Wednesday, April 28, 2010

Agge nee is dit weer week???

Jislaaik die naweek was so nice, en so lank en dit was so lekker net om op die plaas te kon rond loop en rond sit. Die lekkerste was natuurlik om aan al die kinder-lyfies te kon vat, ronddra en soen. Eks mal daaroor. Kan nie glo op 3 kan jy al groot mense so rond order nie!!! en die ergste ons laat dit toe....stupid!!

Ek het mos laas week begin met my dieet en dis was regtig baie moeilik oor die naweek, by my huis is dit nog fine ek maak die kos maar by ander mense is dit chaos...maar ek was sterk en vir die 1ste keer in my lewe was ek nogal TROTS!!!! vir al die versoekings!!! het ek NEE gese en toe ek vanoggend die skaal betree...

DRUMROLL!!! eks 1kg af, JIPEEE!!! so die week doen ek dieselfde want die kg moet nou af!

'n Vriendin wat 10 jaar sukkel moet vanoggend toets na haar IVF, ek hou alle duime vas!!!

2 comments:

  1. Dit lyk of julle 'n goeie tyd gehad het, en bietjie kans gehad het om te ontspan.

    baie sterkte met die dieet, en baie geluk met die 1kg wat af is...

    ReplyDelete
  2. Baie dankie!! ek moet nou net aan hou!!

    ReplyDelete