Thursday, March 4, 2010

Als lyk op die oomblik goed!!

Was vanoggend weer vir 'n scan, was so vroeg daar die hekke was nog toe en toe lag ons eers. Want dis nou as jy bang is vir die verkeer!

Ek het nou 4 groot eiers en het vandag begin spuit om die grotes te stop so ons wag vir die paar kleintjies. Dr. is baie seker ons gaan Maandag uit haal, en dan gaan my dr kom ,dan is hy gelukkig klaar gefiets.

So more gaan ek weer en van daar af gaan ons Waenhuiskrans toe vir my vriendin se troue. Eks so bly ek kan dit maak.

Moet se die afgelope oggende was ons so vroeg wakker en Saterdag wat ek af het is dit 'n ...OGGEND TROUE!!! so die hele week is dit vroeg op vir my wat beslis nie 'n oggend mens is nie, is dit erg!

Verder voel ek goed. Suro-sus was vir haar sonar en haar lining is reg. Het lekker gelag toe ek sien die kamerjas van haar hang op die grond( sy is mos net 1,5m)

Het vanmiddag vir haar 'n GOODIE BAG gekoop vir al haar moeite!!! She is a STAR!!!

Sal eers weer Sondag op die blog wees!

Lekker naweek!

No comments:

Post a Comment