Tuesday, March 2, 2010

Ons is oppad..dag 7.

Ek sit hier met baie emosies ...en ek sit met NIKS, ZILTS emosies. Dis nou confusing!!!!

Die een kant van kant van my is so opgewonde !!! soos ek in die laaste 2 jaar nie was nie. Ek is opgewonde om weer te kan IVF en SURO daarby is 'n bonus!! Dis so groot dat ek dit wil uitskree vanaf die hoogste berg, ek wil he ieder en elk moet weet hier van, my sussie gaan iets vir my doen wat ondenkbaar groot is. Dit is die grooste geskenk wat ek in my lewe sal kan kry ( of dit werk of nie) net om te kon aanbied om te doen is AMAZING!!!! LOVE YOU SUS!!!

MAAR dan skop die jarelange TTC ( trying to concieved) in, en dit maak my befok#$%$#%, want a.g.v. dit het ek geen emosies. Ek het vir niemand vertel nie ( behalwe dalk 5 mense) want ek weet dit het nie altyd die "happy ending" of die "fluit fluit die einde van die storie" effek nie.
Ek raak nie opgewonde nie, ek is nie bly nie, en dit maak my eintlik vies ,WANT oor iets fantasties!!! moet ek nou NIKS, dood, NUMB, bestaan ek nog ??gevoelings he...EN DIT PISS MY AF!!

Ek wil bly wees en vir almal wat ek ken of nie ken nie vertel van die wonderwerk, ek wil nie weer bang wees elke dag vir wat gebeur en my te moet regmaak vir teleurstellings nie...EN EK WIL NOOIT OOIT WEET BY MY HUIS IN KRAAM GAAN EN DAAR KRAAM NIE !! NOOIT!!!

SO my tasse is gepak.. wag dat LieweLUV moet klaar werk en dans dit Kaap toe. More oggend half 8 het ek 'n sonar by how ever, want my dokter ry fiets!! ( kom van jou fiets af, dr!! ek is oppad) en dan sal ons sien hoeveel follikels daar is, dis altyd interesant want dit voel die een oomblik soos 1 dan weer 10 (so tommorow we will see)

Ek het die keer die baie side-effects op Menopur nie, ek s net baie moeg!! wat 'n lekker side effect is.

Ek sal probeer om gereeld te up-date...MAY THIS STRORY HAVE A HAPPY ENDING XXX

Dankie vir almal wat aan my dink en vir my bid!

4 comments:

  1. Julle sal beslis in ons gebede opgedra word, en soos jy se mag hierdie story jou ware gelukkige einde wees.

    baie sterkte, en hou ons op hoogte.

    ReplyDelete
  2. Dag Cstelle,
    Vandaag heb je me heel blij gemaakt, nu weet ik hoe je uitziet. Wees gezegend, ook ik bid voor jou.
    Baaie sterkte, baaie liefs,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete
  3. ek dink aan julle hoor - ek volg jou storie elke dag (ek is n surrogaat vir n couple en ons begin nou met die meds binne die volgende paar dae).
    jy is in my gebede

    ReplyDelete
  4. Welkom Carine. Sterkte met jou pad dis baie spesiaal om so iets vir iemand te doen!!

    ReplyDelete