Tuesday, February 9, 2010

Kinders is so duur!!! ?????

Vanoggend het ek gaan fietsry saam met 'n vriendin, en dan chat ons allerhande stories en dit en dat, bla bla bla bla.

Ek is al een van alle vriendinne wat "aan lee nes sindroom ly" as ek vlerke gehad het moes ek seker nie eers die moeite gedoen het om 'n nes te bou. TYD MORS!!!.

Partykeer dink ek ander mense dink nie voor hulle praat nie en so vertel sy hoe duur dit is om kinders te he( daar moet 'n kappie op die e wees maar ek weet nie hoe nie) dis soveel skoolgeld en dit en dat en moan ....moan. En sy kan nie dink mense wil baie kinders he( weer die e???) dis so duur. Dan wil hulle jou mos laat voel dat jy nou gelukkig is om nie kids te he nie want dan het jy nie die daai finasiele druk op jou nie.

...en dis net hier waar ek besluit het.

FOK DIT!!!!!!!!!

Dis moerse goedkoop om kinders te he wat van self kom. Eintlik is dit belaglik goedkoop!!! Dis pret en plesier!!! dis verniet!!!!!

Jy sit nie 'n deposito wat gelyk aan 'n oorsese vakansie neer. Word nie soos 'n gieter gesteek met naalde. Jou dae gaan nie oor dag so en dag so nie. Jy hoef nie bene oop te le voor "vreemde" mans nie" en dan deur enorme STRESS vir 2 weke te gaan net om te hoor. SORRY!!!! Ons probeer maar weer...dankie vir jou geldjies!!

Jy wat nou so moan oor duur skoolgelde weet jy dat die bedrag wat jy genoem het wat jou 2 kinders se skoolgeld die jaar kos dis soveel soos ons Sielkundige evaluasie vir 2 ure gekos het.

En daar is nie eers 'n waarborg dat dit gaan werk nie, en as dit nie werk nie is daai geld "down the drain" en weet jy wat???? jou kinders kan nog steeds die hele jaar skool gaan.

So om kinders te he dis moerse goedkoop...MAAR AS JY SUKKEL OM KINDERS TE HE, SORRY DAN BETAAL JY!!!!! en dit werk nie eers soos in 'n winkel dat as jy betaal dan kry jy iets nie.

5 comments:

  1. Ek "love" hierdie posstuk. Ek kan nie dink dat mense ooit sal besef waardeur ons gaan nie tot hulle self daardeur is nie. Die geld waaroor mense kerm is kleingeld teenoor die geld wat ons vir elke deel van die proses moet betaal. Baie sterkte.

    ReplyDelete
  2. Ja, beslis dit waarmee ons besig is kos elke liewe dingetjie 'n plaas!! Ek kon al seker 'n Olimpiese Standaard swembad met al die geld in ge sit het.

    ReplyDelete
  3. Beslis... en ek weet dat mense nie dit so sien nie. Ons het self ook daai probleem, en soms moet ek my tong byt voordat ek iets kwyt raak

    ReplyDelete
  4. I really do hear your frustration..

    All the best for your surro-cycle..

    Thinking of you often

    ReplyDelete
  5. Lieve Cstelle,
    We kennen hier ook dat soort praat van “kinderen zijn duur” komende van mensen die vooral de nadruk leggen op hun gemakzucht, “carrière”, comfort en eigen materieel welzijn. Ze denken je daarmee te “troosten” en beseffen niet dat ze juist het omgekeerde bereiken. Daarbij is het stelsel van kinderbijslag (“kindergeld”) in Vlaanderen voordelig. Ik denk dat de suro-behandeling hier net zo duur is als in Zuid-Afrika, maar de Ziekenkas (Social security) betaalt toch nog iets terug. Laat je maar niet ontmoedigen, kinderen zijn een Zegen, waarvan de waarde zich niet in geld laat uitdrukken.
    Baaie sterkte,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete