Friday, May 7, 2010

Vit B en besluite.

Vir 2 weke is ek nie siek nie , maar ook nie reg nie. Ek kom net nie aan die gang nie en ek bly Af voel. So gister het ekvir my Vit B inspuitings by die Apteek bestel en vir Liewe Luv ook, om ons 2 te "boost" vir die begin van die winter en om my op 'n "roll" te sit.

So vannaand gaan ons 2 mekaar spuit. Luv is nou bang , want ek het hom nog nooit gespuit nie, hy my in teendeel 100de kere. Maar dit gaan nogal vir my lekker wees om hom ook te spuit!! Watch out my Luvvie!! Moet se hy spuit baie nice, dis hoekom ek nie dat hulle my by die apteek gaan spuit nie en liewers hom te voorreg gee. Ek voel so simpel dat ek nie kan wag vir die inspuiting nie, kan nie glo ek se dit nie, but some people do get crazy after a few years!!

Gisteraand het Luv laat by die huis gekom en toe het ons sel gehad, so ons kon nie juis lekker besluit wat ons nou gaan doen nie... omdat ons moet aansoek doen by die hooggeregs hof moet jy nie net die prokureur he nie maar ook 'n advokaat ( ja , jy hoor reg $$$$$$$$$$$) die prokureur gaan so 10 ure besig wees met die aansoek sy fooi is R1500 per uur en die Advokaat R6 000 plus al die ander "crap" so die hele petalje gaan ons soveel kos soo 'n IVF. Dis om van te kots!!

Dis vir my so erg, want IF behandelings is klaar so ommoontlik duur en nou dit ook nog, en my borg gaan betaal vir die Suro/Ivf maar dit ook nog by. Ek weet die wet het tengoede verander, maar ....

"I need to rob a bank"

Ons 2kies gaan nou oor die naweek besluit wat ons nou gaan doen...

3 comments:

  1. Liewe vriendin Cstelle
    Hierdie nuwe wet is reguit 'n skandaal. Het die Republiek van Suid Afrika as geen behoefte aan nakroost? Dit is onbegryplik.
    My huisdokter het my ook Vitamin B voorgeskryf ..
    Bly moedig om die regte besluit te neem.
    Baaie liefs,
    Nadja
    <3

    ReplyDelete
  2. Sjoe! Ek het nie besef hoe duur die regskostes gaan uitwerk nie! Ek's regtig jammer jy moet nou langer wag! Dit is seker baie moeilik om te verwerk. Die nuwe wet is versonderstel om beter te wees, maar dit lyk nie of dit werklik so gaan uitwerk nie!

    ReplyDelete
  3. Ja, eks self moedeloos!! Die wet is seker ten goede maar dis so duur!!!! Ons maak nou maar somme!! Ek probeer maar moed hou!!

    lekker naweek julle 2

    ReplyDelete