Friday, April 9, 2010

Ek het 'n BORG

Goeie nuus, iemand wil vir my betaal vir die volgende SURO/IVF!!!!!!
Die lewe het nog goeie mense, ( of hulle kry jou jammer??)
Dis so nice!!!!! want self kan ons nie dadelik weer gaan nie.
Ons
spaarvarkie lyk soos 'n R20 noot - plat is hy. In teendeel hy lyk nie
eers meer soos 'n spaarvarkie nie.
So dit verander dinge weer onmiddelik in ons lewens. Ons wou gaan meer na die einde van die jaar toe - maar suro-sus wil weer nou ( ek dink sy het vlerke!! sys 'n engel)
Ek moet myself nou net weer ingestel kry. ( dan kan ek weer Suro-sus se 2 kiddies sien, ek mis hulle so baie!)
Die hele ding maak my stapelgek!! want elke keer dink ek "EK KAN NIE WEER NIE!!
en dan doen ek dit weer, so nou begin dit my al bang maak.
Ek begin MYSELF nou al bang maak....WANT EK GAAN NOOIT OPHOU NIE..ek weet dit.
Dis my "personality" ek hou nooit op nie maak nie saak of ek heellaaste kom nie. Soos 'n vriend nou die dag vir my se, van skool af ,maak nie saak wat met my gebeur nie EK DRUK NET MY "RESET" KNOPPIE en dan gaan ek weer aan of niks gebeur het nie.
en dis so waar!!!!!! so tot die dag aanbreek dat ek geen eiers meer het nie sal ek aan hou en aan hou. Ek kan nie besluit of dit goed of sleg is nie.
Ons gaan volgende week weg en sal dan besluit wanneer!!

2 comments:

  1. Dis fantasties dat jy 'n borg gekry het! Ek stem saam met jou dat jou sussie 'n engel moet wees!

    Ek hoop dat die volgende siklus die laaste een sal wees omdat dit op 'n BFP sal uitloop!

    ReplyDelete
  2. Lieftallige Cstelle,
    Ek ben saam met jou bly vir dit fantasties goeie nieuws. Wees moedig en doe verder. Ik blijf je steunen, hier en met mijn gebeden.
    Baaie liefs,
    Nadja
    <3<3<3

    ReplyDelete