Monday, February 22, 2010

Hoekom is ek bang???

In die verlede was my hoogte punt gewoontlik om vir 'n IVF te kon gaan. Dis heavy stuff en eks in die "run for maybe-a-baby" Tussen my en Luv is dit soms 'n storie om te besluit ons is reg, want as die 1 reg is is die ander 1 nie. Maar nou na die 2ling is ek parranoid!!!!

Dis so erg dat ek my glad nie self ken nie. My rug het 2 weke terug in 'n spasma in getrek en daarna het ek 24/7 hier die vreeslike hoofpyne en dis van STRES en ek had daai woord.

en hierdie keer moet eintlik die heel niceste een van almal wees want:

# Ons het 2kanse ( ek en Suro-sus) dis so half 2 vir die prys van 1.
# Daar moet eintlik geen druk op my wees nie, MAAR DAAR IS!!

Waar voor is ek dan bang???

# Eks bang dit werk nie!!!!
# Eks bang vir dit waar deur Suro-sus moet gaan. ( ek weet hoe erg dit is)
# Eks bang ek bars in trane uit as iemand net na my kyk
# Eks bang om swanger te wees en weer vir 10 weke te bloei.
# Eks bang om swanger te wees en weer by my huis die baba te verloor
# Eks bang vir dokters wat se "JAMMER"

EKS PLAIN NET MOERSE BANG !!!

Ek weet ek moet myself nou reg ruk, ek wil op my beste hier deur gaan..maar nou raak die tyd min en my kop is aan flarde....miskien is dit net senuwees???

1 comment:

  1. Ag jitte dame. Ek weet dit is nie maklik om deur al hierdie emosies te gaan nie, en elke keer is mens so bang vir al die nagevolge, of bang vir alles wat al in die verlede gebeur het.

    Ek hoop jy sal 'n rustige plekkie vind, en dat jy sal kan vooruit kyk en dat jy al die beste sal kan sien gebeur.

    Baie sterkte ek dink aan julle!

    ReplyDelete