Monday, March 8, 2010

Half dosyn eiers !

ER was vanoggend 8 uur en ons het 6 eiers!!!!!

Die naweek se troue was baie lekker en het beslis my aandag van die hele IVF af getrek ek was net tot die dood toe moeg. Saterdag was ons op na die troue en toe moes ons wakker bly tot 11 uur die aand vir my laaste inspuiting( ons was te bang ons verslaap, sal dit nou nie 'n geneuk wees nie) Toe gaan drink ons koffie by van die ander wat by die troue was en 11 uur toe my alarm af gaan meng en spuit Liewe Luv my. Hys baie trots want die mense waar ons gaan koffie drink het by was 2 Gynea's, 2 Narkotiseurs, Pediator en GP en hy het my gespuit!! Cool vir Dr. LUV!!

Oppad terug het ons 2 gaan fliek baie nice!! En vanoggend dou voor hoender kraai was ons weer oppad kliniek toe. Ek was so fine, somtyds voel dit soos my 2de huis , jy ken van die ontvangs, lab, narkotiseur tot tee-dames.

Lekker gechat tot ek op daai teater bed klim tot is ek so emosioneel!!!! en tot my dokter inkom toe bars ek uit in trane....WANT EKS GATVOL OM ELKE KEER TERUG TE WEES. Ek wil nie hier wees nie!!!!

Toe ek weer by kom vra almal hoekom bloei jy so het jy iets gedrink??? NEEE!!! want tydens die operasie het ek vreeslik begin bloei.

Hulle het 6 eiers gekry so more na 11 bel ek om te hoor hoeveel het bevrug !! Hou maar duim vas dat almal vat.

So toe hou ek nie weer op om te bloei nie...very bad memories...
Eks deur 3 pads terwyl ek nog by die kliniek was en oppad het ek geslaap en die volgende oomblik skrik ek wakker want ALS IS ONDER BLOED!! MY klere, die matras agter in die kar en dit loop net uit. Ons moes 2keer langs die pad stop en Liewe Luv moes nog pads by Caledon koop.

Ek het ge freak!! Gelukkig het dit nou gestop!!! Eks nogal geswel en baie seer , maar dis seker "part of the deal"

Suro-sus het vanoggend begin met haar Gestone inspuitings, ek kan net se sterkte as dit werk le daar nog 54 voor.

4 comments:

  1. Dag Cstelle,
    Dat is allemaal spannend en – met Gods hulp – biedt het goede uitzichten voor jou. Fijn dat je man met de spuit kan omgaan. Ik wacht weer op het vervolg van je berichten. Wees gezegend!
    Baaie liefs,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete
  2. Lieve Cstelle,
    Vreemd genoeg: de teller stond op nul. Hopelijk zie je mijn "Comment".
    Baaie lieve groetjes,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete
  3. Baie baie geluk - ek hoop almal bevrug en almal is 150% great vir jou en suro sus.
    Ek is so bly vir jou Yippeee - net nasty van die bloei..

    ReplyDelete
  4. Hi Carine!! stuur vir my email ek kry nie een na jou toe nie wil sommer vir jou sterkte se met jou suro-storie..

    ReplyDelete