Ek moes net lag want dit was regtig snaaks!! Dit wat sy aan gedink het en ons het nog nie eers besluit of ons gaan nie en die groot vraag kan ons????

Ek het maandag dadelik begin uit vind oor als wat Suro aan betref. Ek het ook my dokter gebel en ons gaan hom nou sien die 8 ste Desember sodat ons kom hoor wat als behels.

Ek is so op gewonde en dieselfde tyd so nie opgewonde want ons weet nog nie eers of sy 'n geskikte suro sal wees nie.

Ek tel nou al die dae af na die 8ste!

Wednesday, November 11, 2009

SURO-SUSTER?????

Ons het Vrydag en Saterdag by my sussie hulle geslaap en Saterdag aand toe ek gaan slaap het , bid ek " Asseblief Here stuur vir my 'n antwoord oor wat ek volgende moet doen...ek wil so vreeslik graag my eie kinders hê. Help my net om te weet wat volgende.

... en daar staan ek Sondag oggend op en my suster sê "Sy wil vir ons iets sê" Sy wil vir ons Surogaat!! Dankie Here vir my antwoord!!!!!

Ek was heel uit die veld uit geslaan , want ek het sopas 'n paar uur gelede gebid en hier kry ek die antwoord. Dis Fantasties!!!!!

Eintlik is ek versigtig opgewonde. Ons het toe daaroor gepraat en hoe voel wie en wat wie dink en 1000000000000de ander goeders. So ek stuur toe gister 'n mail vir my Dr.S en hy bel my net daarna terug ( Ek dink hulle wil seker al skree as ek bel, hulle het seker darem oor al die jare 'n "soft spot" vir my ek hoop bleddie so!! ek het al 1000de $ vrugteloos daar gedeponeer)

So 8 Desember het ek en suster 'n afspraak om dit te bespreek. Ek sal haar net bietjie moet " breef" want sy het so baie voorwaardes en dis nogal snaaks want party is snert maar nou wel binne kort volg die voorwaardes...

Monday, November 9, 2009

Eks op ge-KAAP!!

Ek was nou vir 'n week in die Kaap. Liewe LUV het eksamen geskryf en deur gekom ek uit my vel uit spring vir sy part . Ek weet hoe graag hy nou wil klaar maak en ek ook want om saans myself STIL te moet besig hou is 'n marteling!! Gelukkig is daar nog net 1 vak oor.

Na die week was ek seker by elke kersmark , mall, winkel ek WEET NOU PRESIES wat in elke winkel is, en nou is dit heerlik om net weer by my eie huis te wees. Hoe wel dit deur mekaar is ,is dit so nice.

Ek het ook weer vandag begin bomme verkoop van die huis af en dan is dit elke 5 min mense so ek kry nie juis veel gedoen nie maar ek like dit.

Eks ook op gespeel met my sussie se kids EKS MAL OOR HULLE EKS SO LIEF VIR HULLE!!!!
Dit was so lekker om doeke om te ruil, te bad, bottel te gee en net te speel. Ek mis die 2kies al klaar so baie!!!!