Wednesday, February 3, 2010

Moedeloos

Eks op moet verloor se vlakte, vermoet ek. Eks in 'n depro-bin !!!!
Ek moet eintlik opgewonde wees oor als wat nou aan die gebeur, MAAR
ek wil net niks doen nie. Ek dink dis omdat ek donners bang is. Ek sal moet
begin om myself reg te ruk!!!

Ek het 'n maand oor so van more gaan ek myself reg kry om die beste ooit hier is te gaan
Ek sal moet reg eet, oefen en leer om te chill!!

Suro -sus kry 'n bietjie hoofpyne van die Lucrin en ons het die sielkundige se konsultasie fooi gekry. F#$%$#$ maar hulle vra 'n huis vol geld en dis net om nonsens vrae te vra!! Sy het my mat geruk!! Sou baie met daai geldtjies kon doen veral nou !!!

Vandag toe praat ek met vriendin wat ook sukkel en ek besef hoe dankbaar ek is oor waar ek in die lewe is op die oomblik. Ek het al vrede met amper als gemaak. Ek haat darem nie meer als en almal om my nie. As ek my suster met haar kids gehaat het oor sy hulle kon kry, het ek nie nou 'n DIE BESTE OOIT SURO-SUS gehad nie!!

More is 'n NUWE DAG!! dink aan my!!

No comments:

Post a Comment