Wednesday, February 24, 2010

DAY 1 !!!

Jippee!!!!!!!!!! het nooit gedink ek sal so bly wees as my periods op daag nie. Eks uit my veluit( kan jy glo oor dit??) Ekwas so bang dat dit die keer weer wegbly en nie wil kom nie, want as jy mos wil he dit moet kom dan speel dit mos die"disapearing act"

Maar gisteraand het ek dit vermoed en vanoggend toe ek opstaan WHOOLA!! So ek het die kliniek gebel en wag nou soos in "as from this moment" vir hulle oproep om alles te bespreek.

So volgende Woensdag is dit dag 8 se sonar en nou wil ek net begin!!!! ek vermoed SURO-SUS ook want die se maag is seker soos 'n gieter gespuit van die Lucrin. In die middel van als trou my beste skoolvriendin volgende Saterdag en ek doen die make-up, hoop regtig nie 'n sonar val op daai Saterdag nie, sal maar moet sien.

Gister was nogal 'n emosionele dag , ek het by my vriendin gaan kuier wat so siek is van die kanker... ek hou nie van sulke goed nie maar dis net of ek moes gaan en ek het al geleer was jy iets wil doen , doen dit NOU. Anders is jy later spyt.

Ek het sommer net gechat en haar hande gemaseer, daars nie veel wat mens anders kan doen nie en sy het dit so waardeer. Sy is so moeg en swak....dit was so hartseer om te sien hoe sy nou lyk en ek het so gesukkel om nie in trane uit te bars voor haar en die familie nie. Sy is so sterk !!! en sy kla net nooit !!!Sy is eintlik AMAZING!!!!!!!!!!!!!!!! Toe ek daar weg ry het ek getjank tot by die huis.

No comments:

Post a Comment