Monday, May 3, 2010

Wanneer kom die reen???

Ons het nou al 'n jaar lank droogte en die reen wil net nie kom nie. Die ergste is om te sien hoe alles stadig maar seker dood gaan... My tuin was my stokperdjie, eks mal oor tuin maak en my tuin was altyd so mooi, maar nou haal ek elke maand net nog bome uit wat gevrek het. Tot die bome wat ek geplant het vir my babas het ook gevrek ( dis nogal hartseer).

Ek kon ure buite wees maar die laaste jaar gaan ek nie eers meer uit of stap in my tuin nie want alles lyk aaklig. Ek het ook besluit om nie weer te begin tuin maak tot die droogte nie gebreek is nie, en die damme nie oorloop nie.

Maar laasweek kon nie meer nie en nou het ek 'n paar potte wat ek vol kruie en pancy's geplant het. Eks so trots daar op!!! Ek gaan as dit weer reen maar van vooraf my tuin moet oor doen, en ek sien uit, ietsie nuuts!!

Die laaste week bly ek siekerig en dit sit mens terug want ek het nie krag om iets te doen nie, maar ek het 'n opgewondenheid in my, dis of ek als wil doen. Ek wil my sitkamer oor verf en ons kamer ( besluit nog oor die kleur) en ek begin uitsien na my vlg IVF ( kan jy glo, 2 maande terug se blou merke op my maag is nog nie eers heeltemal weg nie , maar ek kan nie wag nie!!

Aan houer wen!!!

2 comments:

  1. Liewe Cstelle,
    Ons is ook doorheen 'n relatiewe droogteperiode, maar vandag het ons motregen.
    Kyk af en toe eens in my Blog, ek bring prente van plante en bome uit die vroeëre Belgiese Kongo. Hier hou ek baie van moeras- en waterplante.
    Tot volgende keer. Baaie liewe groetjes,
    Nadja
    <3

    ReplyDelete
  2. Julle het die droogte en hier is dit sop nat. Ek kan net dink jy sien uit na die volgende IVF, ons doen weer 'n IUI die maand en sal Donderdag en Vrydag gaan. So die 2ww is om die draai vir my.

    Hoop jy voel gou wee beter en dat jou blou merke begin minder raak voor die volgende sessie.

    ReplyDelete