Sunday, June 6, 2010

Ek was 12 uur lank swanger...wat nou nog???

Soos julle weet het ek mos die vreeslike pyne gehad wat gekom en gegaan het, wat ek gedink het my rug was...dit was nie konstant nie so ek het maar uit gehou. Die spotting het gekom en gegaan, omdat dit 2 weke na by siklus was het ek gedink dis my hormone. Gewoontlik is my siklusse spot-on. Woensdag het ek nie juis enige pyn gehad nie, maar my boobs het begin snaaks lyk ( maar wats die kans??) ek was vreeslik moeg die middag( en ek is NOOIT moeg nie) so donderdag oggend toe ek op staan 1ste ding wat ek doen is 'n PREGNANCY TEST!! Ek is na jare glad nie 'n "pee-on-a-stick -addict" nie!!! ek doen dit nooit nie eers as ek IVF nie, want dis altyd negatief. Maar iets was seriously groot fout!!

En binne sekondes was daar 2 lyne!! WAT!!! ek het amper flou geword!!!! en aan die bewe gegaan. Die kanse dat ek self swanger raak is amper nul!! dis 'n wonderwerk!!Ek bel Luvva en se ek pregnant!!! ek trek aan en jaag na die lab kantoor( dankie tog hier een en ek hoef nie by die dokters in te gaan nie. Ek ruk die P-test uit en vra of sy ook 2 lyne sien, want ek glo dit nie. JA, se sy dis 'n baie duidelike 2 lyne.... en ek bars in trane uit. Sy kom aan gehardloop en troos my en ek tjank in totale ongeloof. Ek vermoed sy dink seker toe die vrou is geskok, dalk het sy 'n lover en nou sy swanger. Ek verduidelik en sy trek die bloed en se dit sal 3 uur weer terug op die dorp wees.

Ek bel my dokter en se wat aan gaan en dat die toetse oppad is. DR S bel en se as die Beta bo 1500 is moet ek laat sonar sodat ons kan sien of daar sakkie is voordat ons met die medikasie begin. Die pyn raak erger!! hier fout ek weet dit! Ek wou nie op die blog sit ek swanger voor ek nie die Beta het nie.

Ek moet 7 x5 liter poedings maak vir 'n basaar, omdat ek pyn het kom maak 'n vriendin vir my, dankie tog vir "special" mense in my lewe ek sou nie kon nie. 2 Uur bel ek die lab die uitslae is nog nie uit nie. Die pyn raak nou ondraaglik, ek gaan bad vir die pyn maar niks help nie, ek bel my Gynie, hys in teater tot 7 uur en ek se vir die ontvangsdame hier groot fout eks oppad!!! Kry iemand om my te sien!! Ek bel Luv en sy hy moet kom!!! ek dink ek gaan dood ons moet George toe. Ek gooi paar goed in 'n sak en vir hom klere. Ons jaag!! Die pyn raak net erger en my rug pyn so en my linker kant.

Oppad bel hulle en sy na wie ek moet gaan hulle wag vir my. Luv laai my sommer voor die hospitaal af terwyl hy gaan parking soek. Toe ek gebukkend die gang af kom toe sy die vrou al is jy Christelle, sit. Die kliniek bel met die Beta 2240!! Ek moet omtrent 6-7 weke swanger wees!!Kan jy glo en se jy behoort 'n hartklop te kry, ek se vir die suster dat ek nou gaan vir n' sonar en dat ek vrek van die pyn.

Die dokter sit die sonar op en dis vol baie groot swart kolle. Ek bloei erg inwendig dis hoekom ek so baie pyn het!! Die 'n buis-swangerskap wat besig is om te bars!!!! Hy wys nie die baba nie, omdat hy seker weet wat gaan gebeur.Na die groot wonderwerk, nou dit. Eks te moedeloos om eers te huil ek kan dit net nie glo nie!! Ek word dadelik opgeneem. In 'n saal vol kramende vrouens... maar dis fine!! eks al imuun!! saam met oumense wil ek crack want hulle moan net. Die susters is erg ontsteld en wil my skuif... ek se nee, maar hulle sy jy moet. Ek is 3 minute in die oumens saal toe verstuk die tannie en almal is histeries. Ek hardloop ..tannie steek jou arms op en ek slaan agter haar blaai , die voel so vol penne ek dog ek slaan dit deur haar longe en net daar loop ek terug na die kraam saal.

