Thursday, May 6, 2010

NEE, die nuwe wet!!!


Okay, net soos ons dink ons gaan vorentoe is dit 5 stappe terug!!! Kan dinge nie net reg verloop nie. Na ek by dokter als uit gevind het, vir wat volgende.... bel die suster wat die Surogasie program doen met die volgende nuus!!!!
Ek wou in trane uitbars!!!
Die Suro -,wet het 1 April verander ( en dis nie 'n April fool grap nie, dis for real!) ek het dit so deur die lyne agter gekom as ek goed lees dat die wet verander het, maaar die wet sukkek ook nou al jare om af te kom, en nou dat ons weer wil gaan ,nou is hy hier!!! BAd Luck.
Die nuwe wet: daar moet nou aansoek gedoen by die Hoogeregs Hof ( wat 6 weke neem) jy moet nou 'n "OKAY" van hulle af he voor die kliniek dit sal doen. Dit maak nie saak of ons dit al gedoen het nie, of dit my suster is of wat ook al ons moet aansoek doen.
Dit beteken sekere, want nie almal verstaan Surogasie nie, moet daarmee werk, sekere prokureurs ( en my comminsense se my ,werk met hulle want die hof ken hulle) dit beteken ons moet weer Kaap toe vir 'n dag en ek Haat die Kaap!!!!!
Ek weet ook hoe lank wat dinge veral die hof deesdae in SA. So 6 weke kan dalk langer wees, so ons moet ons seker klaar maak vir die ergste dan is dit dit 'n bonus as dit gouer neem. So Junie/Julie kan dalk Augustus raak...
Kan dinge in die lewe nie net maklik wees nie?????

No comments:

Post a Comment