Thursday, February 18, 2010

Langste maand van my lewe

Gister was baie lekker gewees, ek luv mense om my en ons het so lekker gekuier. Daar was natuurlik die een of 2 wat weer net stront gepraat het soos ek vermoed het maar die res was cool en ek het lekker prezzies gekry.

Ek het so baie geeet voel of ek kan ontplof!! sal seker maar van nou af moet briek aan draai.

Van af Suro-sus begin spuit het voel nou al vir my soos 3 eeue terug dis of die maand nie verby kom nie. Elke dag sleep met die spoed van slakke op drugs verby..... dit kom nie verby nie !!! Kan nie glo ek sou ooit uit gesien het na AF om te begin nie. Dis al wat slegs is omdat ek nie weet wat my dag 1 gaan wees nie want dit maak als net meer in beheer!! en mens weet dan hoe om te beplan.

OP die oomblik sit ek soos 'n "sitting duck" want bang is vir die ontploffing!!!

Wat my gister in 'n totale migraine in gekry het ( dankie vir Myprodols) was almal se "hang- hondjie-foeitog-ek kry jou so jammer" gesigte as hulle die volgende se.

BAIE GELUK MET JOU VERJAARDAG!!!! EK HOOP REGTIG DIE JAAR GAAN 'N JAAR WEES WAAR AL JOU DROME WAAR WORD EN WONDERWERKE GEBEUR!
Hulle dink seker elke keer kry tog net jou baba dat ons nie so sleg voel as ons kinders sonder maniere jou huis totaal vernietig nie !! Ek had dit as iemand my jammer kry!!!

No comments:

Post a Comment