Tuesday, September 29, 2009

Ek wil KOTS!!!!

Ek het besluit om extra woeme in my oefen program in te sit aan gesien ek weer die horibale, presoonlikheids-veranderde, vet-wordende pille begin drink het. Net om nie weer soos 'n olifant gewig aan te sit nie.

Laas week het ek regtig vir my BAIE VER gaan fietry saam met LUV en was so trots op myself al het dit gevoel of ek die laaste 10km gekruip het met die fiets en beslis ,glad nie gevoel het of ek ry nie. Maar ek voel so goed en dit gaan regtig goed ek begin al amper hou van fietsry!! Kan jy glo???

en toe vanoggend..........

Gaan ry ek saam met my "girly groupie" waarvan daar elke keer minder is en ek te sleg voel om self uit te chicken.... en ek suffer soos nog nooit te vore. Opdraande het my geeet!! Ek wou die hele tyd kots ek was so naar. Eks heel gespin want wat gaan nou aan .Ek is fiks ,het al die roete gery en nou is ek NAAR

en toe onthou ek .. DIS DIE DONNERSE PILLE., dit maak my siek!!! Ek had hulle!!

Monday, September 28, 2009

Het 'n afspraak

het vanoggend gebel en gaan die 7 de Oktober vir 'n scan om te sien hoe lyk my eier of hopelik eiers. Dan gaan hy besluit wanneer hulle die KI doen. Ek het vanoggend begin met my pille, wat beslis meer help om jou vet te maak as swanger.

Ek is half opgewonde...half piss-off om dit weer te doen...half bang... ek weet self nie meer wat ek voel nie en of ek enigsins nog ooit voel nie.

Dit voel tenmiste of ek weer iets doen na 'n baie lang insinking wat soos 'n ewigheid gevoel het.

Sunday, September 27, 2009

Hoop die datums werk die keer uit...

Die naweek was great ek het my gate uit geniet!!! Die hele naweek op Oudtshoorn was so lekker saam met al my pelle . Oues en nuwes..

Vrydag het my" periods" hulle onwelkome," horrible" super aaklige verskyning gemaak. Whoopie!! More bel ek my "Gyni om te hoor of ek die maand kan kom vir 'n KI. Ek het besluit om dit te doen tot die einde van die jaar en as dit nie werk nie sal ek maar weer die Kaapse IVF kar start. Ek hoop regtig dit werk nou want dis baie makliker as my gewone Dr. dit sommer doen as om nou weer in die Kaap te gaan sit en my tyd te mors.

Praat van jou "Clock that ticks" sukkel om swanger te raak vir jare.....dan weet jy wat beteken die geklink in jou ore van jou EIE dierbare klok met die pap batterye.

Tiek ....... Tok...........Niks.....!!! Jy jy het reg gehoor NIKS, Zults...gebeur nie. Jou klok tik maar net aan en nog steeds niks!

More sal ek weet of my en DR.VEE se tye 'n slag kan gaan speel....hou duime was!!.

Thursday, September 24, 2009

Dress-up!!!

Gister was ek saam met my man Hermanus toe vir die dag.(hy het 'n werks ding daar aan gehad). Eks mal oor Hermanus se winkels, daar funky dekor, interesante anderste goeters en nice snuffel winkels. So ek kan my ure vermaak daar.

Die naweek het ons 'n 40ste Bday party aan en dis 'n "dress-up". En ek is mal oor dress-ups. Van klein tyd het ons altyd ge"fancy dress". Ek weet daars mense wat se kele toe trek by die gedagte hy moet hom vermom soos een of ander aburte kreatuur. Maar ons klomp is voor in die koor as ons moet aan trek.

My ouma van 87 wat so 3 maande terug oorlede is het ook altyd nog in die ouetehuis waar sy was die mense vermaak.EK MIS JOU OUMA!!!!

So die naweek se tema is MAFIA!!!! Eks 'n op -die-nippertjie-mens en het nog nie juis my "outfit" reg nie en had dit om nie all the way te gaan nie. MAAR GISTER IN HERMANUS!!!!!!ondek ek hierdie winkel en sien 'n deur agter die till en toe ek daar deur stap ....GAAN 'N WERELD OOP VIR MY...

Ek het amper mal geraak dis als wat jy aan kan dink, pruike, brille, maskers, naels, lashes, hoede, arms, tiete, torso's, outfits net wat jy aan kan dink is daar. Maak nie saak watter iets, iemand of gedrog jy wil wees nie ,dis daar!!!

So nous ek "gegear" Ek het die nice pruik gekoop!! en nog 'n paar ander goed vir die toekoms.

Dis tyd dat ek weer 'n paar tema-party-etes hou!!!!!

Monday, September 21, 2009

Die langnaweek is verby..

Die Spa Donderdag was GREAT!! Eks mal daaroor om die hele dag net bederf te word en aan niks te hoef te dink nie. Net pure bederf!! en dankie tog Liewe Luv het sy eksamen deur gekom. Ek kry hom eintlik so jammer om nou te swot, want 'n oop boek toets sal ek nou mee sukkel. Eks regtig vreeslik trots op hom, nou is daar nog net 2 vakke oor. Dalk is dit die ontspannig die vorige dag wat gehelp help het.

