Monday, August 31, 2009

Ek sommer PIST!!

Ek sien nou al die hele Jaar uit na September , want dan gaan ek weer aandag gee aan "infertility". Vandag is dag 1 en nou werk my tye nie uit met my Gyne en die lab se naweek nie. Dit is regtig terleurstellend!!!! Dit SUCK!!!!!!

So nou moet ek weer 'n maand wag dis genoeg om van te kots! So wag ek ook al 8 en 'n half lange jare!!.

Dis een ding wat jy nogalvan my kan sê ek moes nood gedonge GEDULD ( wat ek glad nie het nie ) aan leer.

Dit gee my darem nog 'n maand om langer te oefen en te probeer gewig af skud.

Wednesday, August 26, 2009

Ek het weer nuwe WOEMA in my gat.

Vir 'n jaar en 'n half ( na ek my babas verloor het) het ek absoluut GEEN, F..ol, niks lus gehad vir enige iets nie. Seker maar 'n vorm van daai vieslike woord Depressie.

...en nou vir die 1ste keer het ek weer lus om goed dit doen, te maak, te verf. Ek het so baie idees en nou gaan ek hulle probeer uit voer. As ek so op 'n "roll" gaan raak ek mal ,van als wat ek wil doen.

So ek het my ou klere aan getrek...en hier gaan ek!!!!

Friday, August 21, 2009

As jy val probeer dadelik opstaan anders gaan jy bly lê

Ek dink dis tyd dat ek weer begin met "treatment". September gaan die maand wees..HOOP EK.
Ek begin eintlik nou net goed voel. Eks besig om nou my 1 en 'n half jaar se gewig van die IVF 's af te val en hier gaan ek weer.

Ek oefen my oor 'n mik, want elke keer tel ek so baie gewig op dat ek naar raak daarvan. Wie wil ook nou altyd soos 'n wildtuin olifant lyk veral in 'n goeie jaar. Mense wat my nie ken nie ,sal ook dink ek sit heeldag en koek vreet.

So op die oomblik is ek besig om myself geestelik, emosioneel en fisies weer reg teruk...so hou duim vas.

Tuesday, August 18, 2009

Eks NUUT en eks VREEMD!!

HI

Ek het 'n plek gesoek waar ek dit wat ek binne in my opgrop kan van ontslae raak. 'n Plek waar ek kan sê wat ek wil en kan skryf wat ek voel.

Ek spel horrible en is beslis nie 'n IT boffin nie. So "stay with me" ek was nog nooit bang vir 'n uitdaging nie en die is beslis een. So oor 'n ruk sal ek nie kan glo hoe ek nou gesukkel het om my voete te vind nie.