Sunday, February 14, 2010

Hello, eks weer hier!

Ek was vir 'n helfte van die week weg!! Het gewerk en toe het Liewe Luv kurses aan gehad en ek het net gekuier en geeet!! MMMMMMMMMMMmmmmm

Altyd lekker om weer by ander restuarante uit te kom, want hier waar ek nou bly is net die WIMPY Whola!!!!!

Saam met ons was 'n vriendin, wat saam met my man werk en sy het nou laas week besef sy is swanger en laat bloed trek omdat sy sukkel om te ovuleer is sy nie seker hoe ver sy is nie, haar BETA is 52 000 en kan jy glo die idoot van 'n plaaslike dokter het vir haar gese hy dink sy is so 4 dalk 5 weke swanger! Ek se toe vir haar daar is nie 'n kans nie. Dis nou as jy op 'n klein dorpie sit en die een hoender dink hy is slimmer as die ander hoender!!!

Ek begin nou self uit sien dat die Suro/IVF begin dit voel of die tyd nie verby gaan nie. Suro sus het laat weet dat ek moet laai wiel want dit gee haar nie meer 'n adrenalien rush die inspuitings nie en dat sy wil aan beweeg- ons sal sien as die heavy-cor stuff begin of sy nog uit sien!!!!

Dis my verjaardag Woensdag en ek voel ek kan nie dink nie en nou vra almal wat ek die jaar gaan doen vir my Bday ...en ek het nie 'n clue nie. Ek kan nie bak nie so Dinsdagaand sal seker weer choas hier wees as ek begin eetgoed organiseer.. Waars nice bakerye en deli's as mens hulle soek????

No comments:

Post a Comment