Thursday, February 25, 2010

Eks opgewonde!!

Ek kan nie glo hoe opgewonde ek is nie... ek was bang die afgelope 3 maande, maar nous ek uit my vel uit. Ek kan nie wag om more te begin spuit nie!! ( moet se kan nie glo ek sien daarna uit nie) moet myself amper keer om nie nou al die spuit te begin meng nie. EKS SO OPGEWONDE!!

Ek weet daar moet nog baie water in die see loop voor enige iets om oor opgewonde te raak , maar dink nie die pret wat ons gaan he as ek en SURO-SUS preggies gaan wees. ( kan dit nie maar GROOT ASB so wees nie) Binne 3 weke van nou af sal ons weet.

Ek weet ook nou al na 9 jaar en baie miskrame dat dinge nie altyd uit werk soos jy dink nie, en in my agterkop weet ek "stop girl" moenie nou al die donkie voor die kar span nie.

...maar een of ander tyd moet ek mos 'n "luck strike" !!! tenminste gaan ek en SURO-SUS jare hierna nog baie kan chat oor ons "journey"

No comments:

Post a Comment