Sunday, May 9, 2010

Moedersdag

Moedersdag!!!! en ek is nog steeds nie een nie......

SO vandag dra ek en dan maar op aan my MA. Sy is baie spesiaal vir my en eks baie lief vir haar.
My MA is so mal soos 'n haas op haar eie planeet... sy het dieselfde haarstyl van sy 18 jaar oud is, dis nou net grys ( so ons as haar kinders kon haar myle ver uitken want sy lyk al die jare dieselfde) Sy kan nie juis naalwerk doen nie maar ruk gou haar masjien vir ons uit, as 'n broek soom moet korter( ons is die juis aan die lank kant nie) Sy maak lekker kos, maar met deur mekaar geit verbrand iets gereeld.

Sy kan nie Nee se nie, ons spot haar al dat sy baie is soos daai hondjies agter in die karre wat se koppe so op en af gaan, altyd ja ek sal dit vir jou doen!

Sy is mal oor blomme!! dis ook haar werk sy kweek hulle. Sy bederf ons altyd met haar-eie-manier-goed,( na al die jare is verjaarsdae steeds snaaks met wat sy ons die keer mee gaan verras.) Jy herken ook altyd haar pakkies myle ver, want dis met ou geskenkpapier toegedraai, gewoontlik met 2 verskillende papiere en daar steek altyd van die geskenk erens uit. Dis regtig snaaks, maar dis soos sy is.

My ma is baie "sports" ons lag altyd!! Sy is altyd "game" vir als en wil alles weet en as ek daar kuier gaan slaap ons gewoontlik baie laat die volgende oggend soos ons chat.

My MA is uniek, eie in haar soort, sy is spesiaal!!!!

Ek MAL oor haar, Ma eks lief vir jou net soos jy is!!! xxxxx
.

No comments:

Post a Comment