Sunday, February 28, 2010

Dag 5

Hierdie is vir my die heel verveligste van die hele IVF-proses. Spuit drink jou pille...Spuit drink jou pille...Spuit drink jou pille... ek wil he dit moet dag 8 wees sodat ek deur die kliniek deure kan bars ,opgewonde( ek dink almal sug al as hulle my sien "hiers sy weer" ) om te kan sien hoeveel eiers het ek.

Want as die 1ste "dildo-stick" sonar gedoen is weet ek dinge gaan nou gebeur!!!! Opwindende dinge!! en die keer baie, baie spesiale dinge. Vrydag gaan ek en SURO-SUS saam vir 'n sonar en ek weet voor my siel ons gaan lag !! want so tyd is al mos snaaks!!

OP die oomblik is ek net besig om myself vol HORMONES te pomp!! Hoop nie ek gaan soos laas oor als tjank nie, want die laaste keer het ek gehuil oor absolute stront soos die hasie wat dood gery is langs die pad ( ek hou nie van diere nie, ek gril vir hulle hare!!) as iemand wyn in sy glas gooi ( ek skaam my) maar dit het gebeur.Ek het voor groepe mense getjank!!!! So ek wag "come on MENOPUR kick me in the ass"

My dieetkundige het ge se ek moet probeer om nie op te tel nie, dit gaan moeilik wees met die "horror medicine" maar ek moet probeer. Ek gaan my als gee, want laas het ek soos OROS gelyk...wat dan 2 jaar vergeet het om sy pak uit te trek.

Vannaand gaan ek al begin om my tasse te pak vir die week in die Kaap sodat ek nie weer Dinsdag middag soos 'n af-kop-hoender rond hol nie.

..nou gaan ek slaap om een of ander rede bly ek moeg !! Is dit dalk die follies wat groei???

2 comments:

  1. Baie sterkte dame. Dit is presies hoe jy se: Eet, slaap dink jou pille, spuit en so gaan mens aan.

    Ek hoop alles werk baie goed uit...
    stuur vir jou net goeie **vibes**

    ReplyDelete
  2. Baie dankie!! ek dink baie aan jou!! xxx

    ReplyDelete