Wednesday, May 12, 2010

Ons is sielkundig vol spelfoute??

Ek het eergister ons verslae van die sielkundige af gekry, ons is nou nog vies oor dit wat ons moes betaal het. Ek lees toe daar deur en dis so vol spelfoute en ek praat nie van "is and are" nie.NEE, fatale foute. Foute wat gaan maak dat die hof dink dis 'n grap!!

Suro-sus wat die grooste rol in die storie speel se van is verkeerd. Nie eers dat dit net letter is wat uit gelaat is nie, NEE!! sy het heeltemal 'n ander van. Liewe Luv het ook 'n heeltemal ander werk as wat hy doen, ons bly in 'n straat watse naam ek nog nooit gehoor het nie, en my hele geskiedenis is verkeerd,,ja ver van reg af.

Ek was so vies want dit wys dit wat ek nou mee besig is, Mense aanbid Mammon en is nie daar om jou te help nie. Hulle is gou om jou geld te vat... en dan rammel hulle die verslae af wat hulle 20 minute neem. Die een is nie eers weer deur gelees nie.

Ek moet se as ek die sielkundige is en 'n leek mail my liewe DR Sielkundige jou verslaggie is vol foutjies, dis hof gaan nie tevrede wees met jou werk nie. Sak ek in die grind in weg!!! Ek sal my dood skaam.

Hoe meer mense vir my uitvind, by advokate en prokureurs is almal dit eens " hulle vra te veel geld"!!!! want dis net kontrak werk dis al. Ons is nou besig en dit kom al hoe meer uit dat die maatskaplike werker se verslae nie nodig is nie?? Dis vreeslik interresant!!!

Dit sal vir my so nice wees as ek goedkoper kan weg kom, want dan kan ander mense in dieselfde bootjie as ons ook 'n keuse he van rond shop met pryse en nie net die IF-uitbuitende-mafia gebruik nie. Hou vir my duim vas!!!!

No comments:

Post a Comment