Ek wag vir die teater en my dokter wat nog besig is met op's. Die pyn is erg!! My Gynie kom in en hys moedeloos vir my part, ek moet bieg ek ook!!!

8 uur kom haal hulle my vir teater, net voor ek in gaan kom daar 'n nood keiser ek moet eers wag, AGGE NEE KRY NET KLAAR!! die pyn is so erg ek wil nou net in gaan sodat die pyn kan end!!! Ek roep later 'n skoonmaker en se sy moet luv gaan roep want hy gaan wonder waar is ek en eks nog nie eers in nie. Sy vertaan nie juis nie, gaan roep hom, laat hom teater-klere aan trek en hy kom sit by my, hoekom het ek hom net lank al laat roep nie.

Na 9 nege is ek in die teater dis so koud ek ruk amper van die bed af!! Ek nie eers bang nie die pyn is net te erg!!! die op was omtrent so net oor 'n uur. Ek kom by en ek hou nie op met ruk nie ek kry so koud en eks so naar ek hou net nie op met kots nie. Die suster se hulle kon nie die buis red nie hy is verwyder en hoe ver was ek swanger ??die baba het so mooi daar gesit ( dis nie wat ek wou hoor nie!!! ek hou net aan opgooi!!! Ek was nog nooit so lank in die herstelkamer nie!! 'n uur en 'n half!!! nes hulle dink ek fine..gooi ek weer op. Luv is later ook al daar omdat hy worry omdat ek nie uit kom nie.

Half 12 kom ek weer in my nuwe kamer ...die susters was almal onsteld oor my geskiedenis en ek mag nie ontstel word nie so kraamvrouens en babas is 'n NEE!! Luv gee vir my tee met 'n teelepel dit laat my beter voel.. Hy gaan slaap by vriende en ek le en kruin van pyn maar daai erg pyn is weg, dankie tog!!!

Al is ek vol narkose en pyn pille en drips slaap ek NIKS!!! ek kan nie in hospitale slaap nie. 2uur die oggend toe sit ek en eet my broodjie en kry myself vreeslik jammer!! Om te piepie is 'n mission en 'n half!! 4 uur moet almal op en ek kan crack. Toe my dokter 8 uur in kom, toe ek "jy ontslaan my nou of ek pleeg moord!!! Ek bel Luv om my te kom haal en 9 uur is ek met sak vol pille daar uit. Elke hobbel oppad huis toe voel of my maag van my lyf af skud.... dis nogal seer!!.

So is swangerskap no 7, baba no 9 is verby voor ek dit nog kon besef... en vir die toekoms is my kans nou nog minder. Ek dink nie dit het al in gesink nie, skok tref my gewoontlik eers na 'n week. Dankie tog ek het nie die hartklop gesien nie, ek sou gecrack het..

3 comments:

  1. Hi Vrou,

    Ek is so ongelooflik jammer. Ek dink vreeslik baie aan jou.

    ReplyDelete
  2. Weet jy ek sit en huil hier oor jou storie. Ek weet nie hoe survive jy dit nie. Wat jy al moes deurgaan is net te erg! Ek wens so ons kan 'n waarborg kry dat alles eventually ok sal uitwerk en dat ons ons babatjies sal kry, maar daars nie so iets nie!

    Ek worry of ek my eerste miskraam gaan kry of nie en dis amper te erg om te hanteer - Hoe jy 9 keer daardeur kon gaan weet ek regtig nie...

    ReplyDelete
  3. Dankie julle!! eks fine... ek dink nie dit het al ingeskop nie en aan die anderkant dink ek my brein skakel al automaties af as die dinge met my gebeur... dis of ek in 'n voel-niks -mode- ingaan... daar is net niks!!! geen gevoel nie..

    ReplyDelete