Thursday, March 25, 2010

As Dr jou nie kan bel..

Ek het Maandag vir my DR gemail en gese hy moet my bel. Dis eintlik simpel, want ek weet hy weet ook nie meer wat om te se nie, maar ek moet met hom praat. Ek hoor toe niks van hom nie en bel gister die spreekkamer en hulle se hys in teater.Hulle sal die boodskap gee.

4 uur gister middag stuur ek toe vir hom sms, hy se hy weet van die negatiewe betas, hy nog in die teater tot net voor 7, dan kan ons praat.

Kwart oor 7 gisteraand toe bel ek hom, hys toe oppad huis toe. Hy se toe hy is so jammer !!!!! Hy het Maandag toe hy inkom dadelik gehoor van ons toetse en hy was verpletter!!! Hy weet hy moes my bel, maar hy kon nie. Dit was vir hom te erg!! As jy so lank pad vir jare saam met iemand ( dis nou ek ) stap raak jy so betrokke by die geval ( my geval) en dit ontstel jou. HY kon nie met my praat nie.!!!!

Ek vra wat volgende en hy se hy weet ook nie meer nie, ons is deur al die lysies. EN hoekom dit nie werk nie weet niemand nie. Hy se daai embrios was so uitstekend!!! Dit wys jou daar is 'n hoe hand wat eintlik alles beheer.

Ons kan maar net weer Suro probeer dis al.

Ek besef nou as jy die dokter al ontstel raak jou pad lank...te lank!!!

No comments:

Post a Comment