Wednesday, March 24, 2010

So nou moet ons besluite neem.

Ek kan nie juis se hoe ek voel nie, want ek voel niks!!! Al vir jare, dis baie weird om vir iemand te beskryf maar dis of jy in jou eie atmosfeer bly waar niks is nie. Jys net daar. Al wat jy voel is ...jys net daar... dis hoe ek al lankal voel.

Ek was 100% seker 1 van ons gaan swanger wees maar 2 dae voor ons toets het ek weer in my niks-voel-kapsule in gegaan en myself begin regmaak vir die groot "AS" dit nie werk nie. Dis eintlik fuckup om te dink jy kan niks geniet nie want jy moet jouself atyd voor berei vir AS!

Ek wonder of mense weet hoe gelukkig jy is as jy "VANSELF" swanger raak, hoewel ek steeds glo dis 'n fabel om van seks swanger te raak. Om van seks swanger te raak is seker die goedkoopste ding op aarde!!

So ek het nou nog 'n IVF agter die rug, eks ge"pump" met hormones, ek sit met 'n potblou maag van die clexane en susosus met 'n blou hol. Ons bankbalans is in sy MOER!!
R45 000 later... en daar is (WEER) niks en dit nadat alles weer eens so goed gelyk het !!!

en dadelik gaan ek en Luv terug na "survival mode" Wat moet ons nou doen?? ek glo daar moet altyd 'n plan wees!!

Vir die eerste keer begin ek wonder?? wanneer is genoeg , genoeg???Dis maklik om te se gaan weer, jy kan nie op hou nie MAAR ons wil ook nie alle geld in 'n bodenlose put gooi , en eendag langs die pad met borde om ons nek staan nie en emosioneel bestaan ek nie eers meer nie. ( dis erg, hoor!!) Onthou vir 9 jaar het ek nog NOOIT op gehou nie. Eks 'n aanhouer...maar nie 'n wenner nie, shame!! arme ekke.

Moet ons maar imegreer?? As ons nie kinders binne die vlg 4 jaar het nie gaan ons beslis!!! Ons beplan dit al lank, hoekom nie sommer nou nie.
Luv is lus om van werk te verander, just for a new atventure.
Ons het 1000de dinge wat ons nou moet oor besluit.

Arme Surosus is baie teleurgestel, ek was ook met my 1ste keer die keer, ek nog nie eers die keer daaroor gehuil nie, ja dis waar!
Sy wil nou dadelik weer gaan...maar ons kan nie nou nie...

2 comments:

  1. My hart huil vir jou en surrosus. ek is na aan trane soos ek hier sit en tik.
    skree as jy n skouer soek - ek is hier.

    ReplyDelete
  2. Dankie Carine!!

    Sterkte met goed ook!!

    ReplyDelete