Die nuweling is te oulik vir woorde. Sy baie mooi en klein en baba-rig. Eks mal oor babas en dit was so lekker om daai bondeltjie die hele dag te kon vas hou. Eks mis haar en my eie babas soooooooooooo!!!!!

Na so 'n naweek besef ek net weer dis wat ek wil hê, hoekom is dit dan so 'n moere gesukkel??? en daagliks raak almal om jou swanger tog te maklik.

Eks vandag regtig af!! en ek haat dit, ek f#$%k haat dit!

Wednesday, September 16, 2009

Ontmoet die nuweling!!

Vannaand gaan ek my sister se nuwe baba sien!!!Sy het 'n dogterjie van 2 wat my hart se punt is en dan die nuwe 1 van 'n maand wat ek vandag vir die 1ste keer gaan sien. Eintlik is ek te bang om haar te sien want dan is sy ook werklikheid word. En ek vrek oor babas!!.

Eks al die hele week besig om goed te maak en my bankrot te koop aan snert vir die 2. Ons bederf hulle tot in die afgrond in. Wat nice is van my suster is, sy los ons met die kinders. As hulle slaap kan ek hulle vas hou ,ek kan hulle bad , kos gee en dan voel dit vir 'n kort rukkie of ek ook kids het.

Die groot probleem is net, elke keer dan besef jy hoe graag jy jou eie wil hê... en Sondag as ons ry dan tjank ek seker weer my oe uit!!!

Tuesday, September 15, 2009

Eks verspot op my Liewe MAN xxx

Kyk al het ek nou geen skeeuende kinders of blaffende honde in my huis nie. Daars wel 'n paar wilde duiwe en 2 akkedisse, klomp spinnekoppe en seker die verdwaalde slangetjie of 2 - maar ons pla mekaar gelukkig nie.

Het ek darem my MAN wat ek met my hele lewe lief het. Eks mal, crazy, halsoorkop verlief op hom. Hy beteken ALS vir my en is altyd daar vir my. Dankie tog want op die staduim moet ons maar na mekaar kyk lyk nie of ons kinders gaan nie. Teen die spoed moet hulle ook kom want wie wil na bejaardes kyk veral as dit jou ouers is. Hahahaha

Elk geval Liewe Luvva ( dis nou my man) moet in die Kaap wees Vrydag en nou het ek 'n special raak gesien by Mangwanani dayspa (en as jy my ken "specials" is my ding) ek snuffel hulle uit of dit nou 'n "in your face" of "skrap hom uit" special is ek SAL HOM KRY!!

Liewe Luvva het toe vir ons gebook by die spa vir Donderdag en ek kan nie wag vir 'n dag van bederf en net ontspan nie. I can't wait!!!!

Dankie vir die bederf my man!!!

So @ Vrydag is alle knoppe uit gemaseer en alle dooie velle iets van die verlede( hier @ die einde van die winter moet ek sê lyk ek nogal bietjie soos 'n krokkedil met al die dooie velle gelukkig is ek darem nog nie op die skubbe-staduim nie.

SO SPA EKS OPPPAD!!!

Saturday, September 12, 2009

Ondankbare @#%$ !!

Kan jy glo vanoggend bel my broer my met die nuus dat sy vrou met op geswelde oe lê en huil want.........SY'S SWANGER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hulle seuntjie is 7 maande oud, sys nie op die pil nie en het wel die 2de kind beplan maar nie nou al nie. Dan is jy 'n onnosele poepel as jy nie geweet het SEKS sonder voorbehoeding kan lei tot swangerskap nie. Hoe oud moet jy wees om dit te weet? Ek vra maar net??

Nou is hulle is skok en ek word gebel, om dit vir my te sê wat amper 9 jare my moer af sukkel om 'n baba te hê, en jy tjank daaroor. Ek wonder wat ek veronderstel was om te sê. Seker wat 'n tragedie ??? Shame???? Ons is saam met julle in skok??? NEEEEEEEEE........

Ek wens so mense kan die wonderwerk van swanger raak en kinders hê geniet. Dis so 'n voorreg!

Thursday, September 10, 2009

95% of 99%

Ek weet nie of dit is omdat ek so lank al sukkel nie en net maar omdat ek weet my tyd is besig om uit te loop nie.

MAAR EK DINK BESLIS 99% van die dag aan babas!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ek weet hulle sê mans dink baie aan seks, maar nou wonder ek hoeveel keer per dag dink vrouens wat sukkel om swanger te raak aan babas.

Ek wonder heeldag hoe sou dit gewees het as ek al kinders gehad het?? Hoe sou my lewe verander het want na 8 jaar probeer ek myself maar net besig hou OMDAT die huis leeg is.
As ek hoor iemand is swanger dink ek LUCKY YOU!!!! Geniet dit net en hou op kla!!
As ek 'n baba sien ,wil ek dit net vashou en wens ek, ek kon weet of ek ooit gaan kiddies hê en of jy maar net altyd met ander mense sin gaan speel.
As ek 'n swanger vrou sien ,wens ek dit was ek!!!

