Friday, March 26, 2010

SURO-SUS


Vandag dra ek op aan my Suster!!!! Sy het ons 'n ongelooflike kans gegee om ons drome te bewaarheid!! Al het dit nie gewerk nie het ons nog altyd 'n kans gehad.


Sy het aan gebied om Suro te speel, sy het 'n volle maand haarself elke dag in gespuit met hormone sonder om 1 keer te kla. Sy het haarself in my skoene gesit om 'n deeltjie deur te gaan van dit wat ek al deur gaan vir 9 nege jaar. Pille, inspuitings, teaters, kateters die 2ww en die horrilble NEGATIEF!!!!


Haar lyf is seer gespuit, haar hormonale sisteem is buite beheer en deur al het sy nog haar 2 dogtertjies wat ook BAIE aandag vat.


..en deur dit al het sy nooit gemoan nie, wat so nice is want ek sal nie nog dit ook kan hanteer nie. Ek moet myself heeltyd aan die gang probeer hou!!


Sy is amazing, sterker as die voortrekkers, sy is cool en 'n wonderlike ma, en sy hou van gee.

Dankie dat jy vir my iets nice wou gee ...al was dit net 'n kans!!!!


2 comments:

  1. Jou sussie is regtig spesiaal, ek wens my sussie wil dit vir my aanbied, maar sy het gesĂȘ sy wil nooit weer swanger wees nie. Ek kan ook nie so iets groots van haar vra nie.

    Sterke vorentoe, ek weet uit my persoonlike ondervinding dat mense gou vergeet van jou hartseer en aanbeweeg en hulle verwag dit van jou ook. Ongelukkig is dit nie maklik nie, en het ek gevind dat ek 'n week of so later regtig erger gevoel het as net toe ek die slegte nuus ontvang het. Dit vat ook 'n ruk om in te sink. Ek dink nog gereeld aan jou, veral in my gebede...

    ReplyDelete
  2. Ek's jammer jou sussie wil dit nie vir jou doen nie. Want ek dink dis die niceste gift ever!! Moet nie moet op gee nie...snaakse dinge gebeur op snaakse tye.

    Ek dink jy's reg dit sink nou eers in , ek was fine maar nou wil ek net slaap...en dan weet ek dis omdat ek wil weg kom van my omstandighede. Ek wil wakker word en als moet verby wees!

    Ek dink aan jou want ek sien jy stap ook al 'n lang TTC road!

    ReplyDelete