Wednesday, March 3, 2010

1st Scan agter die rug!

Was dou voor hoenderkraai al voor die kliniek, want dalk sit ons in die verkeer vas. En vanmiddag was ek OP. Het omtrent van 11 tot 3 geslaap en dis so nie ek nie, maar wat kan ek doen. Eks so MOEG!! moet se ek geniet dit nogal die slapies.

So op my regterkant het ek 2 groterige eiers wat baie nice is en die linker kant ok 2 wat kleiner is en klomp kleintjies. So more oggend is ek weer daar en dit lyk of ons dalk Maandag kan uit haal. Ek is nogal nou ongemaklik en effens seer, maar eks net so bly daars eiers. Hoe meer hoe beter. Suro-sus kry die beste 1 eier en ek die res!! Ek hoop daars om te vries ook, maar dit kon ek nog nooit reg kry nie. My eiers raak ook nou oud!!

Suro-sus gaan ook more saam vir haar sonar, sy is seker so opgewonde hoop ek. Hahahaha!

Die susters was vandag almal so opgewonde en almal is so positief soos al die kere te vore!!
So more is dit weer vroeg op al die kiddies uitsort en dan is ek, LUV en Suro-sus oppad!!!

1 comment:

  1. baie sterkte dame, ek glo alles sal goed gaan, en mag hierdie julle cycle wees.

    alles van die beste en hou ons op hoogte

    ReplyDelete