Monday, March 15, 2010

Rustige Maandag

Na 'n baie bedrywige tyd na ET is my Maandag nou weer rustig!! My Suro-sus was die naweek hier by my en dit was so lekker gewees!! Ek het haar kiddies so geniet en gisteraand was die huis so leeg. Ek is verslaaf aan hulle, wens so ek kan hulle elke liewe dag sien. Eks mal verlief op hulle.

Ek voel fine en dink darem nie so baie die heeltyd nie...you wish!!

Ek is na die terug sit weer op die sakke vol meds!! Jippee!!

1 Cyclogsest oggend en aand ( Vaginale setpille, kan nie glo daar bestaan so iets aaklig nie)
2 Vit B
3 Foliensuurpille
4 Progynova (3 van hulle)

en dan die "miskraam cocktail" wat die dokters nie weet, werk dit of nie.

5 Kwart disprin
6 Prednisoon ( cortisoon 4 van hulle)
7 Clexane inspuiting elke dag ( bloedverdunning) Maak my vol bloukolle!!

So nou wag ons maar in spanning vir die GROOT TOETS DAG!! Wat met ons luck op 'n langnaweek val. Sal 'n oop lab moet soek!!.

1 comment:

  1. Ek weet hoe jy voel. Ek sit en wag vir confirmation vir egg retrieval en dan gaan ons n 5 dag transfer doen - hopelik volgende week woensdag.

    Sterkte met die meds - ek haat die goed net so hoor.

    ReplyDelete