Tuesday, February 16, 2010

35 turning 36!!!!

Vandag is my laaste dag van 35... en snaaks genoeg hoe jy oor dinge dink. Jare terug was die lewe net een groot jol van A tot Z geen bekomernisse als werk presies uit soos JY dit wil he!! ( moet se myne nou nie altyd reg nie maar nou wel)

Jare terug het ek gedink op 36 sit ek met 'n huis vol kinders waar van die 1ste al in die skool is. Ek gaan nou op 36 langs die sport velde sit, kinder parties hou en na toe gaan, aande slaaptyd stories lees. Vir my verjaardag gaan my kiddies my bederf met briefies met verkeerde spelling en lekker mamma- drukkies!!

Maar NEE hier is ek nou amper 36 met GEEN kinders!!!! Niks briefies, niks drukkies!! En 36 begin nou meer na bejaard klink as na tiener, en my IF-jare begin nou tel elkeen is so baie werd want hulle raak nou baie min.

Ek sal al die orige cupcakes self moet op eet, hiers nie kinders wat dit gaan verorber nie... en more middag as al my vriendinne kom koek en tee gaan EK DIE B-DAY GIRL!!! moet sit en luister na hulle gemoan oor hulle kinders.

Hoe erg dit is om kiddies te he ( hulle sin is mos by die verkeerde adres af gelaai)
Hoe duur als is ( hulle sin het mos met 'n moerse rekening by hul huis aan gekom)
Hoe slim die een se kind is ( en dan as jy hom vra " waar is jou ogies...dan wys hy sy magie" so oulik mamma se seuntjie)
Moet ook nie die een vergeet wat gaan kraam oor 2 dae nie ( ergste ervarings ooit)

en ek gaan op die banke se reelings sit en GLIMLAG!!! sulke oulike kinder- storikies mamma!

Wonder as ek moet vertel oor my SURO/IVF dan begin almal seker bid en bel dominee, want hoe kry iemand anders dan jou kind.

HET JULLE DAN NIE SEKS NIE??????

Ek sit op die oomblik so gereed soos 'n Micheal met sy Ferrarie in die weg springblokke en wag vir die reis van my lewe. Hoop net nie Micheal kom sonder die kar by die einde aan nie.

1 comment:

  1. Lieftallige Cstelle,
    Mijn verjaardagswensen stuur ik je pas morgen. Nu wil ik enkel en alleen maar zeggen: “Thanks for sharing”. Ik lees zo graag je berichten, want een en ander heb ik zelf of kennissen van mij ook meegemaakt. Laat je maar niet teveel onder de indruk brengen van de praat van sommige vriendinnen. Die mengeling van Afrikaans met Engelse woorden is ook aangenaam te lezen voor mij. Veel succes bij de renovatie van jullie gevel. “Polyfilla” is er hier ook!
    Vraag: Leven er in je omgeving alleen maar Blanken? Hebben jullie ook omgang met Zwarten?
    Heel veel liefs,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete