Tuesday, March 30, 2010

ALL the IF-sisters!!

Jislaaik die laaste paar dae was ek in kontak met so baie van my IF -sisters almal begin met hulle hartseer lang pad, 'n pad vol hoop , soms weer sonder enige hoop... 'n pad waarvan niemand die einde weet nie. Dis vrouens met soveel hartseer, dis onbeskryflik!!! Dit ruk jou hart uit mekaar!!

Almal het dieselde vrae, soek dieselfde antwoorde, soek dieselfde in die lewe. Met elke probeer slag raak jy ouer en daars vrouens wat se kanse al hoe skaler raak met elke dag en waar hoop elke sekonde weg skyn, dis verskriklik!! Ek wens ek kon vir almal se moenie worry nie !! jou tyd gaan kom....maar niemand kan se nie.

Ek het die vriende wat die mees fantastiese ouers sou wees. Hulle kinders sou nie vir beter, opwindender ouers kon vra nie. Hulle tyd was op!! Daar was geen hoop meer nie, en dis onregverdig!! Ek kry hulle so jammer!! Maar dis verby... 'n lewe sonder kinders dis wat op hulle wag. En al het hulle vrede daarmee gemaak , weet ek in hulle hart is dit nie die waarheid nie. Ek wens ek kon toor!!!

Dan aan die ander kant kry jy die assholes wat glad nie verdien om kinders te he of moet he!!
Soos die naweek was ek in 'n geselskap waar die een vrou die hele fokkin aand gemoan het oor haar kinders en haar man! Kinders is erg!! Sy raak mal!! Sy het 'n "brake" nodig!! ( ek het die kinders nie juis die aand gesien nie) sy is so deur die#$%$# dat sy dit blykbaar ook nie agter gekom het nie, net te bly sy kon ander mense vermaak met haar Moans and groans!! Let daar op dat sy 2 bediendes het en GLAD NIE WERK NIE!!! So julle is reg sy doen niks met haar kinders nie en wag!!!!! haar man wil nog 'n seuntjie he , sy wil nie want sy hou niks van kinders nie. Die prentjie is mos nog nie voltooi nie want pappa moet 'n seuntjie he. Want een of ander houkis poukis toertjie het gewys die volgende gaan 'n SEUN wees!! Kan jy dit glo!!!

En vriendin wat haar nou raad gee wat ook 2 hulpe het wat help met die 2kinders en gedurige alleen moet weg gaan om te rus van niks doen...weet ook presies hoe erg kinders is. Dis nou die DEPRESIEWE PLAYS wat ek moet aan hoor!!!

Ek wonder altyd as hulle kinders vandag iets moet oor kom of hulle daaroor gaan huil, want dit moet mos eintlik dan 'n dag van blydskap wees!! As iets wat jou irriteer nie meer daar is nie.

So vir julle wat so lank al sukkel, wat die beste ouers onder die son sal wees omdat julle regtig egtig kinders wil he, ek bid met my hele hart julle grootste drome word waar.

JULLE VERDIEN DIT!!!!!!

No comments:

Post a Comment