Monday, August 2, 2010

Spirits up high?? NO!!!

Jislaaik ek het lanklaas so gesuffer!!! Ek dink dis besig om my onder te kry, ek suffer BIG TIME!! Ek's baie positief maar... ek sukkel om myself bo te hou en dis als die simpele stront wat my onder kry.

Dit het my 2 en 'n half jaar geneem om oor die 2ling te kom en toe ons laas jaar besluit dat ons 2010 gaan aan hou en aan hou probeer was ek reg vir die nuwe-ou -pad wat ons weer vir die soveelste keer moes stap, en toe suro-sus boonop aan bied om te help was dit soos 'n gebed van bo. Ons het almal besluit ons wou sou gou as moontlik begin en nou kyk waar sit ons nou.....

NERENS!!!!!!!! ONS WAG!!!!!!!!

Dit vat so baie net om jou kop weer reg te kry vir behandeling en nou is dinge buite beheer besig om my onder te kry. Die jaar is amper om en ons wag vir snert. Ek is besig om dit te loose!!! en ek haat dit.

Hoekom verander die wet nie dat elkeen moet aansoek doen om kinders tekry nie, want dan sal die patetiese idoot wat sy vrou slaan, die onbevoegte vrou wat nie vir haar kinders kan sorg, die poepol wat 'n seun WIL HE!! en dan as dit 'n dogter is, haar net verwaarloos. Die ouers wat hulle kinders vermoor. Die ma wat dink dis so "cool" om haar kind te versuip met drank tydens haar swangerskap . Die een wat haar ongebore baba vol teer te prop.Deur keurings moet gaan en kan hulle ge-elimineer word om voor te plant. Verdien hulle babas???

Maar nou word mense wat kinders met hulle hele hart begeer, gekeur!!!! Hoe de-donner bly mens positief????? Ek wonder maar net.....

1 comment:

  1. Lieve Cstelle,
    Die "Flipper", dolfijn, is snoezig. Oral dieselfde met die administrasie en bureaucratie, 'n warboel, wachttijden, geld. Het julle so iets soos 'n "Ombudsman"? Indien ja, kan dit soms help. Moedig en "positief" bly, dit sal jy seker doen.
    Baie Kisses en baie liewe groet,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete