Friday, March 5, 2010

ER is Maandag!!

Kom nou net van die kliniek af ! Laaste scan wys daars 4 nice groot eiers so sal maar maandag moet sien hoeveel hulle kry. Toe ek 27 was en ek was vir my 1ste IVF het ek klompe eiers gehad maar nou kan ek sien op 36 is daar nie meer so baie eiers nie. Wys jou ek sal maar my kanse moet gebruik van nou af.

Maandag oggend moet ek 7uur daar wees en dan gaan ek teater toe. Ons goed het so lekker uit gewerk so ons is nou oppad see toe vir die troue.....LEKKKEERRRRR!!

Die dokter het gese omdat ek met daai Anti Stolings probleem sit , en die herhaalde miskrame mee sukkel. Is erg omdat hulle nie regtig al antwoorde daar voor het nie, dis iets wat in die toekoms eers antwoorde sal lewer. Ons hoop hierdie keer werk Clexanne.

Moreoggend spuit ons die laaste Menopur en more aand 11 uur spuit ons Cetrodide. hoop liewe LUV het nie te veel champagne gedrink op troue sodat hy darem kan dokter dokter speel.

3 comments:

  1. Lieftallige Cstelle,
    Een lekkere naweek gewenst!
    Baaie groetjes uit Vlaanderen (waar de lente op zich wachten laat :( )
    Nadja
    <3

    ReplyDelete
  2. Baie sterkte dame... Ek hoop regtig alles werk baie goed uit vir julle

    ReplyDelete