Friday, April 30, 2010

Die aarde word behandel deur "Evil mense"

Liewe Luv het ‘n brief gister in die pos gekry by sy werk:
Die brief is van ‘n naamlose pateet (ja jy lees reg, naamloos dit se mos als van die persoon). Dit lees as volg:

Cstelle
Jy se dat jy al alles probeer het om swanger te raak, maar ek wil voorstel dat voordat jy nog iets probeer jy eers na jou hart gaan kyk. Met jou kennis van kenisiologie behoort jy te weet wat die uitwerking van soveel haat en bitterheid op jou gestel kan he. Ek kan nie dink hoe ‘n nuwe lewe in ‘n lyf kan groei wat so deurtrek is van negatiewe emosies en gevoelens nie.
Ons is nog nie in die hemel waar almal en alles volmaak is nie- hier op aarde het ons te make met mense en almal het foute. (Ook jou engel suster!!!) Niemand het net sleg in hom nie almal het goed ook. Ons moet net fokus op die goed en dan sien mens al meer en meer die goeie raak. Ongelukkig is die teenoorgesteld ook waar- hoe meer jy fokus op die foute hoe meer foute sien jy raak.
Ek stel voor dat jy omdraai op die pad wat jy gestap het en aangaan by die mense wat by jou soveel negatiewe emosies laat ontstaan het, gee hulle ‘n kans om hulself te verduidelik, miskien om verskoning te vra of wat ook al, suiwer die lug. Belangriker nog suiwer jou van al die bitterheid en verander jou gesindheid! As jy nie op jou eie kan regkry nie VRA VIR PROFESSIONELE HULP!!!


Nou ja dis nou die brief, dis ‘n baie onsamehangende brief( eintlik ‘n spul crap) van iemand wat
duidelik ‘n lewe het waarin sy niemand niks gun nie, want om soveel lelike goed te se, sommer ook van my engel suster te praat ( foeitog jy is seker jaloers oor jy nie ‘n suster het, wat nog te se iets nice vir jou sal doen soos ‘n suro, geen vriende en ‘n horrible eensame lewe) Ek kan net se Sterkte.

As daar nou een iets is wat my ‘n kramp gee is dit ‘n naamlose brief ( dis baie soos standard 2 kinders)
Want as jy jou mening wil lig, of iets wil se, doen dit, maar ‘n naamlose brief sit jou in ‘n klas van ‘n volslae, ruggraatlose PATEET!!! Wat seker nou nog wegkruip agter jou ma se rokspante!

Ja, al my IF susters dis mense soos DIE wat daar buite rond wandel, shame… Wat sy eintlik wil se is: julle wat so lank sukkel om swanger te raak, dis julle eie skuld want julle is vol haat en negatiewe emosies.

Kom ons wag en sien wanneer NAAMLOSE PATEET haar naam gaan bekend maak!!! Ek kan nie wag nie!

4 comments:

  1. Lieve Cstelle,
    Laat jy nie opwindende deur 'n dom jaloerse anonieme brief. Dit is presies wat hulle soek. Jou kinderwens is ten volle geregverdig. Doe verder en laat jou in jou gevoelens nie steur.
    Baaie groeten,
    Jou vriendin
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete
  2. Sjoe, ek is geskok dat iemand so iets kan doen! Daardie persoon moet dalk sy/haar eie raad volg. Klink my hy/sy het juis die probleme waarvan jy beskuldig word. Ek dink dis uiters laag om so iets aan 'n ander mens te doen. Ek dink elke dag aan jou in my gebede - sterkte!

    ReplyDelete
  3. Wow. Hoop nie Naamloos sien haarself as 'n Christen nie. Die brief is dan vol haat en jaloesie. Dit kon netsowel die duiwel self gewees het wat dit geskryf het.
    Dit is baie scary dat daar sulke mense los rondloop op straat. En dit nog op jou doorstep.
    Naamloos behoort haar eie raad te volg en so spoedig moontlik professionele hulp te kry vir haar toestand.
    Moenie jou steur aan hierdie duiweluitsprake nie.Jy weet mos waar jou hulp vandaan kom.
    Sterkte

    ReplyDelete
  4. Hi Cstelle. EK kan nie glo iemand is so gevoelloos nie. Ek neem aan sy het die blog gelees en toe die briefietjie geskryf, so sy/hy sal al die kommentaar ook kom lees.
    Negatiewe emosies is in almal van ons, sekere mense hou dit net binne hulself opgekrop. Ek dink dis goed dat jy eerder met ander mense deel hoe jy voel, dan raak jy van al die negatiwiteit in jou ontslae en voel beter.

    Al het ek kinders kan ek ook 'n kleintjie kry as van my vriende hul eie kinders so ophemel oor die ou goedjies wat hul kan doen. Dis asof hulle in hul eie lewens niks kon regkry nie en nou irriteer hulle hul vriende met die gespog oor hul kinders.

    Sterkte verder en ek hoop Anoniem kom te voorskyn en deel ook haar/sy negatiwiteit met ander. Dit kan hom/haar net 'n beter mens maak!!

    ReplyDelete