Wednesday, April 21, 2010

Mislike "SKOONFAMILIE"

'n Vriendin van my mail gister vir my en vertel die volgende sy is ook 'n IF. Hulle sit om die etenstafel en haar skoonpa en ma het hulle videokamera geleen vir die broer omdat die nou 'n baba het van 3 maande.

Die skoonpa se toe onthou die kamera is vir almal om te leen, waarop die skoonma die volgende se: "Nou wat wil julle af neem??? Julle hondjie!!!!!""

Ek dink dit is aaklige, vieslik, onaanvaarbaar!!! Weet mense nie hoe seer maak hulle jou met sulke se-goed nie. Jy wat jou skoondogter moet ondersteun wat jare sukkel maak sulke SNOT opmerkings!

Ek het self 'n drol vir 'n skoonma!! Sy kom nooit by ons aan nie, want sy het die volgende gese 'n hele paar jaar terug ,voor mense. Sy sal eers by ons kom kuier as ons die dag kinders het!!! Kan iemand wat haarself 'n ma noem so iets se!!! Ja, my horrible skoonma!!! Daai dag het ek alle respek vir haar verloor en met die jare is ek nou op 'n staduim in my lewe waar ek vir daai simpel vrou niks tyd oor het nie!!!! Ek dink absoluut NIks, Zilts van haar nie. Sy is nie die naam MA nie werd nie!!!

Sy ry na haar patetiese dogterjie( in die veertig kan nie sonder mamma iets doen nie) toe gereeld want SY HET KINDERS!!! Sy ry 400km soontoe en ry by ons huis verby, maar kan nie die 900m ( ja, jy lees reg!) indraai om by haar seun te stop nie, want sy is haastig!! na sussie toe of as sy terug kom wil sy by die huis kom.

DIE PATATIESE MA KAN NIE STOP NIE WANT HAAR SEUN HET NIE KINDERS NIE!!!!

Ek wonder net as jy eendag oud is en eensaam in jou outehuis kamertjie sit...verwag sy seker nie jou seun moet moeite met jou doen nie!! Dalk is hy dan haastig!!

So vir elkeen van julle wat mense seer maak met die #$%$#% wat uit hulle monde kom...sterkte!! ek dink dis tyd dat ons nie meer op ons laat trap nie. Ignoreer hulle , moet nie meer by hulle kom nie, of geen hulle van hulle eie medisyne!!

No comments:

Post a Comment