Na jare dink ek nog steeds elke maand dit kan dalk so wees. FOK!! Na soveel jare sou ek dink jy raak gewoond aan die idee van kinderloos wees Maar NEE!! jy dink die hele tyd daar aan.

As jou bOObs seer is dink ek dis so -MAAR DIS IS NIE!
As jy 'n dag laat is dink jy dis so -MAAR DIT IS NIE!!

Elke keer wat ek swanger was, was iemand wat ek goed ken dieselfde tyd ook swanger en as ek hulle kinders sien en hoe groot hulle is wil ek Skree!!!! Gil!!! IN TRANE UITBARS!!

Weet jy wat, ek wil van my kop af raak!!!! maar ek raak nie ek dink jou brein sny uit om jou te beskerm!!

Dankie tog!! dis hoe ons gemaak is, hoewel als nie heeltemal werk nie.

Monday, September 7, 2009

Somer is die lewe!!

Ons was die naweek vir 'n slag by die huis. Wat veronderstel om 'n rustige naweek was ,het verander in 'n heerlike BUITE naweek.

Saterdag was ons van donker tot donker by die see. Die manne het gaan visvang en ek is mal daaroor om langs die see te wees. Ek sorg dat ek gepak is want ek neem sjarongs, handoeke, kussing, water, kos en Baie BAie Boeke saam want ek kry nie baie tyd in die week vir lees nie.

As ek my self eers tuis gemaak het langs die viswaters kry niemand my geroer nie want dan lees ek of my lewe daarvan afhang. EN EK LIKE DIT VREESLIK BAIE!!!!. die plek waar ons was is privaat grond so daar kom nie baie mense nie en dit maak dit besonders.

As ek die pa's en seuns so sien visvang maak dit my nogal hartseer om te dink hoe lekker dit moet wees met kinders om jou, om naweke lekker dinge te doen as 'n gesin...

Maybe 1 day????

Thursday, September 3, 2009

As jy nie weet waaroor dit gaan nie BLY NET STIL!

As daar een iets is wat ek nie kan 'Face' is dit as mense my jammer kry. Ek had dit met 'n passie!!!.

So nou kry die mammas jou sonder kiddies so jammer.Foeitog arme drommel !! want jou babas is mos op hulle eie trip het net vergeet waar hulle huis is.

Hulle wil jou mos nou moed in praat.. HI daar hoe gaan dit met jou ?? Nee, goed dankie!. Jong ek wil net vir jou sê (dan weet ek al wat kom, hou net jou bek) Jy moet nie moed op gee nie want ek het 'n vriendin( almal het mos 'n vriendin wat na 3 maande op clomid swanger geraak het en nou met 4 kinders sit) Ek wens ek kon so sukkel!!

Nou wonder ek net as ek moet opstaan tussen baie vrouens en moet sê. HI julle wie van julle is lus om te gaan vir 'n IVF. Dis kos soveel soos 'n oorsee vakansie ( hoewel jy GEEN NIKS van enige droombestemming gaan sien nie), jy gaan 'n emosionele BOM wees, jippee!! Klink dit nie nice nie. Hulle gaan jou vol walglike hormone pomp , jy gaan gewig aansit @ die spoed van 'n JET wat jy weer na die tyd @ die spoed van die stadigste slak op aarde gaan afval ,indien ooit.

Jy gaan soos 'n sif gespuit word, kom nou wies nou bang vir naalde. Jy gaan teater toe waar jy @ daai tyd soos 'n op geblaaste ' dooie koei wat gif geeet het gaan voel. En as jy uit kom soos 'n hoender gaan wonder oor jou eiers!! Hoeveel eiers???

Dan is hoeveel het bevrug?? agge nee vandag is daar minder en as als back -on board is begin die 2lange -oneindige-roll a coaster weke van jou lewe!!

Na als is jy nogsteeds nie eers gewaarborg van dit wat jy met jou hele hart begeer..jou EIE BABA!!

So voor jy weer sê moenie moed opgee nie dink of jy dit sou kon doen!! Mamma met die huis vol kinders waaroor jy die hele tyd kla!!

Vir almal wat die kortste vuurhoudjie in die bondel getrek het wil ek net sê ek hoop regtig jou TTC pad het 'n vinnige einde!! Julle is almal speciaal!!! xxx

Tuesday, September 1, 2009

Dis heerlike lente

Vandag is Lente dag!!! en vir baie is dit die dag waar hulle weer uit hulle dop uit kruip. Ek is self 1 wat in die winter in 'n winter-slaap gaan en net kan sit en staar op die bank.

Maar dis die 2de dag van my "Periods" en ek voel vet (super vet) en is vol pyn. Ek sing beslis nie dis heerlike lente nie. Ek wil eintlik sing "AG F#$%K nie al weer nie"

Ek moet my behoorlik deur die dag "drag" en om te eet help beslis nie om die gemoed beter te laat voel nie.